Wat Beteken dit om Werklik Kerk te wees?
- The Shepherd's Way Ministries
- Jul 3, 2020
- 5 min read
Inleiding
Wat beteken dit om werklik kerk te wees? Dis nogal ‘n interesante vraag, veral in die tyd wat ons leef. En dit wat meeste Suid Afrikaners aan gewoond is, het oornag heeltemal verander. Daarom moet ons weer opnuut gaan kyk na wat Jesus se bedoeling was vir die kerk. Dis belangrik want op die huidige oomlik is daar baie gemeentes wat al toegemaak het regoor Suid Afrika. Baie mense sal sê dis ‘n krises, maar wat as dit ‘n bietjie meer is as net ‘n krises, wat as dit ‘n geleentheid is. ‘n Geleentheid om weer opnuut te gaan kyk wat Jesus se bedoeling met die kerk van die begin af was? Die artikel gaan poog om presies die vraag te beantwoord.
Wat is Kerk?
Kom ons begin deur om kerk reg te definieër, eerstens moet ons eerlik wees dat meeste van ons baie gemaklik is met die woord kerk is. So gemakilk dat ons al vir jare die volgende gesegdes sê vir mekaar: “Ons gaan kerk toe” of “wil jy saam my kerk toe kom” En die rede hoekom die gesegtes so algemeen vir ons is, is omdat kerk vir ons ‘n plek is, ‘n gebou. Dis die norm of konteks waarmee meeste Westerlinge groot geword het. Maar die woord wat die Nuwe Testament gebruik vir kerk is die woord: ekklésia wat beteken, ‘n vergadering van mense of die gemeenskap van gelowiges of selfs ‘n gemeente. En die vergadering bestaan uit mense wie hul knee gebuig het voor Jesus, ongeag hulle agtergrond of velkleur, almal wie waarlik glo in Hom is deel van Sy liggaam, die kerk.
En daarom behoort ons as gelowiges nie aan onself of aan ‘n organisasie of selfs aan ‘n denominasie nie, ons behoort uitsluitelik aan Jesus wie die Hoof is (Kolossense 1:15 – 20). Hierdie is ‘n krietiese belangrike konsep wat ons moet begryp en gereeld onself aan moet herinner. Want dit het, en gebeur baie dat mense begin baas speel oor mekaar en dan in die proses skade bring aan die Koninryk van God omdat hulle nie werklik besef wie Jesus is nie. En Jesus self hou nie daarvan as dit gebeur nie, want die eer kom Hom toe en nie ons nie. Dit is ook soms nodig dat Hy die kerk moet oordeel (dissiplineer) sodat sodat ons weer kan terugkeer na Hom toe, en vir dit wat Hy ons voor geroep het in die eerste plek (1 Petrus 4:17 en Openbaring 2 en 3). En Hy doen dit nie uit kwaadwilligheid uit nie, maar omdat Hy ons liefhet en omdat ons Sy kinders is wat meer en meer gevorm moet word om soos Jesus te lyk (Romeine 8:29 en Hebreërs 12:4 – 13).
Nou soos ons reeds vermeld het, is die kerk is ‘n gemeenskap ‘n gemeenskap wat aan Jesus behoort en omdat ons aan Hom behoort is ons veronderstel om daarna te steef om te doen wat Hy vir ons sê, as ons Hom waarlik liefhet (Johannes 14:15, 15:14 – 15). Dus leef ons as gelowiges nie meer vir onself nie, ons leef nou vir Hom en lê ons lewe neer vir Hom net soos wat Hy sy lewe vir ons opgeoffer het (Matteus 10:37 – 39; Galasiërs 2:20). Ons is nie net gehoorsaam aan Jesus wanneer dit ons pas, of wanneer dit goed gaan nie, ons is gehoorsaam aan Hom ongeag die omstandighede. Beteken dit ons is perfek? Glad nie, dit beteken dat ons eerlik moet wees oor ons foute voor die Here en teenoor mekaar omdat ons famielie is in Christus (Matteus 18:15 – 20; Romeine 12:10; Efesiëres 4:32; Gelasiërs 6 en 1 Johannes 1:7 – 8).
