top of page
Search

Ware Liefde Bring Vryheid van Sonde

Hoe lyk ware liefde? Veral in vandag se wêreld is dit geweldig belanrik om ‘n Christus – gestentreede definiesie te hê. In vandag se wêreld sien mense dikwels liefde wanneer iemand saam met hulle stem, of in hulle kamp is. Dan is daar selfs mense wat dit as liefdevol beskou wanneer jy hulle in hulle sonde bevestig. Die tragedie egter is in altwee gevalle word ‘n mens maar net weer opnuut gebind aan sonde, en dan word jy maar net weer ‘n slaaf van sonde. Sonde in die diepste wese is einklik afgodery, want jy verhef jouself bo God in die sin dat jy sommer besluit wat reg en verkeerd is. Hierdie is ‘n geweldige gevaarlike posisie om in te wees, want afgodery is verslawend en wat dit in die proses doen is dit verwoes gewoonlik die persoon wat dit doen en dit maak die mese naaste aan hom of haar geweldige seer. Dis hoekom Paulus gesê het dat die loon van die sonde op die ou end uitloop op die dood (Romeine 6:23). Hierdie is juis hoekom Jesus gekom het sodat elkeen wat tot geloof kom in Hom bevry kan word van die mag van sonde. Dus sal Jesus nooit iemand kan bevestig in Sy sonde nie. Ons moet ook onthou dat Hy God self is, en dus is Hy heilig wat beteken dat sonde nie deel is van Sy karakter nie. Jesus het as te ware soveel gehaat dat Hy sy lewe in ons plek prysgegee het. Ons moet dus besef dat Jesus nie mense bevestig in hulle sonde nie, maat bevry daarvan want dis ware liefde.

Een van die gebeurtenisse waar ons baie duidelik kan sien hoe Jesus se liefde werk vind ons in Johannes 8:2 – 11. In die gebeurtenis sien ons dat dit vroeg oggend was, en Jesus was besig om die mense by die tempel te leer. Dis toe dat die skrifkenners en die Fariseërs op die toneel veskyn het met ‘n getroude vrou wat hulle betrap het met ‘n ander man. Hulle vra toe onder vir Jesus ‘n vraag om te kyk of hulle Hom nie op een of nader manier kan uitvang nie: “Meester, hierdie vrou is op 'n daad van egbreuk betrap; en Moses het ons in die wet bevel gegee om sulke vroue te stenig; maar U, wat sê U?” (1953 vertaling) Wat nogals opvallend is, is dat die wet van Moses baie duidelik daaroor was dat byde die man en die vrou gestenig moes word (Levitikus 20:10 en Deutoronomium 22:22). Dus is die manier wat die godsdienstige leiers die vrou na Jesus toe gebring het hoogs lafhartig, en skynheilig gewees. Jesus het dit natuurlik geweet, en daarom het Hy hulle dood eenvoudig geignoreer en met Sy vinger op die grond geskryf. Dit sê vir ons een ding en dit is dat Jesus nie tyd gehad vir mense wat so hoogmoedig was dat hulle nie eens hulle eie sonde kon raak sien nie. Hierdie is ook natuurlik een van Jesusse Godelike eienskappe gewees (Jakobus 4:6).

Natuurlik wou die skrifkenners en Fariseërs ‘n antwoord hê en daarom het hulle Hom aanhou vra, en toe staan Hy op en sê vir hulle: “Laat dié een van julle wat sonder sonde is, die eerste 'n klip op haar gooi.” (1953 vertaling), (Johannes 8:7) Hy gaan toe weer soos voorheen en skryf toe verder op die grond, wat net weereens vir ons wys dat Hy woedend oor die hardheid van hierdie manne se harte en ook hoe hulle die vrou hanteer het. Hierdie is opvallend want vroue in die tyd nie veel waarde gehad het nie, inteendeel mans het vroue beskou as hulle eiendom waarmee hulle kon doen net waarmee hulle wou. Jesus aan die ander kant het baie duidelik nie hiervan gehou nie, inteendeel in teenstelling met baie rabbi’s van Sy tyd het Hy self vroulike dissipels gehad wie Hom gevolg het (Lukas 8:1 – 3). Jesus het dus die voorbeeld vir die manne in Sy dag gestel wat ware manlikheid beteken. Dit is ook natuurlik in Hom en deur Hom wat die huwelik Sy ware betekensi kry so wat die aan die begin bedoel word. Want ‘n man is nie meer werd as die vrou nie, inteendeel dit is juis in die huwelik waar die mens God voledig verteenwoordig (Genesis 2:22 – 24; Matteus 19:1 – 12; Markus 10:1 - 12 en Efesiërs 5:22 – 33).

