‘n Verlosser Groter as die Storm
- The Shepherd's Way Ministries
- Aug 23, 2021
- 3 min read
Inleiding
Die Storm kom ons noem dit Covid – 19, inflasie, korupsie, en onrus dinge wat gebeur in Suid Afrika wat baie gelowiges bekommerd en self negatief maak. En dis ook honderd persent normaal om so te voel. Ek dink net aan die profete in die Ou Testament wat ook so gevoel het, manne soos Jesaja, Jeremia, Daniël ens. Wat ook in soortgelyke omstandighede geleef het, en tog nog steeds hul oë gevestig gehou het op God. Het hulle verstaan hoekom al die dinge gebeur het in hulle dae? Soms ja, maar soms ook nee. Baie keer was hulle moedeloos, kwaad en hartseer gewees. En 'n mens mag so voel, inteendeel ons kan selfs eerlik wees voor die Here oor hoe ons voel. Want ons verstaan nie altyd die smarte van die lewe, en wel net om eerlik te wees sal ons sal nooit al die smart van hierdie lewe verstaan nie, want ons het nie die groter prentjie nie. En ons kan bly wees ons het nie die groter prentjie want ons sal dit nie kan hanteer nie, daarom hanteer God dit vir en saam met ons. En een ding is seker Jesus regeer nog steeds en Hy het nie sy kinders vergeet nie, om die waarheid te sê is Hy nou by ons, en ly Hy saam met ons.
Die Storm op die See
En die dissipels moes ook dit ontdek het 2000 jaar terug op die see van Galilea. Die gebeurtenis tref ons aan in Matteus 8:23 – 27 waar die meeste van die dissipels ervare vissermanne is, wat beteken hulle ken die see. Hulle was self al in storms en ewe skielik bars ‘n storm los wat hulle glad nie ken nie. Die gebeurtenis is verskriklik, so erg dat hulle Jesus wie op die oomlik sit en slaap wakker moet maak met die volgende woorde: ““Here, red ons! Dis klaar met ons!”” (NLV 2017) Jesus se reaksie is vreemdt want Hy sê vir hulle die volgende: ““Waarom is julle so verskrik? Is julle geloof dan regtig so klein?”” (NLV)
Wat probeer Jesus hulle leer, met die woorde? Wel Hy wou hulle leer dat daar Iemand grooter as die storm in hulle midde is. Daarom beveel Hy toe die wind, die golwe en die reën om te gaan lê en toe sê die dissipels met skok en verbasing: ““Watter soort mens is Hy dat selfs die winde en die see na Hom luister?”” (Matteus 8:27), (NLV 2017) Hier kan ‘n mens sien dat die dissipels se oë oop gegaan het. Want die persoon wat in die boot gelê en slaap het, is nie net hulle vriend of rabbi nie, maar dat Hy God Almagtig is wat mens geword het en nou in hulle midde nog die hele tyd was en dat die storm wat hulle nou net beleef het ewe skielik baie kleinder lyk.
Slot
Ja ons lewe in ‘n sondige en gebroke wêreld wat gedurig vol storms is, net soos die dissipels. En die lewe wat ons leef het maar storms en deurbrake, en het die Rabbi van twee duisend jaar terug nie verander nie. Ons moet dus ons fokus instel op Hom wie nooit verander nie. In Hom vind ons ware rus en vrede wat hierdie wêreld nie vir ons kan gee nie. Want die Hemel is nie 'n plek nie, dis 'n persoon en Sy naam is Jesus, en Hy is nou by jou. Ons almal is in die storm en ja party mense se booitjies sink, ander brand, en ander is dalk nou selfs leeg. Maar dit beteken nie daar is nie meer hoop nie. Inteendeel in tye soos die is dit juis die geleentheid wat ons het om ons lig helder te laat skyn, deur om ander te help wat in nood is, dalk selfs iemand net op ons skouers te laat rus sodat hulle ook Jesus se nabyheid en liefde deur ons kan ervaar. En deur om dit te doen bring ons nie net die Koninkryk na mekaar, en ander toe nie, ons beleef dan ook 'n stukkie van die Hemel terwyl ons ander en mekaar bedien.
Werke Aangehaal
NLV 2017: Nuwe Lewende Vertaling Bybel, Christelike Uitgewersmaatskappy, Vereeniging, 1930.
Comments