Wat Beteken dit om Deel te Wees van die Liggaam van Christus?
- The Shepherd's Way Ministries
- Nov 7, 2022
- 6 min read
Hierdie vraag is baie relevant vir vandag, want meetse mense gaan nie meer kerk toe om saam met hul mede broers en susters die Here te loof en prys nie. Dit gaan eerder oor die “vibe” of gevoel wat die kerk vir hulle gee, en as hulle dit nie kan kry nie dan gaan hulle sommer na die volgende gemeente toe. Die probleem me die houding is dat mense later begin om n ie meer die Here te dien vir wie Hy is nie, maat vir wat Hy vir my kan gee, en kan doen. En kom ons wees nou eerlik daar bestaan hoegenaamt nie die ideale kerk, waar niemand ooit iets verkeerd doen, en waar alles net reg loop nie. Want almal van ons is gebroke mense wat vir Jesus nodig het. Dus moet ons leer om ons fokus op Hom te plaas, en leer om in Sy voetspore te volg. Want Hy is immers die een wie eerste liefgehad het (1 Johannes 4:19).
Kyk net wat sê Paulus in Kolossense 1:15 – 18: ”Hy is die Beeld van die onsienlike God, die Eersgeborene van die hele skepping; want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte — alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape. En Hy is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand. En Hy is die Hoof van die liggaam, naamlik die gemeente; Hy wat die begin is, die Eersgeborene uit die dode, sodat Hy in alles die eerste kan wees.” (1953 vertaling) Hierdie teks gedeelte is ongelooflik kosbaar, dis een van daardie teksgedeeltes wat ek die heeltyd na teruggaan, en vir goeie rede. Eerstens sien ons dat Jesus die beeld van die onsienlike God is, met ander woorde deur Hom leer ons hoe God is, Hy maak met ander woorde God aan ons vertsaanbaar. Tweedens is dit ook baie duidelik uit die gedeelte dat alles deur Hom en vir Hom geskape is. Wat doodgewoon beteken dat die evangelie nie gaan oor ons mislukkings of sukses nie, maar dit gaan oor God se eer. En hoe verheerlik ons vir God? Deur Sy Seun te volg. Jesus is ook die een wat alle dinge in stand hou, insluitend Sy kerk. Dus hoef ons nie bekommerd te wees dat die kerk sal vergaan nie, want Christus hou dit in stand. Hy is dus die Hoof en ons moet dus na Hom luister deur tyd met Hom deur te bring in die Woord, en in gebed.
Dus draai alles in die heelal om Jesus, selfs al dink ons soms dat alles oor ons gaan. Kyk byvoorbeeld na kindertjies wanneer ‘n maaitjie oorkom om te speel, en die oomblik wat daardie maiitjie aan hom of haar se speelgoed wil vat. Wat gebeur? Wel hulle sê klip hard: MYNE! Ons as volwasse mense dink baie keer dat ons die fase ontgroeie, maar as ek hoor hoe mense praat in die kerk dan hoor ek hoe mense kla oor klein dingetjies, soos die kerk diens is te lank, of die pastoor het nou nie volgens my sin gepreek nie ens. Hierdie is nietige dinge waar elkeen van ons, ons harte sal moet ondersoek, veral wanneer die dinge ospring in ons lewe. Want as ons so kla dan gaan dit oor wat ons wil hê, en nie wat Jesus wil hê nie. Natuurlik is daar dinge wat ‘n mens oor kan kla, maar dan is dit gewoonlik dinge wat die gesag van die Woord ondermyn, of dinge wat nie pas by die vrug/karakter van die Gees nie. Hierdie kal insluit dat die leeraar dwalinge preek, of ‘n broer of suster wat in sonde leef. Dis heirdie dinge wat geadriseer moet word, want dit kan enige gemeente groot skade berokken. Ons doen uiter aard die dinge met baie genade en liefde wetend dat ons nie verhewe is bo die ander nie, nee, ons is almal een groot famielie in Christus wat mekaar moet aanspoor om meer en meer soos Jesus te word, want dit is ons primêre roeping. Paulus stel dit soos volg in: Romeine 8:29: “Want die wat Hy vantevore geken het, dié het Hy ook vantevore verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat Hy die eersgeborene kan wees onder baie broeders” (1953 vertaling)
