Wanneer is dit die Eindtyd?
- The Shepherd's Way Ministries
- Aug 5, 2021
- 7 min read
Inleiding
Die vraag was al baie gevrae en deur die geslagte heen het mense geglo dat vir hulle is dit nou die Eindtyd. Dis uiteraard ‘n baie belangrike vraag om te vra wanneer die Eindtyd aanbreek, want dit gaan bepaal hoe ons vandag leef en ook met watse persepsie jy die toekoms mee omhels. Dus moet ons kyk na hoe die mense van die Bybel gedink het oor tyd, en ook hoe God dink oor tyd. Want hoe ons dink oor tyd en hoe die Bybel dink oor tyd is redikaal anders. En dit verander ook ‘n mens se persepsie oor die Eindtyd en gee vir ‘n mens, ‘n Christus - gesentreede perspektief.
Eers moet ons verstaan dat vir ons as Westerlinge is die toekoms van kardinale belang, omdat ons sekerheid wil hê oor waarheen ons oppad is. Maar vir die mense van die Bybel was die verlede veel meer van belang gewees as die toekoms. Ons as westerlinge in teen deel bekommer ons gald nie oor wat in die verelede gebeur het nie. Inteendeel ek dink dis hoekom ons baie keer ons soms dood bekommer oor wat more sal gebeur, want did bepaal hoe ons vandag leef (Joubert 2012:12). Bybelse mense het vir ‘n baie goeie rede terug gekyk na die verlede, want dis waar hulle hul hoop vir vandag van gekry het. Hulle het terug gekyk na hoe goed God was vir hulle, en omdat Hy nooi verander nie is Hy nog steeds goed en dit het vir hulle genoeg rede gegee om vir vandag te leef. Ons sukkel natuurlik daarmee omdat die toekoms so belangrik is dat dit ons geluk bepaal, ons leef met ander woorde nie in die hier en nou nie, ons leef in en vir die toekoms. Dis natuurlik hoekom ons maklik mismoedig word hier in Suid Afrika wanneer dinge nie voorentoe beweeg nie, party mense emigreer sommeer op soek na ‘n beter toekoms (Joubert).
Hierdie is belangrik om van bewus te wees,want baie mense lees hulle Bybel deur ‘n Westerse lens. En ongelukkig wat dan gebeur is, mense lees nie die Bybel op die Bybel se terme nie. Hulle toelaat dus nie die Bybel om die Bybel te interpriteer nie. Met ander woorde dit wat God met ons einklik wil komminikeer hoor ons nie omdat ons met die verkeerde bril lees. En veral wanneer dit by die Eindtyd kom moet ons verneem dat dit vir spesifieke mense geskryf is in ‘n bepaalde konteks.
Soos reeds vermeld was die verlede vir die mense van die Bybel baie belangrik gewees, want dis waar hulle betekenis vir elke dag vandaan gekry het. Die Jode in die tyd van Jesus het baie terug gekyk na Joodse feeste, soos die pasga en hulle het ook baie waarde geheg aan die besnydenis. Hoekom? Omdat dit hulle herinner het aan hoe God saam met hulle deur die geskiedenis geloop het (Joubert 2012:12). ‘n Mens kan sê die mense in die Bybel het hulle hoop gekry van die verlede, omdat dit hulle herinner het aan hoe goed God reeds vir hulle was. Dit herinner hulle aan wie Hy is en waarheen Hy oppad met hulle. Ek dink dit sal ons ook help as ons met die perspektief leef, veral in die tyd wat ons vandag in leef.
Meeste mense in die Bybelse tyd het vir vandag geleef, vir hulle was die toekoms nie so belangrik nie, terloops 50% van kinders nie 16 jaar gehaal het nie. Wat beteken vandag was veel meer belangriker gewees as dit wat more sou gebeur. Hierdie is opvallend want die profete van die Ou Testamnet het nie geprofeteer oor die toekoms nie, maar oor die omiddelike omstandighede waarin Israel hulleself bevind het. Profete soos Jesaja of Habakuk het onder andere Israel gewaarsku dat hulle gestraf gaan word vir hulle ongehoorsaamheid teenoor die Here (Joubert 2012:12). Dit wil sê dat die profete wat in Israel se tyd gepreek het baie relevant vir hulle tyd was. Ons moet ook vermeld dat baie van die Masiaanse Profesieë wel in verfulling gegaan het in Jesus se dag en dat die profete geweet het van die Een wat sou kom, maar dat hulle nie geweet het hoe die vervulling van die profesieë sou gelyk het nie.
Nog ‘n aspek wat ‘n mens moet verstaan is Bybelse mense se begrip van tyd was ook anders as ons sin. Hulle het byvoorbeeld nie horlosies, of kalenders gehad nie. Dus het hulle nie 10 jaar, of 20 jaar vooruit gedink nie, wat nog te sê van ‘n honderd jaar. Dit beteken dat as ‘n profeet gesê het erenins ver in die toekoms gaan dit en dat gebeur sou hulle hom nie verstaan het nie, omdat hulle verstaan van tyd nie in lyn was met ons verstaan van tyd nie. Hulle sou ook natuurlik gedink het dat die persoon wat profeteer simpel is om sulke uitlatings te maak (Joubert 2012:12).
