top of page
Search

Pasop vir Tradisionalisme

Wat beteken dit as ons sê iets is traditioneel? Want vir meeste mense vandag beskou iets soos tradisie as iets negatiefs, en tog het elke liewe mens bepaalde tradisies in hule lewe. Of dit nou famielie, kerk, kuns of sport is, ons elkeen het ‘n bepaalde tradisie wat einklik maar kom van die manier van hoe ons groot geword het en ek glo dat tradisie ‘n mooi ding kan wees. Ek meen kyk maar net na die verskillende kerk denominasies elkeen is anders en tog gebruik die Here elkeen op ‘n ander manier, of dit nou Gereformeerd, Pinkster, Charismaties of selfs Baprtiste. God het en gebruim nog steeds die mense binne die denominasies om Sy koningkryk op verskillende manier uit te brei want elkeen verteenwoordig ‘n ander uitdrukking van Sy liggaam. Tradisie is dus ‘n goeie ding, maar ons moet ook eerlik wees oor die tradisies wat ons het in die sin dat ons kan kyk na ons swakpunte en dit te kan aanspreek want as ons dit nie doen dan trap ons in die strik van tradisionalisme. Maar hoe lyk tradisionalisme?

Wel daar het op ‘n dag Fariseërs en skrifgeleerdes van Jerusalem af na Jesus toe gekom en hulle het Hom uitgedaag toe hulle die volgende gevra het: “Waarom oortree u dissipels die oorlewering van die ou mense? Want hulle was nie hul hande as hulle brood eet nie.” (Matteus 15:1 – 2), (1953 vertaling) Dis belanrik om eerstens te verneem dat die Fariseërs en skrifkenners wat hier van gepraat word was die amptelike gesagsfigure gewees wat die Sanhedrin gestuur het om Jesus se bediening te kom asseseer. Jesus self het tot op die punt nog die hele tyd Galilea bedien, maar nou het Hy begin met sy Judese bediening en het Hy ‘n bedreiging begin word vir die godsdienstiges en dis hoekom hulle vir Jesus op die manier begin uitdaag het, want hulle gewildheid was in die gedrang (Guzik 2017).

Die tradisie wat hulle Jesus onder andere oor uitgevra het, het gekom van die interpritasies van die wet van gerespekteerde rabbi’s af. Die tradisie wat die geleerdes van praat hier was einklik net van toepassing op die priesters in die tempel gewees, maar hulle het dit van toepassing gemaak op alle mense (Wilkins 2011:1996). Dis hoekom Jesus hulle soos volg geantwoord het: “Waarom oortree julle ook die gebod van God ter wille van julle oorlewering?” (Matteus 15:3), (1953 vertaling) Die rede hoekom Jesus die geleerdes op die manier geantwoord het, is omdat hulle hul oorgelewerde tradisies op die selfde vlak as God se wet geplaas het en so teen God se wet self oortree het. God self het in Deutoronomium 4:2 dit baie duidelik gemaak toe Hy gesê het: “Julle mag by die woord wat ek julle beveel, niks byvoeg nie, en julle mag daar niks van weglaat nie; sodat julle die gebooie van die Here julle God mag onderhou, wat ek julle beveel.” (1953 vertaling)

Die geleerdes het dus in ‘n gevaarlike posisie gestaan omdat hulle einklik blind was vir hulle eie sonde. Want hulle was so besorg oor die uiterlike gewees dat hulle nie kon sien hoe ver hulle harte van God af was nie. Weereens is daar niks verkeerd met tradisie nie, want dit veryk selfs die manier hoe ons, ons Bybel lees want ons besef ons dat soos wat ons die Bybel lees, lees ons dit einklik saam met die vorige generasie gelowiges wie voor ons gekom het. Ons loer dus oor hulle skouers sodat ons ‘n beter greep op dit wil kry wat die Here deur Sy Woord vir ons vandag wil sê (Du Plessis 2007:1410). Die probleem kom egter in wanneer ‘n mens vasgevang raak in tradisionalisme. Want wanneer dit gebeur dan stel mens gewoonlik jou tradisie gelyk aan die Bybel en praat dit harder as die stem van God. Dus as die Bybel ons tradisie uitdaag dan moet ons ag slaan daarop want dan is dit God wat aan die woord is wat wil hê dat ons van rigting moet verander terug na Hom toe. Hierdie is wat die godsdienstiges van Jesus se dag gemis het.

