top of page
Search

Wie is in jou Boot?

Updated: Nov 22, 2022

Wie is in jou boot wanneer die storms van die lewe kom? Want kom ons wees nou eerlik nie een van ons kan werklik die pyn en die lyding binne die gebroke wêreld vryspring nie. Een van die storms wat ons natuurlik in die Bybel van lees is die bekende een waar die dissipels saam met Jesus op die see van Galilea was. Meeste van hulle was ervare vissermanne gewees, maar hulle was duidelik glad nie gereed vir die storm wat oor hulle losgebars het nie, en soos enige normale mens was hulle vreesbevange gewees. Jesus het natuurlik terwyl die golwe in die skuit ingebreek het gelê en slaap op ‘n kussing aan die agter kant. Dis toe wat die benoude dissipels Jesus wakker maak en vir Hom sê: “Here, red ons, ons vergaan!” Jesus sê toe vir die dissipels: “Waarom is julle bang, kleingelowiges? Toe staan Hy op en bestraf die winde en die see, en daar het 'n groot stilte gekom.” Die dissipels het geweet dat die storm hulle ondergang sou beteken, wat hulle egter nie besef het nie is Wie saam met hulle in die skuit was en die oomblik toe Jesus die bevel gee dat die golwe en die wind moet bedaar, was die dissipels geskok gewees en het hulle gevra: “Wat vir 'n mens is Hy, dat selfs die winde en die see Hom gehoorsaam is?” (1953 vertaling), (Matteus 8:23 – 27).

Die dissipels het baie gou besef dat Jesus meer as net ‘n mens was wie saam met hulle in die boot was. Want hulle het geweet dat daar net een wese is wat dit kan dit, naamlik God. Dus moet ons die vraag, en dit is. Wat leer die gebeurtenis vir ons as gelowiges vandag? Veral wanneer die storms van die lewe onverwags op ons toesak? Wel kom ons sê net eers een ding vir mekaar en dit is wanneer die storms van die lewe slaan, verstaan ons dit nie altyd nie. Inteendeel dit daag ons geloof uit, en dis ook soms normaal om te begin twyfel, net soos die dissipes maar gedoen het. Maar God hou dit nie teen ons nie inteendeel Paulus leer vir ons in 2 Timoteus 2:13 die volgende “As ons ontrou is, Hy bly getrou; Hy kan Homself nie verloën nie.” (1953 vertaling) Hierdie is geweldige kosbare woorde, want God hou aan ons vas en sal ons nooit as te nimmer verlaat nie, Hy bly getrou, Hy bly goed en Hy dra sy kinders altyd deur die storms met sy kragtige hand. Jesus is met ons in die boot selfs al kom die storms, want sy ander naam is Emmanuel, God met ons en Hy het belowe dat Hy saam met ons sal wees tot aan die einde van die wêreld se geskiedenis (Matteus 1:23 en 28:20).

Ons as gelowiges het dus die versekering dat Jesus aan die stuur is van ons boot, en dit is die grootste deurbraak wat ons in ons lewe ooit kan hê, want Hy is groter as ons storms. Paulus wie self deur geweldige storms gegaan het, het dit ook goed geweet en daarom het hy die volgende kratige woorde in Romeine 8:37 – 39 geskryf: “Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het. Want ek is versekerd dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie.” (1953 vertaling) Hierdie woorde sê vir ons as gelowiges dat ons oorwinning lê nie in waar ons bly, of wat ons ry, of selfs wat ons kry nie. Nee ons oorwinning lê in Jesus Christus self wie die heerlikheid van God self is, en in Hom en deur Hom is ons geliefde kinders van God wie mede erfgename is van ‘n koninkryk wat nooit kan vergaan nie. Dus of jy nou ryk of arm is, as jy bely dat Jesus jou Verlosser en Heer is, is jy ‘n kind van die Koning van die heelal en niks maar niks kan jou status by Hom ontneem nie. Ons is dus inderdaad meer as oorwinnaars.

Werke Aangehaal

1953 vertaling: Die 1953 vertaling van die Bybel, Die Bybelgenootskap van Suid Afrika


 
 
 

Recent Posts

See All
Die Kosbaarheid van die Seun

Wie is Jesus en waarom is Hy so belangrik? Wel hierdie vraag is geweldig belangrik want dit bepaal ons hele lewe. Dit bepaal wat ons dink...

 
 
 
Geroep om soos Jesus te word

Wat dink jy iemand is wat geroep is om ‘n verskil te maak in hierdie wêreld? Baie mense het in die verlede en selfs vandag gedink dat...

 
 
 

Comentarios


© 2023 by Marketing Inc. Proudly created with Wix.com

bottom of page