Bybelse mense het tyd met mense en gebeurtenisse gekoppel, waar ons as Westerlinge se tyd word aan kalenders en horlosies gekoppel. Mense en gebeure het so ‘n bepalende rol gespeel dat hoe belanriker die persoon was, hoe groter impak het hy op die tydgreep gehad. Dus kon amptenare en Konings enige tyd opdaag by ‘n stad of byeenkoms en nog steeds betyds wees. Een voorbeeld om die punt te illistreer is Mattues dui byvoorbeeld die tyd van Jesus se geboorte aan deur vir sy leser te sê dat dit in die tyd van Herodes die Gote was. Dus word die tyd van Jesus se geboorte gekoppel aan die regeerder van die tyd (Joubert 2012:12).
Gebeurtenisse soos siekte, oorlog, hongersnood en epidemies was ook van kardinale belang gewees vir Bybelse mense, want dis hoe hulle gekyk het na tyd. Die sterrekykers in Matteus 1 is ‘n baie goeie voorbeeld, want die gebeurtenis wat vir hulle angedui het dat die Messias gebore sou word was ‘n groot en helder ster wat in die lug verskyn het wat hulle gevolg het tot by Jesus. Intersant ook om te noem het Jesus gebeurtenisse soos aardbewings, oorloë en hongersnood as tekens aangedui hoe die Eindtyd voor Sy koms sou wees. En tog gaan by mense nogsteeds en probeer dae, datums en tye aan die tekens te koppel wat Hy nooit gedoen het nie. Wat Jesus wel gedoen het is Hy het die aard van die tyd voor Sy koms bekend gemaak sodat elke geslag met ‘n hoop en verfwagting kon en kan uitsien na Sy koms elke dag (Joubert 2012:14).
So om die vraag dan te beantwoord wanneer die Eindtyd aanbreek moet ons ook gaan kyk na ‘n baie spesifieke teks, en dit is Hebreërs 1:1 - 2 wat die volgende sê: “In die verlede het God baie keer en op baie maniere met ons voorvaders gepraat deur die profete, maar nou, in hierdie laaste dae, het Hy met ons gepraat deur die Seun. God het Hom deur wie Hy die wêreld geskep het, ook erfgenaam van alles gemaak.” (1983 Vertaling) (Gaan lees gerus ook die teks in die Boodskap) Kyk mooi wat sê die gedeelte, dit sê dat God met ons in die laaste dae of soos wat dit in die Grieks staan eschatou ēmerōn wat ‘n mens ook kan vertaal in die Eindtyd deur Sy Seun gepraat het (NASB LXX:2020).Dus dui die teks vir ons aan dat met die eerste koms van Christus het die Eindtyd reeds aangebreek en leef ons die afgelope 2000 jaar al in die tyd todat Hy weer kom. En glo dit of nie die skrywers van die Bybel het met die verwagting geleef dat Jesus in hulle dag kon terugkeer. Kyk bietjie wat sê die volgende paar verse:
1 Petrus 1:20
“God het Hom lank voor die skepping al hiervoor bestem. God het Hom egter eers in hierdie eindtyd vir almal sigbaar gemaak. En Hy het dit vir júlle gedoen.” (NLV 2017)
1 Petrus 4:7
“Die einde van alles is naby.” (NLV 2017)
1 Johannes 2:18
“Kinders, dit is nou die laaste uur. Soos julle al gehoor het, is die antichris aan die kom. Ook nou het baie antichriste alreeds hulle opwagting gemaak. Daaruit lei ons af dat dit die laaste uur is.” (NLV 2017)
Uit al drie hierdie tekste sal ‘n mens opmerk dat die skrywers van die Nuwe Testament deeglik bewus was dat hulle in die laaste dae of Eindtyd geleef het, en dat Christus onverwags kon terugkeer (2 Petrus 3:10). Maar dis nie ‘n dag wat hulle bang gemaak het nie, inteendeel dis ‘n dag waarna hulle gesmag het. Petrus sê onder andere in 2 Petrus 3:12 – 13: “Sien uit na die Dag van God en maak dat dit nog gouer kom, die dag waarop die Here die hemele aan die brand sal steek en die hemelliggame in vlamme sal wegsmelt. Maar ons sien uit na die nuwe hemele en ’n nuwe aarde, soos God belowe het. Dáár sal almal voor God reg lewe.” (NLV 2017) Nie net dit nie, maar ons lees ook dat God die koms van Sy Seun uistel sodat almal tot inkeer kan kom voor daardie dag aanbreek wanneer Hy alles nuut gaan maak (2 Petrus 3:9).
Slot
Dus het die Eindtyd reeds aangebreek en handel dit oor wat reeds was, wat reeds is en dit wat aan die kom is. En in die Eindtyd wat ons nou in leef het Jesus natuurlik ‘n belofte gemaak naamlik dat Hy altyd by ons sal wees to aan die Einde van die wêreldse geskiedenis (Matteus 28:20; Johannes 14:26 en 16:7 - 15). Hoe vertroostend is dit nie om te dink dat Jesus altyd by ons is in alle omstandighede, om die waarheid te sê Hy is nie net by ons nie maar met ons (Matteus 1:23). Dus as ek en jy die Bybel reg lees, veral oor die Eindtyd dan is boeke soos Openbaring nie ‘n bangmaak boek nie, maar ‘n boek wat mense troos en bemoedig, en wat mens hoop gee (Joubert 2012:15). Hoop gee vir vandag, hoop gee vir more, hoop gee vir die toekoms. Dus kan jy vandag vir Jesus leef.
Werke Aangehaal
1983 Vertaling 2007: 1983 Vertaling van die Bybel, Bybelgenootskaping van Suid Afrika.
Joubert S 2012: Die Eindtyd: ‘n Bybelse Kyk na die Laaste Dae en die Wederkoms
NLV 2017: Nuwe Lewende Vertaling Bybel, Christelike Uitgewersmaatskappy, Vereeniging,1930.
Comments