Van Twyfel tot Geloof
- The Shepherd's Way Ministries
- Aug 11, 2020
- 4 min read
Dit is Sondag en tien van Jesus se volgelinge sit in die boonste vertrek, hulle het sopas Jesus weer lewendig gesien nadat Hy op die mees wreedste manier denkbaar vermoor was (Johannes 20:19 - 23). Tomas wie ook ‘n volgeling was, was nie teenwoordig toe Jesus aan die 10 verskyn het nie. En toe hy hoor dat hulle Jesus lewend gesien het, wou hy hulle nie glo nie. Maar hoekom nie? Wel omdat Tomas sekerheid wou hê of hulle werklik die waarheid gepraat het en dat dit nie net nog ‘n storie was wat hulle opmaak nie. Terloops dit is ongelooflik om te dink dat die eerste oëgetuies wat Jesus lewend gesien het vroue was (Matteus 28:1 – 15; Markus 16:1 – 8; Lukas 24:1 – 12 en Johannes 20:1 - 18).
En die rede hoekom dit opvallend is, is omdat vroue in die eerste eeu nie as betroubare getuies beskou was nie, slegs mans was as geloofwaardig beskou. Wat net weereens vir ons wys hoe betroubaar die Vier Evangelies is, want niemand sou ‘n vrou se getuienis as waardig beskou het nie, en tog het die skrywers dit goed gedink om vroue as getuies te gebruik. Lukas self was ‘n dokter en historiekus gewees wat deeglik navorsing gedoen het toe hy die Evangelie neergepen het, die ander was oë getuies gewees wie van die kerkvaders selfs geken het.
Tomas self was skepties gewees oor die opstanding, tot so ‘n mate dat as hy nie die wonde op Jesus se lyf kon sien en voel nie, sou hy nie glo nie. ‘n Mens moet verstaan dat Tomas net soos die ander dissipels geglo het dat toe Jesus sterf is alles daarmee heen. En die fyt dat die tien dissipels vir Tomas sê dat Jesus leef sou vir hom soos false hoop geklink het (Johannes 20:25).
Agt dae later antwoord Jesus Tomas se versoek toe Hy weer aan die twaalf verskyn. Hy sê toe vir Tomas “Bring jou vinger hier en kyk na my hande, en bring jou hand en steek dit in my sy; en hou op ongelowig wees, maar word gelowig!”” (NLV 2017), (Johannes 20:27) Toe Tomas Jesus sien, sou hy heeltemal geskok gewees het, want ewe skielik kom hy tot die besef dat die man wie voor hom staan nie net ‘n mens is nie, maar God wat vlees geword het, en dat die hele Ou Testament heen gewys het na Hom (Lukas 24:27).
Daarom sê Tomas: ““My Here en my God!”” want hy het tot die besef gekom dat Jesus werklik is wie Hy gesê het Hy is (NLV 2017), (Johannes 20:28) Nie net sien ons hoe ‘n Joodse man voor Jesus in aanbidding neerval nie, ons sien ook in die gedeelte dat Jesus fiesies opgestaan het, want Hy sê vir Tomas om aan Hom te raak. In die Lukas evangelie sien self hoe Jesus iets te ete kry (Lukas 24:41 – 42).
Jesus se reaksie op Tomas se verbasing en skok was die volgende: ““Glo jy nou nadat jy klaar gesien het? Geseënd is hulle wat nie sien nie, en tog geglo het.”” (NLV 2017), (Johannes 20:29) Wat sê Jesus hier vir Tomas? Wel geloof in Jesus Christus is ‘n bonatuurlik realiteit wat aan mense geopenbaar word deur die Heilige Gees, en dis deur Hom wat ons Jesus met ons geestelike oë kan sien, net soos wat die eerste oogentuies Hom gesien het. Geloof in Christus is ‘n bonatuurlike realiteit dis hoekom Paulus gesê het: ““Want die woord van die kruis is wel dwaasheid vir die wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God; want daar is geskrywe: Ek sal die wysheid van die wyse mense vernietig en die verstand van die verstandige mense tot niet maak.”” (1933/53 Vertaling), (1 Korintiërs 1:18 – 19)
Die getuies van die Bybel self is honderd persent betroubaar rakende wie Jesus is. Manne soos Matteus, Markus, Lukas (wie ‘n dokter en ‘n baie goeie historikus was) en Johannes wie baie naby aan Jesus gewandel het. Dan is daar ook Paulus wat in 1 Korintiërs 15 dit duidelik maak dat Jesus gesterf het en fiesies opgestaan het, en dat daar meer as 500 ooggetuies was, baie wat nog in sy dag geleef het. Hierdie was een van die heel eerste Christenlike krete wat gelowiges by gehou het tot hulle dood toe. Wat vir ons baie duidelik wys dat Jesus werklik is wie Hy gesê Hy is tot vandag toe.
Die getuieness wat die Skrif aan ons gee rakende Jesus is so betroubaar dat duisende mense bereid is om te sterf vir wat in die Bybel staan, en meeste van die gelowiges het nie eens ‘n Bybel nie omdat dit ‘n onwettige boek is in hul eie land, maar tog glo hulle in die Een van wie dit getuig. Vir verder inligting rakende die betroubaarheid van die skrif raai ek aan dat jy gerus gaan kyk na Jan van der Watt se boek, Waarom Soveel Bybel – Vertalings, Daniel B. Wallace, Nabeel Qureshi, Dr. Peter Williams en Amy Orr-Ewing wie kenners is wanneer dit kom by die betroubaarheid van die Skrif en waarom dit geloofwaardig is.
Vir die wat twyfel is my gebed dat jy aan sal hou om te soek vir die Een wie die waarheid is, want Hy is daar om jou deur jou tyfel te help net soos Hy vir Tomas gehelp het. Ek hoop en bid ook dat jy die bronne hier bo sal benut. En moenie bang wees om vra te vrae nie vir Hom nie, want Hy is betroubaar en sal antwoord vir die wie Hom in waarheid soek. Nie net dit maar Jesus en die Vader het mos vir ons die Heilige gees, die Helper gestuur om ons te herinner aan alles wat Jesus vir ons geleer en nog steeds leer in Sy woord (Johannes 14:16 – 17). Mag jy volkome op Hom vertrou, want dis slegs in Hom waar ons hoop en verlossing lê. Vertrou op Hom en laat Hy jou wysheid en insig gee.
Werke Aangehaal
1933/53 Vertaling 2009: 1933/53 Vertaling van die Bybel, Bybelgenootskaping van Suid Afrika.
NLV 2017: Nuwe Lewende Vertaling, Christelike Uitgewersmaatskappy, Vereeniging, 1930.
Comments