top of page
Search

‘n Verlosser Grooter as die Seer

Seer, pyn en lyding is deel van die wêreld waar in ons bly. Maar wat moet ons as gelowiges verstaan wanneer seer, pyn en lyding ons paaie kruis. Wel Petrus skryf in sy eerste brief juis oor hierdie tema. In 1 Petrus 4 om spesifiek te wees, het hy geskryf aan mense wie verstoot was deur die Romeinse samelewing, hulle was die “nobodies”, die mense wie jy nie mee gemeng het as jy as goeie Romeinse burger geag wou word nie. En dus het baie van hulle hoop begin verloor, van hulle se geloof het vegin om te kwyn. Dit is hoekom Petrus die brief geskryf het om hulle te bemoedig en te versterk in hulle geloof, en hulle hoop gee te midde van baie tragiese omstandighede. Ek moet sê dat ek saam stem met Stephan Joubert se sentiment dat as dit een boek/brief is wat gelowiges onder oë moet kry is dit die boek. Want dit gee vir ons as gelowiges hier in Suid Afrika wat in soortgelyke omstandighede leef persepektief, perspektief oor hoe om die evangelie terwille van ‘n gebroke land wat hoop nodig het, selfs al tel die omstandighede nie altyd in ons guns nie.

Eerstens moet ons kennis daarmee maak dat kinders van God nie die swaakry van die wêreld kan vryspring nie, dis hoekom Petrus gelowiges herinner aan die volgende: OMDAT Christus dan vir ons na die vlees gely het, moet julle jul ook wapen met dieselfde gedagte, dat wie na die vlees gely het, opgehou het met die sonde”(1 Petrsu 4:1), (1953 vertaling) Wat Petrus hier sê verstaan ons nie altyd nie, want as mens wil ons lyding altyd vermy. Ons wil dit vermy want dit maak seer, en soms voel ons ook alleen wanneer ons ly. Maar ons ly nie alleen nie, nee Christus ly saam met ons. Kyk hoe mooi stel Hebreërs 4:15 dit: Want ons het nie 'n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde. (1953 vertaling) Omdat Christus dus saam met ons ly, moet ons Hom toelaat om ons as gelowiges te leer om te ly soos wat Hy gely het vir ‘n verlore gaande wêreld. Om saam met die wie seer het te huil, om die wat honger is te help en om die wie Christus nie ken nie by Hom uit te kry.

Ons lyding wat ons beleef is ook deel van ons roeping, want Jesus het ook gesê: “Onthou die woord wat Ek vir julle gesê het: 'n Dienskneg is nie groter as sy heer nie. As hulle My vervolg het, sal hulle jul ook vervolg. As hulle my woord bewaar het, sal hulle jul woord ook bewaar. Maar al hierdie dinge sal hulle aan julle doen ter wille van my Naam, omdat hulle Hom nie ken wat My gestuur het nie.” (Johannes 15:20 - 21), (1953 vertaling) Ware dissipels weet dat om Jesus te volg beteken dat hulle soms gaan ly, maar dan ly hulle nie soos slagoffers nie, nee, hulle ly as oorwinnaars wetend dat die koninkryk van God hulle erfdeel gaan wees. Gelowiges is dus meer as oorwinnaars, en niks kan dit van hulle ontneem nie, omdat dit gesetel is in Jesus Christus (Romeine 8).

Dis hoekom Petrus vir die gelowiges van sy dag geleer het, dat hulle gewillig moet wees om te ly vir Christus, want dan het hulle afgereken met die sonde. Wat beteken hulle lei nie meer ‘n sondige lewenswyse nie, maar wandel nou in die Gees wie hulle vorm om meer en meer soos die Seun te word. Voorheen het die gelowiges natuur so gewandel, maar nou beskou die samelewinge hulle as vreemd omdat hulle nie meer soos sondaars leef nie (1 Petrus 4:3 – 4). Dus moet ek en jy vir onself ‘n vraag vra. Hoe lyk ons lewens? Kan mens sien ons volg die Lam op so ‘n manier dat hulle Hom in ons lewe kan aanskou? As mense nie Jesus in jou lewe kan sien nie, vir wat leef jy dan werklik?

Dit moet juis dan nie vreemd wees wanneer die wêreld ons as vreemd, of anders sien nie, want daar is mense wie nie vir Christus ken nie, en wie doelbewus Hom belaglik wil maak. Maar Petrus het die volgende trooswoorde vir die gelowiges in sy dag gegee: Hulle sal rekenskap gee aan Hom wat gereed staan om die lewende en die dode te oordeel.” (1 Petrsu 4:5), (1953 vertaling) Ons hoef dus onself nie te onstel as die mense dit doen nie, wat ons wel moet doen is om hulle onvoorwaardelik lief te hê net soos Christus ons liefgehad het toe ons nog sondaars was. Paulus self stel dit soos volg in 1 Korintiërs 5:12 – 13: “Want waarom sou ek ook die wat buite is, oordeel? Oordeel julle nie die wat binne is nie? Maar die wat buite is, oordeel God. Verwyder tog dié slegte mens onder julle uit.” (1953 vertaling) Dus is dit nie ons plig om die sondaar te oordeel nie, inteendeel, dit is ons plig om die evangelie aan hulle te verkondig, deur dit te leef en te verkondig. Die enigste plek waar ons wel moet oordeel is in die kerk veral as iemand nie wandel soos wat Christus van hom of haar verag nie, dit gaan egter nie daaroor om die persoon seer te maak nie, maar om die persoon te help om op die regte pad te kom.

