top of page
Search

‘n Bybels Definisie van Gehoorsaamheid

Gehoorsaamheid. Wat gaan deur jou gedagtes as jy die term hoor? Want as jy ‘n soos ek in ‘n Wetserse samelewing groot geword het dan beteken dit om nooit ‘n voet verkeerd te sit nie. Die rede hoekom meeste van so dink is omdat ons samelewing vir ons geleer het dat gehoorsaamheid te maak het met die feit dat jy perfek moet wees en durf waag jy ‘n voet verkeerd sit dan gaan jy gestraf word. Dus moet die vraag vra. Wat sê die Bybel oor gehoorsaamheid? Wel kom ons sê dit van die begin af en dit is dat gehoorsaamheid niks te doen het met perfek wees nie. Want God self het aangaande Dawid gesê dat hy ‘n man na Sy hart is volgens Sy hart en tog was dit dieselfde man wie ‘n ander man se vrou geneem het en toe die man vermoor het (1 Samuel 13:14 en Handelinge 13:22).

Met dit in gedagte moet ons vra wat het Dawid aangaande God verstaan? Wat is die belangrikste openbaring in die hele Bybel aangaande God. Baie mense sal sê liefde, party sal sê genade, maar daar is selfs ‘n grooter waarheid wat ‘n mens eers moet begryp voordat ‘n mens die twee waarhede aangaande God kan begryp en kan waardeer. Ons sien dit in Openbaring 4:8 wat lui – “En die vier lewende wesens het elkeen vir homself ses vlerke gehad, en hulle was rondom en van binne vol oë; en hulle het sonder ophou dag en nag gesê: Heilig, heilig, heilig is die Here God, die Almagtige, wat was en wat is en wat kom!” (1953 vertaling) Wat sê die lewende wesens oor God? Wel dat Hy heilig is, met ander woorde Hy is anders in die sin dat Hy die Skepper is wat nog nooit gesondig het nie en wie alles perfek en goed gemaak het. Dis die mens wie die wêreld ‘n gemors gemaak het en toe het die heilige God vlees geword en in ons plek kom sterf sodat ons weer versoen kan word met Hom (Johannes 1:14 en 3:16). Dis hoekom Paulus gesê het: “Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.” (Efesiërs 2:8 – 9), (1953 vertaling)

Jy sien as jy nie God se heiligheid kan begryp nie gaan jy sukkel om Sy liefde en sy genade te verstaan. Want asgevolg van God se heiligheid kan Hy nie sonde voor Hom verdra nie, want dit het skade gebring aan die verhouding wat Hy met die mens gehad het. Dit maak mense seer en maak selfs mense dood. Om die waarheid te sê God het sonde soveel gehaat dat Hy sy enigste Seun gestuur het om die prys in ons plek te betaal vir die straf wat ons tereg verdien het sodat ons weer met Hom in ‘n hegte verhouding te staan.

Dawid self het God se heiligheid begryp, daarom toe Natan vir hom sy sonde uitgewys het, het hy onmiddelik berou gehad (2 Samuel 12:7 – 14). Want hy het geweet dat dit nie net Batseba se hart was wat hy gebreek het nie, maar dat hy God vir wie hy bitter lief gehad het ongelooflik seer gemaak het. Dis hoekom ons vandag sy kragtige belydenis kan lees en kan bid in Psalm 51. Wat sê hierdie verhaal vir ons as volgelinge van Jesus? Wel dat gehoorsaamheid beteken nie dat jy perfek is nie, maar dat jy sal strewe om in Jesus se voetspore te volg en wanneer jy mistap dan vat jy veranwoordelikheid daarvoor, en jy laat Hom toe om jou weer op die regte koers te kry.

Dis hoekom Johannes gesê het: “AS ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons nie. As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig. As ons sê dat ons nie gesondig het nie, dan maak ons Hom tot 'n leuenaar en is sy woord nie in ons nie.” (1 Johannes 1:8 – 10), (1953 vertaling) Nou hoekom is ons gehaarsaam aan Jesus en hoekom maak sonde nie net Hom nou mee seer nie, maar ons ook nou seer? Wel omdat ons in ‘n liefdevolle verhouding met Hom staan en omdat dit wat ons voorheen liefdgehad het ons nou haat omdat dit die Een wie ons liefhet ook seermaak. Hierdie sê ook vir ons dat die lewe nie meer langer oor ons gaan nie maar dit gaan oor Hom want dit is in Hom en deur Hom wat ons die lewe, en dit in oorvloed ontvang het (Johannes 10:10, 14:6 en Kolossens 1:15 – 20). Dus hou aan om saam met Jesus te loop en moenie tou opgee nie, want Hy sal nooit op jou opgee nie (Romeine 8:29).

Werke Aangehaal

 
 
 

Recent Posts

See All
Die Kosbaarheid van die Seun

Wie is Jesus en waarom is Hy so belangrik? Wel hierdie vraag is geweldig belangrik want dit bepaal ons hele lewe. Dit bepaal wat ons dink...

 
 
 
Geroep om soos Jesus te word

Wat dink jy iemand is wat geroep is om ‘n verskil te maak in hierdie wêreld? Baie mense het in die verlede en selfs vandag gedink dat...

 
 
 

Comments


© 2023 by Marketing Inc. Proudly created with Wix.com

bottom of page