So gemis het dat Jesus vir hulle die volgende gesê het: “Want God het bevel gegee en gesê: Eer jou vader en moeder; en: Hy wat vader of moeder vloek, moet sekerlik sterwe. Maar julle sê: Elkeen wat aan vader of moeder sê: enige voordeel wat u van my sou kan geniet, is 'n offergawe — dié hoef sy vader of sy moeder glad nie te eer nie. So het julle dan die gebod van God kragteloos gemaak ter wille van julle oorlewering.” (Matteus 15:4 – 6), (1953 vertaling) Dit wat Jesus op die tydstip vir die godsdienstiges gesê sou hulle laat sidder het, maar Jesus was reg hulle het inderdaad deur hulle tradisie die wet van God oortree. Een vand die maniere hoe hulle God se wet oortree het was deur om vir mense te leer dat as hulle hul geld offer by die tempel, wat ook bekend staan in die Grieks as korban dan hoef hulle nie vir hul ouers te sorg nie. Op die manier het die geleerde manne ‘n streep deur God se wet getrek, wat natuurlik geweldig harsteer was (Eksodus 20:12, 21:17; Levitikus 20:9 en Deutoronomium 5:16), (van Zyl 2019:1638). Want die wet was nooit bedoel om die mens te red nie, maar eerder om te wys dat jy ‘n verlosser nodig het om jou te red van jou eie poging en omdat die geleerde manne hul eie tradisie die selfde gesag as die Woord van God gestel het, het hulle dit geheel en al verkeerd geinterpriteer (sien Galasiërs 3).

Dis hoekom Jesus Jesaja 29:13 van toepassing op hulle gemaak, want Hy het vir hulle gesê: “Geveinsdes, tereg het Jesaja oor julle geprofeteer toe hy gesê het: Hierdie volk nader My met hulle mond en eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van My af. Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is.” (Matteus 15:7 – 9), (1953 vertaling) Die rede hoekom Jesus die gedeelte van toepassing maak op die godsdienstiges is omdat hulle net soos in Jesaja se dag God op ‘n oppervlakige manier gedien het. Met ander woorde hulle het mooi gebede gebid, maar hulle harte was ver van die Here af omdat hulle mensgemaakte reels gevolg het in pleks van die Woord van God (Prinsloo 2019:1159). Hull was dus mislei gewees deur hul voorouers se tradisie en as gevolg van dit was hulle geheel en al verlore gewees, en was hulle ook besig om die volk te mislei en dit het Jesus se hart gebreek.

Dus moet ons net soos die geleerdes van Jesus se dag pasop om nie in die strik te trap van tradisionalisme nie waar ons die Bybel maar net lees sodat ons meer geestelik kan lyk en die manier hoe ons, ons verhouding met die Here lewend hou is om die Bybel met ‘n leerbare postuur te lees en toe te laat dat die Here deur Sy Gees die waarhede in die skrif vir ons sal verlig sodat ons Hom beter sal leer ken in en deur Sy Seun. Want die hele skrif gaan oor Jesus Christus, wie Hy is en wat Hy in ons plek vir ons gedoen het sodat ons in ‘n hegte verhouding met die Vader kan staan. Een van my mentors het altyd gesê: “Die Bybel gaan alles oor Jesus, en Jesus gaan alles oor jou.” (Steffen 2020) Met ander woorde die oomblik wat jy die waarheid aangaande wie Jesus Christus is ontvang, kom jy tot die waare kennis oor wie Hy sê jy is in Hom en besef jy dat jy nou deel is van die Huisgesin van God. Dus kom tot rus by Jesus se voete en ontdek die Vader hart van God.

Werke Aangehaal

1953 vertaling: Die 1953 vertaling van die Bybel, Die Bybelgenootskap van Suid Afrika

Guzik D 2017: Matthew, Online Study Guide, Accessed from: https://www.blueletterbible.org/commentaries/guzik_david/

Steffen M 2020: Die Wegraping Marthinus Steffen, YouTube Video, Verkry by: https://www.youtube.com/watch?v=_eqdCkeHXA8&ab_channel=DoxaDeoBrymore

van Zyl H 2012, Matteus, In Barkhuizen J, du Toit H en van der Watt J (Redakteurs), Interliniêre Bybel: Grieks - Afrikaans, Christenlike Uitgewersmaatskappy, Vereeniging, 1930


 
 
 

Recent Posts

See All
Die Kosbaarheid van die Seun

Wie is Jesus en waarom is Hy so belangrik? Wel hierdie vraag is geweldig belangrik want dit bepaal ons hele lewe. Dit bepaal wat ons dink...

 
 
 
Geroep om soos Jesus te word

Wat dink jy iemand is wat geroep is om ‘n verskil te maak in hierdie wêreld? Baie mense het in die verlede en selfs vandag gedink dat...

 
 
 

Comments


© 2023 by Marketing Inc. Proudly created with Wix.com

bottom of page