Wie is jy?
- The Shepherd's Way Ministries
- Mar 27, 2023
- 3 min read
Hierdie vraag was seker al baie gevra en baie keer wanneer mense die vraag vir ons vra gee ons gewoonlik ons naam en dit wat ons doen. Maar as ‘n mens bietjie dieper gaan dink dan is jy soveel meer as jou naam en wat jy doen. Die rede hoekom mense baie keer vir ons die vraag vra is omdat hulle ons baie keer meet aan waar ons bly, wat ons kry en wat ons ry, en ons doen dit ook soms. Maar hoekom? Wel dis omdat ons nog steeds sit met ‘n sondige natuur wat ons die heeltyd wil aftrek na die vlak van die ou Adam toe. Dit is hoekom Paulus vir 1 Korintiërs 15:22 geskryf het: “Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word;” (1953 vertaling)
Toe Paulus hierdie woorde neergepen het, het hy geweet dat mense nie hulleself in hul eie sondigheid kan ontdek nie. Hulle het Iemand nodig om hulle heeltemaal nuut te maak sodat hulle verwysings raamwerk kan skuif van hulleself na Christus toe en soos wat hulle, hulsef verloor in Hom so ontdek hulle wie hulle werklik is en wat hulle voor gemaak is. Maar hoekom is dit belangrik om dit te weet? Wel God die Vader het op ‘n kol vir die dissipels die volgende gesê: “Dit is my geliefde Seun in wie Ek 'n welbehae het. Luister na Hom!” (Matteus 17:5), (1953 vertaling)
Kyk mooi wat sê die Vader hier vir die dissipels, Hy sê nie vir hulle wie Jesus vir hulle is nie, maar wie Jesus vir Hom is. Dit beteken dat die Vader se fokus geheel en al op Sy Seun is. Maar wat beteken dit? Wel dit beteken dat jy slegs deur Jesus Christus die hart van die Vader vir jou kan ontdek (Johannes 14:6). Met ander woorde as jy jou knee voor Jesus gebuig het is jy nou ‘n geliefde kind van die Vader, en is jy deel van die famielie van God (Romeine 8:29 en Hebreërs 2:11 - 12). Met ander woorde Jesus het jou verander van sonder, na heilige, van heilige na kind deur die krag van die Heilige Gees (Johannes 3:3). En daarom is jy ‘n kind van nou welkom is in die Vader se huis.
Maar hoe maak ons dit vas in ons eie lewens? Want ons het wel nie meer ‘n sondige identiteit nie, maar ons het nog steeds ‘n sondige natuur. Wel deur om die heeltyd tyd met Jesus te spandeer en Hom te vra om ons te help om in Sy voetsprore te volg. Want soos wat ons dit doen sal ons, onself in Hom verloor en so ons ware self ontdek en wie Hy ons gemaak het om te wees. Ek los jou met die kosbare woorde van Hebreërs 12:1 – 2: “DAAROM dan, terwyl ons so 'n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê, die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof, wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het en aan die regterkant van die troon van God gaan sit het.” (1953 vertaling)
Komentarze