So hoe word ons meer soos Jesus, wel ons sien die volgende in Lukas 9:46 – 48: “EN daar het 'n redenering onder hulle ontstaan oor wie van hulle dan tog die grootste was. En toe Jesus die redenering van hulle hart opmerk, neem Hy 'n kindjie en laat dié by Hom staan en sê vir hulle: Elkeen wat hierdie kindjie ontvang in my Naam, ontvang My; en elkeen wat My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het; want wie die kleinste onder julle almal is, hy sal groot wees.” (1953 vertaling) Die dissipels het maar ook net soos ons een groot probleem gehad, en ons noem dit ons ego. Dis hoekom Jesus ‘n klein kindjie in hulle midde geplaas het, want Hy wou hulle leer dat as hulle werklik sinvol wil lewe binne die koninkryk dan gaan hulle moet leer om klein te word voor die Here. Want as ons die heeltyd die Here gaan probeer ontmoet op 30000 voet in pleks van 3 voet, dan gaan ons nie Sy stem kan hoor nie, en hoekom nie? Wel omdat ego einlkik vir Erasing God Out staan. Hierdie gebeur wanneer ons al die fokus op onself plaas in plaas van Hom. Ons word met ander woorde ons eie god en verlosser en dan vergeet ons geheel en al van God. Dis hoekom Jesus gesê het: “Want wat sal dit 'n mens baat as hy die hele wêreld win en aan sy siel skade ly?” (Markus 8:36), (1953 vertaling) Word dus klein voor die Here dan sal jy nie net Sy stem duidelik kan hoor nie, maar jy sal ook Sy hartklop ontdek vir ander mense, en dan sal die evangelie gestalte kry in jou eie lewe soos wat jy hulle raak leef met die waarheid en liefde van Jesus.
Dis hoekom Paulus in 1 Korintiërs 13:1 - 2 gesê het: “AL sou ek die tale van mense en engele spreek, en ek het nie die liefde nie, dan het ek 'n klinkende metaal of 'n luidende simbaal geword. En al sou ek die gawe van profesie hê en al die geheimenisse weet en al die kennis, en al sou ek al die geloof hê, sodat ek berge kon versit, en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees nie.” (1953 vertaling) Paulus het baie duidelik God se hart baie mooi verstaan, dat Hy ‘n heilige, liefdevolle God is wat ons gered het, wat besig is om ons te red en wat ons tot op die laaste sal red. Want God het tot op die uiterste liefgehad toe Hy sy Seun in ons plek gestraf het sodat ons tot in ewigheid weer by Hom kan wees, en Hom ten volle kan geniet soos wat Hy dit oorspronklik beplan het, en Hy verwag van ons om mense ook op die manier lief te hê deur Sy krag (Efesiërs 3:16 en 6:10). Wanneer ons dit doen dan is daar ware eenheid, omdat ons gebuig het onder die gesag van Jesus Christus, en omdat ons kies om te doen wat Hy vra, selfs al is dit onpopulêre en ongemaklik. Ons gaan dus nie saam met die stroom nie, maar juis stroom op, omdat ons kies om Hom te verheerlik. Want ons is Sy bruid wat Hom verteenwoordig, dit is ons premêre roeping in die lewe.
Dit is dus duidelik dat kerk wees nie oor ons gaan nie, maar dat gaan oor wie Jesus Christus is, en deur om in Sy voetspore te volg leer ons wat dit beteken om Hom lief te hê en om mekaar ook onselfsugtig lief te hê (Johannes 13:34 – 35). Hy leer ons ook om ontslae te raak van ons ego sodat ons Hom en ander vrylik te kan dien, want ons is bestem om meer en meer soos Jesus te word, en mag dit so wees soos wat ons kennis van Christus groei dat ons liefde al meer sal groeie sodat die wêreld kan sien dat ons Sy volgelinge is. Om deel van Sy liggaam te wees beteken dus om Hom al die eer en lof te gee wat Hom toekom. Waardig is die Lam wat geslag is, alle eer aan Hom (Openbaring 4).
Werke Aangehaal
1953 vertaling: Die 1953 vertaling van die Bybel, Die Bybelgenootskap van Suid Afrika
Comments