top of page
Search

Volg Christus Alleen…

Wie is jou gusnteling prediker? Almal het een, die gevaar egter om ‘n gusnteling prediker te hê is ons kan baie keer so geheg raak aan die prediker, en aan dit wat hy sê dat ons geheel en al van Jesus vergeet, en dan hang ons aan die persoon se lippe. Ek hoor deesdae gereeld wanneer mense by ‘n konferensie was, of na ‘n aanlyn preek gekyk het, hoe wonderlik die prediker is, of hoe fantasties hy of sy is. Dit is uiters gevaarlik, eerstens vir die individu want hy of sy kan mislei word, want geen mens onfeilbaar nie. Kyk net byvoorbeeld wat sê Jeremia 17:9 aangaande die mens se eie hart: Bedrieglik is die hart bo alle dinge, ja, verdorwe is dit; wie kan dit ken?” (1953 vertaling) Nie een van ons kan ons eie hart vertrou nie, want alhoewel ons kinders van God is, sit ons nog steeds met ‘n sondige natuur as gevolg van dit wat ons en Adam gedoen het (Romeine 3:23). Dus het elkeen van ons vir Jesus nodig, en moet ons fokus op Hom, en ons hart toevertrou aan Hom, om geduurig deur ons te vernuwe en te verander deur die Heilige Gees (Romeine 12:1 – 2).

‘n Tweede gevaar wanneer mense predikers begin aanhang is dat dit begin om die gemeente se eenheid te bedryg. Paulus sê onder andere aan die Korinte in 1 Korintiërs 1:10 – “MAAR ek vermaan julle, broeders, in die Naam van onse Here Jesus Christus, om almal eenstemmig te wees, en dat daar geen skeuringe onder julle moet wees nie, maar dat julle verenig moet wees in dieselfde gesindheid en in dieselfde mening.” (1953 vertaling) Paulus praat in die gedeelte dat die gemeente in dieselfde gesindheid en mening moet wees. Die vraag wat ons vir onself moet vra in wie se mening en gesindheod moet hulle wees of leef? Want hierdie is ook die sleutel tot ware eenheid.

Die antwoord op die vraag kry ons in Romeine 15:5 - 6 waar Paulus onder die leiding van die Heilige Gees die volgende gesê het: En mag die God van lydsaamheid en bemoediging aan julle gee om eensgesind onder mekaar te wees ooreenkomstig die wil van Christus Jesus, sodat julle die God en Vader van onse Here Jesus Christus eendragtiglik uit een mond kan verheerlik.” (1953 vertaling) Wat Paulus hier sê is glashelder aangaande ware eenheid in die kerk, want hy sê baie duidelik dat almal eengesind moet wees ooreenkomstig met die wil van Christus. Dus kan eenheid nie volgens ons wil plaasvind nie, want net Christus kan ware eenheid bewerkstellig, en dit gebeur slegs wanneer ‘n gemeente onder Sy gesag vereenig is deur die Gees, dat hulle Hom eendragtig kan verheerlik. Sonder Christus is dit onmoonklik om ware eenheid te bewerkstellig, inteendeel dit veroorsaak of ‘n ongodelike eenheid wat Sy gesag teenstaan, of dit veroorsaak konflik binne die gemeente soos wat kan sien in die gemeente van Korinte.

Paulus skryf onder andere aan die Korintiërs: “Want dit is aan my deur die huisgenote van Chloë bekend gemaak aangaande julle, my broeders, dat daar twiste onder julle is. Ek bedoel dit, dat elkeen van julle sê: Ek is van Paulus, en ek van Apollos, en ek van Céfas, en ek van Christus.” (1 Korintiërs 1:11 – 12) Die rede hoekom Paulus so teleurgesteld is in die Korintiërs is omdat hulle hulsef begin bind het aan predikers in pleks van Christus, en as ‘n mens die laaste gedeelte lees, is dit duidelik dat daar wel broers en susters was, wat wel vir Jesus gevolg het, en wat ook heelmoonklik die eenheid wou bewaar het. Hulle het baie duidelik Paulus se woorde verstaan wat God se roepiing vir elke mens is dat hulle in verhouding moet staan met Sy Seun, en dat hulle soos Hy sal word namate die Heilige Gees hulle vernuwe (1 Korintiërs 1:9 en Romeine 8:29). Daar is dus geen hoër roeping in hierdie lewe nie as om vir Jesus te volg nie, en dis ‘n ongelooflike vooreg want deur Hom word ons immers deel van die huisgesin van God (Efesiërs 2:19 en Hebreërs 2:11).

Dus is dit baie duidelik dat ons Christus alleen moet volg, en dat ons moet leer soos ‘n goeie skaap om sy stem te leer ken, deur tyd in Sy Woord te spandeer, en te vertrou op die Heilige Gees om die waarhede binne die skrif vir ons oop te breek (Johannes 10:16, 14:26; Romeine 15:4; 2 Timoteus 3:16 – 17 en 2 Petrus 1:19 - 21). Nie net dit, maar ons moet ook elkeen weeg wat gesê word of dit ooreenkomstig is met die wil van God soos wat ons dit aantref in die skrif. Dit is ook belanrik dat ons ook moet weeg of enige leeraar, of hy of sy nou preek, of bedien of dit Christus – gerig is en of die persoon alles oor hom of haarself maak. Want as mens Paulus se briewe lees dan is dit duidelik dat vir hom het dit alles oor Jesus gegaan. Dus doen ware leiers net een ding as hulle bedien en dit is om mense aan Christus te bind, inpleks van hulleself, want hulle weet dat net Hy waardig is om al die lof en eer te ontvang (Openbaring 4:8 – 11). Gaan dus na Christus toe en leer Hom ken, en doen wat Hy sê. Want in Hom ontdek ons die Vader se wil en ontdek ons wie ons werklik is. Dit is ook deur Hom soos wat ons in Sy voetspore volg wat ons, ons doel ontdek en wat ons leer wat dit beteken om ‘n kind van God te wees (Matteus 17:5; Johannes 1:12; Kolossense 1:15 – 20 en 2:6 - 7).

Werke Aangehaal

1953 vertaling: Die 1953 vertaling van die Bybel, Die Bybelgenootskap van Suid Afrika

 
 
 

Recent Posts

See All
Die Kosbaarheid van die Seun

Wie is Jesus en waarom is Hy so belangrik? Wel hierdie vraag is geweldig belangrik want dit bepaal ons hele lewe. Dit bepaal wat ons dink...

 
 
 
Geroep om soos Jesus te word

Wat dink jy iemand is wat geroep is om ‘n verskil te maak in hierdie wêreld? Baie mense het in die verlede en selfs vandag gedink dat...

 
 
 

Comentários


© 2023 by Marketing Inc. Proudly created with Wix.com

bottom of page