Geroep om soos Jesus te word
- The Shepherd's Way Ministries
- May 22, 2023
- 3 min read
Wat dink jy iemand is wat geroep is om ‘n verskil te maak in hierdie wêreld? Baie mense het in die verlede en selfs vandag gedink dat wanneer jy geroep is dan moet jy ‘n dominee of ‘n pastoor word. Die rede hoekom somige mense nog so dink is omdat hulle nie weet na wat God elke gelowige toe roep nie. Maar wat roep God ons toe? Wel Paulus stel dit baie mooi in Romeime 8:29: “Want die wat Hy vantevore geken het, dié het Hy ook vantevore verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat Hy die eersgeborene kan wees onder baie broeders” (1953 vertaling) Paulus sê basies hier dat elkeen van ons geroep is om soos Jesus te word en dis Hy wat ons vorm deur die krag van die Heilige Gees.
Dis hoekom Paulus ook gesê in 1 Korintiërs 6:19 dat osn tempels van die Heilige Gees is. Die woord van Paulus hier vir tempel gebruik is geweldig, want in die Grieks is dit die woord naos wat spesifiek verwys na die Allerheiligste. Met ander woorde ek en jy is nou God se Allerheiligste, ons is nou Sy aardse adress wie Hy nou vorm en lei om meer en meer soos Sy Seun te wees en te doen sodat Sy koningkryk, sy wil hier op aarde kan uitbrei. Let wel dat die koningkryk altyd onder die radar uitbrei en dat niks dit sal kan keer nie, nie eens die Bose nie. Inteedeel oral waar God se kinders gehoorsaam is aan Hom daar breek die Koningkryk deur en word die Bose terug gedryf, want dit het geen ander keuse nie as om plek te maak vir die lig wat in ons is nie.
Daar is natuurlik nog ‘n ding wat saam met die realiteit kom, en dit is dat God alle gelowiges heilig, een kant sit vir ‘n spesifieke doel. Paulus self het in al sy briewe gelowiges heiliges genoem, want dit wat gelowiges is. Ons is nie kinders van die ongehoorsaamheid of kinders van die toorn wat Paulus van praat in Efesiërs 2:1 – 3 nie. Nee sondaars is wie ons was soos wat 2 Korintiërs 5:17 – “Daarom, as iemand in Christus is, is hy 'n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.” (1953 vertaling) Daarom omdat ons nie meer sondaar is nie, haat ons nou die sonde, ons het ‘n afsku daaraan want ons weet watter duur prys Jesus in ons plek vir ons betaal het om ons Syne te maak. Dis hoekom ons anders dink, ander praat en dinge anders doen as wat hierdie wêreld dit doen. Want die lewe draai nie meer om ons nie, maar om Hom (Kolossense 1:15 – 20).
Let wel dat die heiligheid wat ons het nie ons sin is nie, maar dat dit God se heiligheid is wat ons verkry in en deur Sy Seun en daarom kan ons daarna streef om heilig en onberispelik voor Hom te lewe. Petrus stel dit so: “Maar soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in jul hele lewenswandel heilig word, omdat daar geskrywe is: Wees heilig, want Ek is heilig.” (1 Petrus 1:15 – 16), (1953 vertaling) Dus word elke mens geroep om heilig te lewe en soos die Seun te word, maar vir dit om plaas te vind moet jy jou knee elke dag buig onder Sy gesag en jou hele lewe vir Hom en hom alleen uitgiet. En soos wat jy dit doen breek die Koningkryk hier op aarde uit op onsigbare en wonderbaarlike maniere en beleef die rondtom jou die hemel. Want die hemel is nie ‘n plek nie, dis ‘n persoon en Sy naam is Jesus wie nou in jou woon deur die Heilige Gees.
Werke Aangehaal
1953 vertaling: Die 1953 vertaling van die Bybel, Die Bybelgenootskap van Suid Afrika
Comentarios