top of page
Search

Die Kosbaarheid van die Seun

Wie is Jesus en waarom is Hy so belangrik? Wel hierdie vraag is geweldig belangrik want dit bepaal ons hele lewe. Dit bepaal wat ons dink ten opsigte oor waaroor die lewe werklik gaan en hoe ons ander mense selfs hanteer. Nie net dit nie maar dit bepaal ook in wie en in wat ons, ons identiteit plaas. Want as jy volgens die wêreld wil bepaal wie jy is gaan jy die heeltyd jouself en ander vergelyk met waar jy bly, wat jy kry en wat jy kry. Ons meet ook natuurlik mense aan hoe belangrik hulle is aan watter titels hulle het en waarom ons tyd met hulle spandeer.

Hier is wat so hartseer is, nie een van die dinge bly staande nie. Want jy verander en mense vernander, mense trek weg en gaan dood en dan, dan is die fondasie van jou lewe daarmee heen. My geestelike pa self het my al geleer om nie my identiteit in al die nietighede te plaas nie. Want as jy in die bediening is, is dit baie maklik om te sê: “ek is ‘n pastoor”. Daarom herinner ek myself dat pastoor is iets wat ek doen, maar dis nie wie ek is nie want ek is primêr ‘n dissipel van Jesus Christus wie in Sy beeld geskape is en wie Hom verteenwoordig. Ek verteenwoordig nie myself nie. Maar waarom is dit nou juis belangrik?

Wel as ‘n mens gaan kyk na die moment toe Jesus gedoop was en die Drie – Eenige God Homself ten toon gestel daar by die Jordaan vir almal om te sien het Hy die volgende oor Sy Seun gesê: “Dit is my geliefde Seun in wie Ek 'n welbehae het.” (Matteus 3:17), (1953 vertaling) Vraag wie is die Seun vir die Vader? Hy is die geliefde van die hemel en Hy is kosbaar vir Hom. Daar is ook nog ‘n ding wat die Vader vir die Seun sê waarop elke dissipel moet ag slaan en dit sien ons in Matteus 17:5 waar Hy sê: “Dit is my geliefde Seun in wie Ek 'n welbehae het. Luister na Hom!” (1953 vertaling) Hierdie vers het my lewe op ‘n radikale manier verander, want dit hal die fokus af van my af en plaas dit waar God dit wil hê op die Seun. Die Seun wie die vreugde, plesier en heerlikheid van die Vader is deur wie ek verlossing verkry het en deur wie ek gevorm word om meer en meer soos Hom te wees, te lyk en te leef. Kry ek dit elke dag reg? Nee niemand van ons doen nie en daarom is dit so belangrik dat ons elke dag ons fokus moet instel op Hom en dat ons doen wat Hy sê. Want dit is wat die Vader se hart bly raak.

Doen ons dit om dat ons moet? Nee ons doen dit omdat ons Hom liefhet en omdat ons wil (Johannes 14:15). Hy het immers ons hele menswees verander toe Hy sy woning deur die Heilige Gees in ons kom maak het (2 Korintiërs 5:17). Wat merkwaardig is, is soos wat ons streef daarna om Jesus te gehoorsaam begin ons om onself in Hom te verloor en ontdek ons wie ons werklik is en waarvoor Hy ons geskape het. Jy sien die moment wat jy Jesus erken as Heer en Verlosser dan verhoog Hy jou, dan verander Hy jou. Dit is wat gebeur met elkeen wat nader na Jesus vir wie Hy is en nie vir wat Hy vir ons kan gee of kan doen nie.

Doen Hy wonderwerke? Ja. Seën Hy ons self al verdien ons dit nie? Verseker. Maar moenie vergeet nie dat Jesus die lewe van God self is (Johannes 1:4). Dit wil sê as jy jou kneë gebuig het voor Jesus Christus dan het jy die lewe en dit in oorvloed (Johannes 10:10). Want selfs al word jy nie genees nie, of selfs al kom daardie deurbraak nooit nie is Jesus vir jou genoeg, want die hemel is nie ‘n pelk nie dis Jesus en as jy in Hom is het jy alles wat jy nodig het. Jy het die bron van die lewe self en die dag waaneer jy jou laaste asem gaan uitblaas gaan Hy vir jou sy koningkryk gee, Hy gaan vir jou ‘n nuwe liggaam gee en Hy gaan elke traan wat jy strot van jou wang afvee. Dis hoekom Paulus kon sê: “Ja waarlik, ek ag ook alles skade om die uitnemendheid van die kennis van Christus Jesus, my Here, ter wille van wie ek alles prysgegee het en as drek beskou, om Christus as wins te verkry en in Hom gevind te word, nie met my geregtigheid wat uit die wet is nie, maar met dié wat deur die geloof in Christus is, die geregtigheid wat uit God is deur die geloof; sodat ek Hom kan ken en die krag van sy opstanding en die gemeenskap aan sy lyde terwyl ek aan sy dood gelykvormig word, of ek miskien die opstanding uit die dode kan bereik.” (Filippense 3:8 – 11), (1953 vertaling)

Mag Jesus Homself aan jou openbaar en mag jy ook omtdek dat Hy genoeg is. Want Jesus is die verskil.

Werke Aangehaal


 
 
 

Recent Posts

See All
Geroep om soos Jesus te word

Wat dink jy iemand is wat geroep is om ‘n verskil te maak in hierdie wêreld? Baie mense het in die verlede en selfs vandag gedink dat...

 
 
 

Comments


© 2023 by Marketing Inc. Proudly created with Wix.com

bottom of page