Dus is ons ook veronderstel om ‘n gemeenskap te wees wat nie onself as belangrik ag nie, want die eer kom ons nie toe nie die eer kom Jesus toe, Jesus wie vir die dissippels gesê dat hulle soos kinders moet word as hulle die Koninryk wil binne gaan (Matteus 18:1 – 11). Natuurlik gebruik Hy die voorbeeld om die dissipels te vermaan om nie te veel van hulleself te dink nie, want Hy ken die mens al te goed. Want die mens wil baie graag sy eie god wees, en wil gedurig self wil bepaal wat reg en verkeerd buite God se wil, tot sy en ander se nadeel nadeel (Genesis 3 en Romeine 1 - 3). Dus is dit net God wat werklik weet wat vir ons goed is, maar die eenigste manier waarop ons dit kan sien, is om klein te word voor Hom en Hom toetaal en al vertrou met ons lewens, net soos kinders hul ouers vertrou. Daarom moet gelowiges ook so nederig wees dat hulle kinders nie as minder belangrik sal ag nie, maar hulle sal ag as mede gelowiges in Jesus Christus. ‘n Kind is nie veronderstel om ‘n las vir die kerk te wees nie, maar moet eerder gesien word as ‘n mede broer en suster wat met groot sorg en liefde hanteer moet word want hulle is immers die toekomstige kerk (Matteus 19:13 – 15).
Dus is daar geen plek vir hoogmoed in die kerk nie, Jakobus stel dit so: “God is egter besig om ons steeds meer genade te gee om aan Hom getrou te wees. Daarom sê die Skrif: “God weerstaan hoogmoedige mense, maar aan nederige mense gee Hy genade.”” (NLV 2017), (Hoofstuk 4:6) As ons waarlik die kerk wil wees wat Jesus wil hê ons moet wees dan moet ons, ons ego en belange een kant to skuif, ons gaan moet leer om dood te gaan tot onself en volheid te leef vir Jesus. Want as ons dit doen dan kan ons liefhê soos wat Hy ons lief gehad het (Johannes 13:34).
Maar hoe lyk dit wanneer gelowiges strewe daarna om werklik volheid te leef vir en in Jesus. Wel Handelinge 2:44 – 45 sê die volgende: “Al die gelowiges het gereeld bymekaargekom, en hulle het alles wat hulle besit het, met mekaar gedeel. Hulle het hulle grond en besittings verkoop en die geld aan almal uitgedeel volgens elkeen se behoefte.” (NLV 2017) Wanneer dit praat van hulle het alles gedeel beteken dit alles, selfs mekaar se probleme. Dis ook hoekom Paulus gesê het dat as een deel van die liggaam ly dan ly almal, omdat almal in Christus deel is van mekaar (1 Korintiërs 12:26). Dus deel die kerk die las, dis nie die leeraars wat die las alleen dra nie, nee, almal dra mekaar se laste in liefde.
Nie net voorsien gelowiges net vir mekaar nie, maar ook vir hulle vyande. Want Jesus is die een wie ons beveel om ons vyande lief te hê net soos wat Hy hulle liefgehad het, en nog steeds lief het (Matteus 5:43 – 48 en Romeine 5:10). Dis hoekom Paulus sê - ““As jou vyande honger is, gee aan hulle iets om te eet. As hulle dors is, les hulle dors. Deur dit te doen, sal julle hulle bloedrooi van skaamte maak.”” (NLV 2017), (Romeine 12:20). Paulus sê ook in dieselfde hoofstuk dat dit nie ons reg is om ons te wreek oor ons vyande nie, maar God sin alleen. Ons as gelowiges se plig is, is om die goed te doen, want so oorwin ons die kwaad (Romeine 12:17 - 19).
Slot
So wat beteken dit om werklik kerk te wees? Wel dis nie ‘n gebou, organiesasie of denominasie dis ‘n gemeenskap van gelowiges wat uistluitlik behoort aan Jesus Christus. Dis ‘n gemeenskap wat nie meer vir hulle self leef nie, maar wat alleenlik vir Christus nou leef. Daarom weet hulle hoe afhanklik hulle van die Here is, net soos kinders van hulle ouers. En daarom sien hulle nie neer op kinders nie, nee kinders is mede broer en suster binne die liggaam van Jesus Christus. Daarom dra gelowiges mekaar se laste in liefde, en streef hulle altyd daarna om te doen wat Christus behaag. Dit is wat dit beteken om kerk te wees.
Werk Aangehaal
NLV 2017: Nuwe Lewende Vertaling Bybel, Christelike Uitgewersmaatskappy, Vereeniging,1930.
Comments