top of page
Search

Plat Geslaan, maar nie sonder Hoop nie (1 Petrus 4)

Plat geslaan is seker hoe baie mense vandag voel weens die hele COVID – 19 krises wat los gebars het oor die hele wêreld en nog steeds aan die woed is met geen einde in sig nie. En boonop sit baie mense sonder werk, ander werk weer so hard dat hulle nie weet watter kant toe nie. Dit klink na ‘n hopelose situasie, net so hopeloos soos wat die Christine in die jaar 62 n.C. beleef het toe Keiser Nero regeer het in Rome, ‘n monster van ‘n man wat geen agting gegee het vir menswaardigheid nie. Hy het onder andere baie Christine in die kolosium gegooi om verskeur te word deur wilde diere, en het baie op teer pale laat vasbind en aan die brand gesteek om te dien as lampale in die strate. En as gevolg van die verskriklike dinge wat gebeur het, het die gelowegis ersntige vrae gehad. Petrus onder andere het ‘n die brief aan die gelowiges geskryf om van die vrae wat hulle gehad het te beantwoord en ook om hulle te bemoedige en te versterk in hulle geloof in Jesus Chritus.


Petrus skryf spesifiek in hoofstuk 4, rakende hulle swaarkry dat hulle, hulself moet bewapen met die gedagte om ligaamlik te ly soos Jesus gely het (1 Petrus 4:1 - 3). Hy sê dit aan die gelowiges om hulle te herinner dat hulle nou klaar gemaak het met hulle ou lewe en dat hulle nou Jesus te volle moet volg, selfs to die dood toe, want om Jesus werklik te volg beteken om jou lewe af te teken vir Hom (Matteus 10:37 – 39). Hulle doen dus nie meer net wat hulle wil nie, hulle doen nou wat die Seun hulle beveel omdat hulle lief is vir Hom, en omdat hulle onderdanig is aan Hom (Matteus 17:1 – 6; Johannes 14:15; 15:14 – 15 en 1 Petrus 4:2). Dus moet Christine getrou aan Jesus leef selfs al gaan dit hoe swaar met hulle.


Die ongelowiges vind dit natuurlik snaaks dat Christine nie meer leef soos wat hulle geleef het nie. Maar die ongelowiges is blind vir die waarheid en omdat hulleblind is, is hulle ‘n slaaf van Satan envervolg hulle die gelowiges. Inteendeel hulle versprei selfs aaklige remoere oor die gelowiges omdat hulle nie kan verstaan hoekom die gelowiges nou anders leef nie. Maar ten spyte van dit als troos Petrus die gelowiges deur dit aan hulle duidelik te maak dat selfs hulle onderdrukkers voor die regbank van God moet staan en dat Hy hulle nie ongestraf sal laat nie (Efesiërs 2:2 en 1 Petrus 4:2 - 6). Paulus sê ook in Romeine 12 dat ons, ons self nie moet wreek nie, maar die straf aan God moet oor laat. Wat ons wel in tussen kan doen is om lief te wees vir ons vyande deur om vir hulle in hulle basiese behoeftes te voorsien. Want deur goed te doen oorwin ons die kwaad deur om aan te hou om goed te doen (Romeine 12:20 – 21).


Petrus sluit dan die punt af deur om vir die gelowiges te sê dat die einde naby is (1 Petrus 4:7). Nou wat se einde praat Petrus hiervan? Wel Petrus praat van die eindtyd, daarom moet ons die volgende vraag vra en dit is: Wanneer breek die eintyd aan? Wel as mens Hebreërs 1:1 - 2 gaan lees, sê dit die volgende: “Vroeër het God dikwels en op baie maniere deur die profete met ons voorvaders gepraat. Maar nou, in hierdie laaste dae, het Hy met ons gepraat deur sy Seun. God het Hom bestem om die erfgenaam van alles te wees; trouens, Hy het deur Jesus Christus ook die wêreld en alles wat daarin is, gemaak.” (NLV 2020)


As ‘n mens kyk na die frase, “in hierdie laaste dae” dan staan dit in die Grieks as volg: ep’ eschato tõn hēmerõn wat as dit letterlik vertaal word dan sê dit in die einde van die dae. En dit beteken dat die eindtyd reeds aangebreek het met Jesus se kruisdood, opstanding en hemelvaart. Dus as mens praat van eintyd moet ‘n mens verstaan dat dit nie uitsluitelik vir die verlede bedoel is nie, en dat dit ook nie net vir die toekoms bedoel is nie. Die eindtyd het vir elke liewe geslag ‘n boodskap en daardie boodskap is Jesus wie die middel punt van alles is en wie saam met ons in die storms van die lewe is om ons te help om reg te lewe met die vooruitsig dat al ons swaarkry eendag heeltemal verby sal wees, of wanneer

Hy kom, of wanneer ons sterf en ons verewig saam met Hom sal wees (1 Petrus 4:7).


Maar dis nie al nie Jesus gee onself nou ‘n stukkie van die Hemel deur die werking van die Heilige Gees. Want Hy het die volgende vir Sy dissipels gesê: Ek laat vir julle vrede na; my vrede deel Ek met julle. Ek gee nie soos die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld of beangs word nie.” (NLV 2017), (Johannes 14:27) Ons kan nou al ‘n stukkie van die hemel beleef want die hemel is nie ‘n plek nie maar ‘n persoon en Sy naam is Jesus wie vir ons Sy vrede gee selfs binne die aaklige omstandighede wat ons nou beleef (Joubert 2020).


