top of page
Search

‘n Ander Radikale Tiepe Liefde...

Updated: Feb 4, 2020

Liefde, wat is dit en kan ons dit vir onself definieer? Is dit ‘n gevoel of ‘n keuse? Al twee die vrae is natuurlik belanrik en die rede waarom dit so belanrik is, is omdat daar vandag groot verwarring heers oor wat liefde werklik is, selfs tussen gelowiges. Op die eerste vraag is die antwoord, ongelukkig nee want meeste van ons se definiesie van liefde is baie van die kere selfsugtig. Ons kies dan wie ons liefhet en wie ons afskryf, ons kies wanneer dit gepas en ongepas is. Op die tweede vraag is die antwoord heel eenvoudig en dit is liefde is ‘n keuse, nie so seer ‘n gevoel nie, want ons emosies weerspreek baie keer nie die waarheid nie. Die rede hoekom emosies nie altyd die realiteit weerspreek nie, is omdat dit gewoonlik reaksionêr is en nie altyd rasioneel nie. ‘n Mens kan baie maklik kwaad word en in die hitte van die oomlik sonder om te dink ‘n ander persoon, groot leed aandoen en eers daarna besef wat regtig gebeur het.


En daarom moet ons die einklike baie belangrike vraag vra. Wie definieer vir ons wat liefde werklik is? Die regte antwoord is natuurlik Jesus. Maar ons moet een ding net duidelik uitklaar, en dit is as ons Jesus se definisie kies van liefde is dit nie veilig nie, dis nie altyd gemaklik nie. Dit vra dat jy minder word en Hy meer moet word en dat jy jou lewe met toetale oorgawe an Hom sal oorgee. Jesus self het gesê in Matteus 10:38 – 39: “As jy weier om jou kruis op jou skouers te neem en My te volg, verdien jy nie om een van my mense te wees nie. As jy selfsugtig aan jou eie lewe vasklou, sal jy dit verloor. Maar as jy dit ter wille van My opoffer, sal jy werklik voluit lewe.”” (NLV 2015)


Die Teks sê vir ons een ding en dit is, om werklik lief te hê beteken om net soos Jesus jou kruis op te dra en jou lewe neer te lê, eerstens vir Hom en tweedens vir ander mense. Dis dalk hoekom Jesus gesê het vir sy dessipels in Johannes 13:34 – 35: “Ek gee julle 'n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is.”” (1983 Vertaling) Nie net is ons vir die lief wat ons lief het nie, ons het selfs ons vyande lief. Paulus self sê in Romeine 12:20 – 21 dat ons, ons vyande moet lief hê net soos wat Jesus dit van ons verwag in Matteus 5:43 – 48.


Dit is dus duidelik dat as ons regtig wil weet hoe liefde lyk, sal ons, ons lewe moet opgee aan Jesus. Ons moet leer om ons kruis op te tel net soos Jesus en bereid te wees om mense regtig lief te hê. ‘n Liefde wat nie van ‘n afstand geskree word nie, maar een wat nader kom, so naby dat jy dalk seer kan kry, so naby dat dit self jou lewe kan kos. Dit laat my dink aan die woorde van Paulus in Filippense 1:21: “Want vir my is die lewe Christus en die sterwe wins.” En Dus die waare definiesie van liefde is, om gehoorsaam te wees aan Jesus en om Hom jou alles te maak (Johannes 14:15; 15:14 – 15). Beteken dit ons sal perfek wees, nee ons gaan op tye val, en as jy val, val na Jesus toe en erken jou sonde voor Hom soos wat 1 Johannes 1:8 – 9 ons leer. En toelaat dat Hy jou Sy hart gee sodat jy meer en meer soos Hy kan word.

 
 
 

Recent Posts

See All
Die Kosbaarheid van die Seun

Wie is Jesus en waarom is Hy so belangrik? Wel hierdie vraag is geweldig belangrik want dit bepaal ons hele lewe. Dit bepaal wat ons dink...

 
 
 
Geroep om soos Jesus te word

Wat dink jy iemand is wat geroep is om ‘n verskil te maak in hierdie wêreld? Baie mense het in die verlede en selfs vandag gedink dat...

 
 
 

Comments


© 2023 by Marketing Inc. Proudly created with Wix.com

bottom of page