Word Klein voor die Here
- The Shepherd's Way Ministries
- Jan 30, 2023
- 4 min read
Wat is ‘n goeie leier? Hoe lyk hulle, hoe leef hulle en hoe dink hulle? Wel in die wêreld wat ons leef kyk meeste mense na die leier met ‘n charismaties persoonlikhied of ‘n leier wat baie begaafd is in dit wat hulle doen, of hulle kyk na die wie die mooiste of die slimste is. Al hierdie dinge is belangrik in die wêreldse oë, maar God kyk nie so na leiers nie, want vir Hom is daar iets wat voor begaafdheid kom en dit is jou karakter. Jou karakter sê wie jy werklik is, of jy ‘n persoon is wat integriteit het of nie, of jy iemand is wat opreg lewe. Met ander woorde jy preek nie net die evangelie nie, maar jy leef dit. Jy is iemand wie doelgerig in Jesus se voetspore volg en wat die Heilige Gees toelaat om byde jou karakter en jou gawes te ontwikkel. Een van my mentors (Ander van der Merwe) het vir my geleer dat: “Leaders who only develope their gifts become arogant and those who only develope character become ignorant.” Met ander woorde jou gawes maak dit vir jou moonklik om ‘n platform te kan skep, maar dit is jou karakter wat jou op die platform gaan hou.
Maar hoe lyk so ‘n leier in die praktyk, ‘n leier wat begaafd is maar wat ook ‘n sterk karakter is? Wel kom ons sê nou net gou vir mekaar iets en dit is as daar een ding is wat elke mens mee sukkel is dit hulle eie ego. Die eie ek wat die heeltyd beter wil wees as ander en wat alles sal wil doen om ongemak te vermy, en tog is dit juis in die ongemak wat die beste groei plaasvind. Een van die plekke waar ons die konsep baie duidelik raak sien is in Matteus 18:1 waar die dissipels vir Jesus gevra het: ““Wie is nou eintlik die belangrikste in die •koninkryk van die hemele?”” (2020 vertaling) As ‘n mens die gedeelte in konteks met Markus 9:33 - 37 lees dan het die dissipels einklik onder mekaar geredineer oor wie van hulle die belanrikste is. Hulle het met ander woorde met mekaar gebaklei oor wie van Jesus se gunsteling was.
Maar Jesus het toe die volgende gedoen: ““Hy het toe 'n kindjie nader geroep, hom tussen hulle laat staan en gesê: “•Amen, Ek sê vir julle, as julle nie verander en soos kindertjies word nie, sal julle beslis nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie. Wie homself dus gering ag soos hierdie kindjie, hy is die belangrikste in die koninkryk van die hemele. En wie een so 'n kindjie in my Naam ontvang, ontvang My.”” (Matteus 18:2 – 5), (2020 vertaling) Wat sê Jesus hier vir die dissipels? Wel basies as jy deel wil wees van Sy koningkryk dan gaan jy moet leer ‘n kind te word. Maar hoekom kinders? Wel in Jesus se dag was kinders glad nie belanrik gewees nie, inteendeel hulle was soos honde behandel gewees, en dus wat Jesus hier sê vir die dissipels is as hulle deel wil wees van Sy koningkryk gaan hulle moet leer om klein te word voor Hom. Om met ander woorde hulle ego by die deur te los en tot die slotsom te kom dat elkeen van hulle waardevol is vir Hom en dat elkeen van hulle leerbaar moet wees. Want as jy nie leerbaar is nie dan kan die Here nie die nuwe dinge wat Hy wil aan jou openbaar nie, want Hy gaan jou nie daarmee kan vertrou nie.
Hierdie is wat die dissipels keer op keer moes geleer het en dis op ons vandag ook van toepassing. Veral in ‘n wêreld wat ons wil leer om van buite na binne toe te leef en dan meet jy jou potensiaal aan wat jy ry, waar jy bly en wat jy kry en al wat gebeur is, is jy is nooit tevrede met wie die Here jou gemaak het om te wees nie en dan mis jy jou doel. Want om die ware jy te ontdek gaan jy jouself moet verloor in Jesus en jouself in Hom te ontdek. Want alles in die Bybel handel oor Jesus, en alles oor Jesus gaan oor jou. Die moment wat jy die openbaring ontdek is wanneer jy ontdek wat ware leierskap oor gaan, want dit gaan nie oor jou nie, maar oor Hom en dan leer jy wat dit werklik beteken om leerbaar te wees.
Dan leer jy dan mense nie objekte is, maar dat hulle wesens is wie geskape is in die beeld van God en dus deel jy dan nie die evangelie met hulle op die tref en trap manier nie. Maar jy stap saam met hulle en leef in hulle teenwoordigheid die Jesus – lewe. ‘n Ware leier leer ook by mense wat nie soos hy of sy dink nie, want dit versterk jou geloof in wie Jesus is, jy wys ook deur die handeling dat jy regtig omgee en regtig belangstel. Beteken dit dat jy saam stem met die persoon? Glad nie, Jesus self het gereeld met mense tyd deur gebring wie Hy nie mee saamgestem het nie en Hy net selfs in die moeilikheid daaroor gekom. By Jesus leer ons dat as jy werklikwaar mense se lewe wil impakteer gaan jy eers jouself in hulle skoene moet plaas om te kan verstaan hoe om die evangelie met hulle te kan deel waar hulle is. Dus as jy werklikwaar Jesus se hart vir jou en ander wil ontdek gaan jy jou ego moet los en gaan jy moet leer om klein te word. Want die moment wat jy dit doen ontdek jy wie Jesus is, en wie jy in Hom is, en wat Hy jou gemaak het om te wees (Psalm 139:13-14; Romeine 8:28 – 30; 1 Korintiërs 1:9; 2 Korintiërs 5:17; Galasiërs 5:22 – 23; Ephesians 2:10 en 1 Johannes 4:17).
Werke Aangehaal
2020 vertaling: Die 2020 vertaling van die Bybel, Die Bybelgenootskap van Suid Afrika
Comentários