Petrus herinner toe die gelowiges in sy dag aan die volgende: En die einde van alle dinge is naby; wees dan ingetoë en nugter, om te kan bid.” (1 Petrus 4:7), (1953 vertaling) Petrus praat baie duidelik hieroor die eindtyd, en dis moet ons vir onself vra wanneer breek die eindtyd aan volgens die Bybel? Wel Hebreërs 1:1 – 2 sê vir ons: “NADAT God baiekeer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun wat Hy as erfgenaam van alles aangestel het, deur wie Hy ook die wêreld gemaak het.” (1953 vertaling) So wanneer begin die eindtyd? Volgens die Bybel het dit aangebreek met Jesus, dus leef ons in die Jesus se tyd. Dus moet o0ns fokus op Hom, en Hom alleen wees. Ja daar is dinge in hierdie wêreld wat nie nou lekker pluis is nie, maar kyk na die Lam wat heers en wat besig is in hierdie wêreld. Volg Hom en ontdek die lewe self.

Deel van om Jesus te volg is om jou mede gelowiges lief te hê, dis hoekom Petrus sê: Maar bo alles moet julle mekaar vurig liefhê, want die liefde sal 'n menigte sondes bedek.” (1 Petrus 4:8), (1953 vertaling). Wat Petrus bedoel met liefde bedek ‘n menigte sondes, dan praat hy daarvan dat tenspyte van jou broer of suster se sondes bly jy nogg steeds lief vir hulle, in die sin dat jy die langpad met hulle sal loop, en dat jy hulle sal help wanneer hulle die pad soms byster raak. Dit is dus ‘n opofferende liefde waar jy jou belange en voorkeure een kant toe skuif en waar jy jou naaste dien, net soos Jesus gedoen het. Dis hoekom Petrus sê: “Wees gasvry jeens mekaar sonder om te murmureer.” (1 Petrus 4:9), (1953 vertaling)

Nog ‘n ding wat Petrus ons op bedag wil maak is dat ons nie verbaas moet wees wanneer ons ly nie, inteendeel ons kan dit verwag. Nie net moet ons dit verwag nie ons moet ook bly wees wanneer ons ly. Petrus stel dit so: As julle beledig word oor die Naam van Christus, is julle gelukkig, omdat die Gees van die heerlikheid en van God op julle rus. Wat hulle betref, word Hy wel gelaster; maar wat julle betref, word Hy verheerlik.” (1 Petrus 4:14), (1953 vertaling) Nou vervolging is ‘n realiteit vir meeste gelowiges wêreldwyd en selfs in ons dag is daar ‘n mate van vervolging. Voorbeelde hiervan sluit in dat ‘n mens glad nie oor God in die werksplek kan praat nie en die feit dat meeste Christine nie meer ‘n hoë pos kan beklee in die samelewing nie. Hierdie dinge sal gebeur in ‘n wêreld wat Christus nie ken nie, an as ons vir Sy onthalwe lyding verduur, dan is dit ‘n teken dat die Heilige Gees werklik in ons woon en dat ons leef soos kinders van God. Dit beteken natuurlik dat ons moet bekend staan as vredemakers en dat ons graag mense wil dien ongeag wie hulle is, of wat hulle doen.

Nou daar is natuurlik mense wat ly vir dinge wat hulle verkeerd gedoen het, maar ons, ons as gelowiges moenie ly as gevolg van sonde nie, maar omdat ons in liefde teenoor God en in liefde teen oor ons naaste leef. Want dan hoef ons, ons nie te skaam wanneer ons ly nie (1 Petrus 4:15 – 16). Ons is dus nie slagoffers nie, nee, ons is oorwinnaars saam met Christus en deel in Sy Koninkryk wat nooit sal vergaan nie. Maar vir die wie die lyding veroorsaak wag daar ‘n dag van oordeel, maar vir ons wat ons vetroue op God stel wag daar heerlikheid wat nooit sal vergaan. Intussen moet ons getrou leef teenoor die Here en moet ons ook verstaan dat Hy ons soms gaan tug as Sy kinders (Hebreërs 12:7 en 1 Petrus 4:17 - 18). En dus moet ek en jy ons lewens aan God toe vertou en aanhou goed doen, deur om die wie Hom nog nie ken nie in te nooi deur om te leef soos wat Hy van ons verwag.

Werke Aangehaal

1953 vertaling: Die 1953 vertaling van die Bybel, Die Bybelgenootskap van Suid Afrika

 
 
 

Recent Posts

See All
Die Kosbaarheid van die Seun

Wie is Jesus en waarom is Hy so belangrik? Wel hierdie vraag is geweldig belangrik want dit bepaal ons hele lewe. Dit bepaal wat ons dink...

 
 
 
Geroep om soos Jesus te word

Wat dink jy iemand is wat geroep is om ‘n verskil te maak in hierdie wêreld? Baie mense het in die verlede en selfs vandag gedink dat...

 
 
 

Comments


© 2023 by Marketing Inc. Proudly created with Wix.com

bottom of page