Ja ons het ‘n wonderlike vooruitsig en daarom kan ons met die grooste vrymoedigheid en dankbaarheid voluit lewe vir Jesus en ook ‘n stukkie van die hemel met elkeen deel, deur om mekaar onselfsugtig lief te hê, want sulke liefde maak baie sondes toe (1 Petrus 4:8). Maar wat beteken dit as Petrus sê dat hierdie tiepe liefde maak baie sondes toe? Wel dit beteken dat jy mense moet lief hê met dieselfde liefde wat Jesus jou mee liefgehad het, en lief het (Johannes 13:34 – 35). Dis ‘n onselfsugtige tiepe liefde waar ons eerlik met mekaar kan praat oor ons tekortkominge, en waar ons mekaar verantwoordbaar kan hou voor die Here in liefde om ons oë gevestig te hou op Hom (Matteus 18:15 – 20 en Galasiërs 6:1).


Petrus herinner hulle ook daaraan om gasvry te wees teenoor mede gelowiges sonder om te kla en om mekaar te bedien met die gawes wat God aan hulle gegee het. Die gawes wat Petrus hiervan praat is nie ter opbouing van die individu nie, maar ter ombouing van die hele gemeente sodat hulle hul fokus op Jesus kan hou, veral in krises tye (1 Petrus 4:9 – 11). Dis belangrik dat ons, ons oë te alle tye moet hou op Jesus en dat ons Hom gehoorsaam, want Hy weet wat vir ons die beste is.


Laastens herhaal Petrus weer die punt wat hy voorheen gemaak het en dit is dat Christine nie verbaas moet wees dat hulle swaarkry nie, in teen deel hulle moet eerder bly wees dat hulle swaarkry terwille van die naam van Jesus Christus. En die rede hoekom hulle bly moet wees is omdat die vervolging wat hulle nou beleef ‘n bewys is dat die Heilige Gees in hulle is, wat beteken dat hulle kinders van God is en dat hulle aan Hom behoort. Dus is dit veel beter om vir die Here as wat jy ly omdt jy ongehoorsaam aan Hom was, want om vir Hom te ly beteken dat jy aan Hom gehoorsaam is te midde van die krisses en dit is geen skande nie, inteendeel dis ‘n groot eer om te ly vir Hom (1 Petrus 4:14 – 16).


Maar nie net is dit ‘n eer om vir Jesus te ly nie, God gebruik ook soms swaar tye om Sy kinders te dissiplineer, net soos wat ‘n ouer soms ook moet doen (Hebreërs 12:5 – 6). Weereens doenGod dit uit liefde uit om ons op die regte koers te hou sodat ons redding volkome kan wees, vir die dag as ons eendag voor Hom verskyn. Petrus sê ook in die selfde asem dat as God Sy eie huis gesin dan so oordeel wat gaan dan gebeur met die ongelowiges as God hulle eendag gaan oordeel. Hy sê dit natuurlik sodat die gelowiges kan verstaan dat die swaarkry wat hulle nou beleef nie vergelyk kan word met die swaarkry wat die ongelowiges gaan beleef nie want God gaan hulle tot verantwoording bring vir dit wat hulle aan die gelowiges gedoen het (1 Petrus 4:17 – 18). Want om die kerk te vervolg beteken jy tas God direk aan omdat dit Sy liggaam is. Dis ‘n groot troos om te weet dat God geregtigheid sal laat geskied vir die wie in die Seun is. Nie net is dit ‘n groot troos nie, dit gee ook vir ons meer as genoeg motifeering om ons lewens tot God toe kan vertrou wetend dat Hy ons nooit in die steek sal laat nie en dat Hy altyd by ons sal wees tot aan die einde om ons te bemoedig en te versterk om getrou te bly aan Hom. Want ons hoop, heerlikheid en plesier lê volkome in Hom.


Plat geslaan maar nie sonder hoop nie, is die manier waarop ons nou moet leef. Ons moet te alle tye veral nou ons oë hou op Jesus wetend dat eendag sal daar nie meer hartseer wees nie. Want ons erfenis ons hoop lê in Jesus Christus en as ons, ons fokus op Hom plaas dan ervaar ons Sy bonatuurlike vrede wat die verstand te bowe gaan. En as ons, ons knee gebuig hou voor Hom dan het ons nie net hoop vir onself nie, maar hoop wat ons kan die met ‘n wêreld wat dit dringend nodig het.


Werk Aangehaal

Joubert S 2020: Heilige Koeie van die Eindtyd, Aanlyn YouTube Video, Verkry by https://www.youtube.com/watch?v=vW4nSvE78ys


NLV 2017: Nuwe Lewende Vertaling Bybel, Christelike Uitgewersmaatskappy, Vereeniging,1930.

 
 
 

Recent Posts

See All
Die Kosbaarheid van die Seun

Wie is Jesus en waarom is Hy so belangrik? Wel hierdie vraag is geweldig belangrik want dit bepaal ons hele lewe. Dit bepaal wat ons dink...

 
 
 
Geroep om soos Jesus te word

Wat dink jy iemand is wat geroep is om ‘n verskil te maak in hierdie wêreld? Baie mense het in die verlede en selfs vandag gedink dat...

 
 
 

Comments


© 2023 by Marketing Inc. Proudly created with Wix.com

bottom of page