top of page
Search

Word Klein en Beleef die Heerlikheid van die Here

Daar was ‘n dag terwyl Jesus saam met die dissipels gestap het waar hulle aan die stry geraak het oor wie van hulle die belangrikste in die Koningkryk is (Lukas 9:46). Die dissipels maak aar net soos ons die selfde fout, en dit is hulle vergelyk hulself met mekaar op die uiterlike. Wie is die sterkste? Wie is die mooiste? Wie is die naaste van Jesus? ens. Jesus het natuurlik alles geweet waaroor hulle so aan die stry geraak het en toe hulle in die huis ingaan vra Hy vir hulle: “Wat het julle op die pad met mekaar geredeneer?” (Markus 9:33), (1953 vertaling) Hulle het Hom egter nie geantwoord nie want hulle het geweet dat dit wat hulle gedoen het verkeerd was (vers 34). Want Jesus het vir hulle keer op keer gewys wat dit beteken om deel te wees van die Koningkryk. Hy het selfs vir hulle in Matteus 5 – 7 dit baie duidelik gemaak hoe burgers van die Koningkryk lyk.

Die disssipels het dit baie duidelik nog nie ten volle begrip nie en daarom leer Jesus hulle: “Toe roep Jesus 'n kindjie na Hom en laat hom in hulle midde staan en Hy sê: Voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie verander en soos die kindertjies word nie, sal julle nooit in die koninkryk van die hemele ingaan nie! Elkeen dan wat homself verneder soos hierdie kindjie, hy is die grootste in die koninkryk van die hemele.” (Matteus 18:2 – 4), (1953 vertaling) Hierdie woorde sou vir die dissipels geweldig radikaal gewees het want in hulle dag was kinders so wel as vroue as onbelangrik beskou, hulle het mie menswaardigheid in die tyd gehad nie en het ook geen regte gehad nie. Jesus het dit egter kom verander, want Hy was immers een van die eerste Rabbi’s in die tyd gewees wat vroulike dissipels gehad het (Lukas 8:1 – 3).

Maar wat leer Jesus uit hierdie woorde vir die dissipels. Wel dat as jy jouself bo ander gaan stel dan beweeg jy op gevaarlike terein. Want in Jakobus 4:6 sien ons dat God die hoogmoediges weerstaan, maar aan die wie nederig is gee Hy genade. Maar hoekom? Wel daar ‘n ding in ons sondige vlees wat die heeltyd wil heers oor ons lewe en wat die heerskappy van God in ons lewe wil weerstaan. Ons sien dit nie aldag raak nie maar dit is altyd daar en ons moet ag slaan daarop. Want die moment wat ons wil uit ons vlees wil heers dan raak vasgevang in ‘n kringloop van skuld skaamte en seer en Jesus wil dit nie vir ons hê nie, inteendeel Hy wil ons juis van onself red.

Dus moet ons leer om klein te word voor die Here en leerbaar word. Die moment wat ons dit doen verloor ons onself in Hom en ontdek ons wie Hy ons gemaak het om te wees en wat ons doel hier op aarde is. Hy openbaar ook dan aan ons meer van Sy heerlikheid, genade en waarheid. En dan leef ons in Hom met geloof, hoop en liefde wat ons aan ‘n gebroke wêreld kan uitdeel. Met anderwoorde die oomlik wat jy voller is van Jesus en minder van jouself, dan begin jy om te sien soos Hy sien, te dink soos Hy dink en te loop soos Hy loop. En so beryk jy jou Godgegewe potensiaal.

Werke Aangehaal


 
 
 

Recent Posts

See All
Die Kosbaarheid van die Seun

Wie is Jesus en waarom is Hy so belangrik? Wel hierdie vraag is geweldig belangrik want dit bepaal ons hele lewe. Dit bepaal wat ons dink...

 
 
 
Geroep om soos Jesus te word

Wat dink jy iemand is wat geroep is om ‘n verskil te maak in hierdie wêreld? Baie mense het in die verlede en selfs vandag gedink dat...

 
 
 

Comentarios


© 2023 by Marketing Inc. Proudly created with Wix.com

bottom of page