Wanneer Christus alles is ten spyte van Omstandighede
- The Shepherd's Way Ministries
- Nov 17, 2020
- 3 min read
Dis 17 Novemeber in die jaar 2020 en dis donker vir baie mense, misdaad en korupsie is aan die orde van die dag en om dinge erger te maak, is daar nog steeds gerugte wat die rondte doen wat mense bang maak oor die koms van Christus. Die gerugte gaan min of meer oor die, van entstowwe, die merk van die dier of selfs die nuwe wêreld orde. Dis nogals hartseer as mense hulself besig hou met die teorieë, want dit haal hul fokus heeltemal af van Jesus en op die ou ent lei dit tot ‘n hopelose pessimistiese uitkyk op die lewe. ‘n Lewe wat Jesus nooit vir ‘n gelowige in gedagte gehad het nie.
Dus moet ons twee baie belangrike vrae vir ons self as gelowiges vrae en dit is, (1) waar lê my fokus? (2) Is Jesus vir my regtig genoeg? Die vrae is krities belanrike vrae, veral vandag waar daar soveel verskillende stemme is wat skree om ons aandag weg te draai van Jesus af. Daarom is dit belangrik dat die vrae sinvol beantwoord word deur om na die Bybel te gaan kyk.
Kom ons begin ons rys in Matteus 6:19 – 21 waar Jesus die mense vermaan om nie skatte hier bymekaar te maak nie, maar skatte in die hemel bymekaar te maak.Jesus gee dus vir ons twee keuses, of ons rig ons lewe vir Hom en uitsluitelik vir Hom in, of ons leef net vir onself en bekommer ons, oor ons geld en eiendom wat in elk geval die regtig ons sin is nie. Dus as jy aleenlik vir Jesus leef dan rig jy jou geld en eindom in om Sy koninkryk te dien en nie jou eie nie. Paulus self het dit goed verstaan as mens Fillipense 3:1 – 15 lees waar hy dit baie duidelik gemaak het dat as ‘n mens ‘n gelowige is lê jou erfenis nie meer in jou kultuur, rykdom of eiendom nie dit lê nou in Hom. En die erfenis wat Hy vir ons gaan gee is ‘n erfenis wat nooit sal vergaan nie, daarom kan ons vandag volheid vir Hom leef (1 Petrus 1:3 – 4).
Dit bring ons by ons tweede vraag. Is Jesus werklik vir jou genoeg? ‘n Mens kan selfs nog ‘n vraag by sit en dit is, die ons die Here vir wie Hy is of vir wat Hy vir ons kan doen? As mens die Here dien vir wie Hy is, beteken dit dat jy in ‘n verhouding met Hom staan ,en dat jy ten volle op Hom vertrou, ongeag of jy ryk of arm is. Iemand wat dit goed verstaan het was Paulus gewees wat geleer het om tevrede met dit te wees vir wat hy nou het, wetend dat die Here op die regte tyd vir hom sou voorsien in al sy behoeftes (Fillippense 4:12 – 13).
Hoor mooi om vergenoeg te wees is ‘n leer proses, dit gebeur nie net nie. En gelukkig vir ons is Jesus meer as bereidwillig om die pad saam met ons te stap. Dit beteken egter dat ons, Hom ons fokus moet maak en nie ons omstandighede nie. Want as ons op Hom vertrou dan ge Hy vir ons vrede wat ons verstand te bowe gaan (Johannes 14:27, 16:33; Romein 8:6 en Filippense 4:7).
Dus om hierdie lewe sinvol te navigeer moet ons altyd na Jesus toe gaan, want dis net Hy wat ons kan leer, bemoedig en vetroos in die lewe wat nie altyd sin maak nie. Dis immers Hy wat gesê het: "Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; want my juk is sag en my las is lig." (1933/53 Vertaling)
Werk Aangehaal
1933/53 Vertaling 2009: 1933/53 Vertaling van die Bybel, Bybelgenootskaping van Suid Afrika.
Comments