top of page
Search

Jesus is die Deurbraak vir elke Gelowige

Wat dink jy as jy die term deurbraak hoor? Dink jy aan welvaart, dink jy dat jou omstandighede dalk sal verbeter en jou lewe dalk makliker sal raak? Of dink jy jou deurbraak is nog oppad? Die waarheid is vir die gelwoige lê hulle deurbrake en hulle oorwinning nie in hulle omstandighede nie. Nee vir ons as gelowiges lê die grooste deur braak in Jesus Christus self wie die voledige prys in ons plek betaal het. Jesaja 53:5 stel dit so mooi – “Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.” (1953 vertaling)

Die vers is kobaar want dit is slegs in Jesus en deur Jesus wat ek en jy God se vrede en genesing kan ontvang. En die vrede en genesing is nie gekoppel aan die tydelike nie, dis gekoppel aan die ewige. Hierdie is belangrik, want dit gebeur so maklik dat ons God begin dien vir wat ons kan kry en dat vergeet ons dat Hy einklik meer as genoeg is en dat Hy ons in elkgeval ‘n nuwe ligaam gaan gee en dat ons daarby die nuwe hemel en die nuwe aarde gaan beêrwe waar hulle saam met die Lam weer gaan heers soos wat hulle van die begin af bestem was (Daniël 7:18, 27; Matteus 5:5 en Openbaring 22:5).

Ons moet hierdie realiteit kan raak sien, want hierdie lewe is verseker nie maklik nie. Jesus self het gesê dat ons in hierdie lewe verdrukking gaan beleef, dit is immers deel van die pakket wat Jesus vir elkeen voorhou wat Hom wil volg (Matteus 5:10 – 12, 10:16 – 25 en 16:24 – 28). Paulus self het met die perspektief geleef toe hy gesê het: “Want vir my is die lewe Christus en die sterwe wins.” (Filippense 1:21), (1953 vertaling) Beteken dit dat ons nooi wonderwerke sal sien en beleef nie? Nee, inteendeel Jesus het kragtig deur die vroë kerk gewerk en Hy doen dit selfs vandag nog deur die krag van die Heilige Gees. Doen jouself ‘n guns en gaan lees bietjie Dr. Craig Keener se boek: Miracles: The Credibility of the New Testament Accounts. God doen verseker nogsteeds wonderwerke, maar dit is baie belangrik dat ons Hom nie dien vir wat ons kan kry nie, nee, ons dien Hom omdat ons Hom lief het, en omdat ons by Hom wil wees.

Hierdie is geweldig belangrik want die hemel is nie ‘n plek nie, dis ‘n persoon en Sy naam is Jesus Christus. As Hy nie vir jou genoeg is nie kan jy onmoonklik God se vrede, vreugde en heerlikheid beleef in hierdie lewe. Want Hy is die deurbraak van alle deurbrake en om saam met Hom in die ewigheid te wees en saam met Hom te heers is ver meer as net genoeg dis ongelooflik. Dus as jy vandag God wil beleef, buig jou knee voor die Seun en begin vandag om Hom te volg en beleef God se oorwinning, en deur braak in jou lewe.

Werke Aangehaal

 
 
 

Recent Posts

See All
Die Kosbaarheid van die Seun

Wie is Jesus en waarom is Hy so belangrik? Wel hierdie vraag is geweldig belangrik want dit bepaal ons hele lewe. Dit bepaal wat ons dink...

 
 
 
Geroep om soos Jesus te word

Wat dink jy iemand is wat geroep is om ‘n verskil te maak in hierdie wêreld? Baie mense het in die verlede en selfs vandag gedink dat...

 
 
 

留言


© 2023 by Marketing Inc. Proudly created with Wix.com

bottom of page