Die skrifgeleerdes en die Fariseërs was glad nie ingenome met dit wat Jesus vir hulle gesê het nie, want Hy het hulle skynheiligheid en lafhartigheid in die publiek ontbloot. Dis hoekom hulle een vir een wegstap het, eers die oudstes en toe die jongste (Johannes 8:9). Jesus is toe alleen agtergelaat met die vrou en toe kyk Hy na haar en vra vir haar of enige iemand haar veroordeel het? Toe sy antwoord dat niemand haar veroordeel het nie sê Jesus vir haar: “Ek veroordeel jou ook nie. Gaan heen en sondig nie meer nie.” (Johannes 8:10 – 11), (1953 vertaling) Wat baie duidelik is wat Jesus hier vir die vrou gesê het, is dat Hy haar vrygespreek het om juis nie weer dieselfde oortreding te begaan nie. Hy roep haar dus na vryheid van sonde. Die Boodskap stel die gedeelte baie mooi: ““Ek gaan ook nie. Gaan gerus, maar ook vir jou is daar ’n voorwaarde: gaan stel nou vir daardie mense ’n voorbeeld hoe om gehoorsaam aan God te leef.” (DB 2015) Dus is dit baie duidelik dat Jesus se liefde nie die vrou se sonde goedgekeur het nie, inteendeel Hy het haar juis vrygespreek van haar sonde.

Wat ons dus as gelowiges uit die gedeelte leer is as ‘n mens in aanraking kom met Jesus dan verander jy radikaal, in die sin dat jy verander word van vyand na vriend van God, van rebel na kind (Johannes 1:12; Romans 5:10; Kolossense 1:21 – 23 en 1 Johannes 3:1). Paulus stel dit so mooi in 2 Korintiërs 5:17 – “Daarom, as iemand in Christus is, is hy 'n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.” (1953) Hierdie transformasie vind alleenlik wanneer ons tot geloof kom in Jesus Christus deur die krag van die Heilige Gees, want dit is slegs deur Sy krag wat ons werklik kan leef soos wat God van ons verwag (Johannes 3:3 – 5, 16:7 - 11; Jakobus 4:6). Die Heilige Gees openbaar ook Jesus Christus aan ons wie God se wese en liefde aan ons bekend maak (Johannes 10:30, 12:45, 14:9 en Hebreërs 1:3). Want dit is immers God wat ons eerste liefgehad het (Johannes 3:16 en 1 Johannes 4:19). Dis hoekom gelowiges in ‘n liefdes verhouding staan en hoekom ons ook anders wil leef. Dus maak die sonde wat ons voorheen liefgehad nou seer omdat ons weet dat wanneer ons sondig ons die Een seer maak wat ons eerste lief gehad het. Jesus help ons ook natuurlik wanneer ons gesondig het om ons gedagtis weer op nuut op Hom te rig sodat ons kan leer om meer en meer in Sy voetspore te kan wandel (1 Johannes 1:8 – 9). Want ons almal is bestem om gelykvormig aan Sy beeld te word (Romeine 8:29 – 30).

Werke Aangehaal

1953 vertaling: Die 1953 vertaling van die Bybel, Die Bybelgenootskap van Suid Afrika

DB 2015: Die Boodskap Vertaling, In Joubert S en van der Watt J,Geloof in Aksie Bybel, Christenlike Uitgewersmaatskappy, Vereeniging 1930


 
 
 

Recent Posts

See All
Die Kosbaarheid van die Seun

Wie is Jesus en waarom is Hy so belangrik? Wel hierdie vraag is geweldig belangrik want dit bepaal ons hele lewe. Dit bepaal wat ons dink...

 
 
 
Geroep om soos Jesus te word

Wat dink jy iemand is wat geroep is om ‘n verskil te maak in hierdie wêreld? Baie mense het in die verlede en selfs vandag gedink dat...

 
 
 

Comentários


© 2023 by Marketing Inc. Proudly created with Wix.com

bottom of page