Moenie Oordeel nie...Regtig?
- The Shepherd's Way Ministries
- Feb 18, 2020
- 8 min read
Inleiding
Wat leer Jesus on s Werklik?ing waarmee elkeen van ons te doen kry, ons oordeel of dit veilig is om oor die pad te loop, of ons oordeel wat is gesond om te eet en wat nie. Maar wat sê Jesus oor oordeel? Baie Christine sal sê dat ons moenie oordeel nie, maar wat hulle einklik bedoel met die stelling is ons mag nooit oordeel nie. En dis nie wat Jesus ons wou leer nie. Wat Jesus ons einklik wou leer is om met die regte gesindheid te oordeel, en dis wat ons na gaan kyk in die artikel. Ons gaan dan ook kyk na ander skrif gedeeltes om te sien wat leer die Nuwe Testament vir ons wanneer dit kom by die tema, veral as dit kom by die Ligaam van Christus en ander gelowiges.
Wat leer Jesus ons Werklik?
So wat leer Jesus vir ons werklik oor oordeel in Matteus 7:1 – 6? Wel eerstens sien ons in vers 1 dat Jesus sê dat ons moet ophou om ‘n oordeel oor ander uit te spreek, want dan sal God ook nie ‘n oordeel oor ons uitspreek nie. Natuurlik stop baie mense net by die versie en lees dan nie die res nie en mis dan die punt wat Jesus einklik wil maak want in vers 2 sê Hy dat met die maat wat ons ander oordeel sal ons geoordeel word. En dan net daarna praat hy daarvan dat ons eers die stomp uit ons eie oog moet uithaal en dan sal ons duidelik kan sien hoe om die splinter uit ons broer se oog uit te haal (vers 3 – 5).
Wat ‘n mens onmiddelik moet opmerk in die gedeelte is dat Jesus ‘n hiperbool gebruik. En die rede hoekom Jesus dit doen is om mense daarop te wys dat hulle moet waak teen hoogmoed, hoogmoed in die sin gaan daaroor om mense te oordeel asof jy beter as hulle is. En daarom wat Jesus van ons verwag is dat ons altyd eers ons eie hart moet oordeel, voor ons ander oordeel. Ons moenie dink ons is beter as ander nie, want ons almal het vir Jesus nodig in elke fasset van ons lewens. Want nie een van ons is bo Hom verhewe nie. So dit gaan nie oor, ons mag nooit oordeel nie, dit gaan egter wel daaroor of ons met die regte gesindheid oordeel en met watter motief ons dit doen. En die motief is nie om te verdoem nie, maar op te restoreer.
‘n Goeie voorbeeld van waar Jesus ons leer om met die uitgangspunt te oordeel, is in Matteus 18:15 – 20. In die gedeelte leer Jesus ons dat dit ons plig is om ‘n mede broer of suster reg te help as hulle iets gedoen het wat nie in lyn is met Sy karakter nie. Dit maak nie saak of hulle osnof ander mense seergemaak het nie. Daarom maak Jesus dit ook duidelik dat ons direk na die persoon moet gaan en met hom of haar moet praat in vertroulikheid. En as die persoon nie tot inkeer wil kom nie dan neem jy een of twee ander gelowiges saam met jou en as hy of sy nog steeds weier dan moet die gemeente ingelig word. En dan word so 'n persoon iemand wat ons weer moet terug moet lei na Jesus toe.
Let op dat ons as gelowiges die broer of die suster wat sonde gepleeg het met groot sorg en liefde moet hanteer. Ons beskinder nie hulle dade met mekaar of met ander nie, dit bly vertroulik. Want nêrens sien ons dat Jesus ons sondes met ander mense gaan bespreek nie, en Hy verwag dieselfde van ons. Daarom maak Jesus dit baie duidelik dat terwyl ons met so ‘n broer of suster werk dat Hy in ons midde is, wat beteken ons kan enige tyd met Hom praat oor die saak sodat Hy vir ons die nodige wysheid kan gee hoe om die bepaalde saak te kan hanteer. Dit beteken ook dat Hy ons verantwoordbaar hou oor hoe ons, ons broer of suster behandel in die geval (Matteus 18:19).
Dis dan duidelik dat uit die konteks kan ons sien dat Jesus van ons verwag dat ons mekaar verantwoordbaar moet hou vir ons dade, en selfs Jakobus sê: “Daarom moet julle julle sondes teenoor mekaar bely en vir mekaar bid sodat julle gesond kan word. Die gebed van iemand wie se saak met God reg is, het ’n kragtige werking.” (NLV 2017) Onthou dat wanneer ons, ons sondes belei doen ons dit altyd in die konteks van gemeenskap. Daarom is dit belangrik dat die mense teenoor wie jy dit bely, dat hulle jou persoonlik ken en dat hulle al 'n lang ruk die pad saam met jou stap as volgelinge van Jesus. Hierdie is nodig dat ek dit sê want vandag se kerk is nie die een van 2000 jaar terug waar daar klein huis kerke was nie. Daarom is dit brood nodig vir enige gelowige om by ‘n kliengroep in te skakel wat ‘n pad saam met hulle stap.
Onthou ook ons verdoem nie die persoon nie, ons probeer hom of haar te restoreer in hulle geloof. Maar wat as so ‘n persoon selfs na al ons moeite gedoen het, nog steeds weier om tot in keer te kom. Wel dan moet ons ‘n ding doen wat baie hartseer is, en dit is om so ‘n persoon uit die gemeenskap van gelowiges uit te werp. Maar hoekom? Wel Paulus sê die volgende in 1 Korintiërs 5:11 - “Wat ek bedoel het, is wat ek nou in hierdie brief bevestig: Julle moenie in die gemeente assosieer met iemand wat op Christenskap aanspraak maak en ten spyte daarvan ’n onsedelike lewe lei of ’n gierigaard of afgodsdienaar of kwaadsteker of dronkaard of swendelaar is nie. Julle moenie eers saam met so iemand eet nie.” (NLV 2017)
Die rede hoekom Paulus dit sê is omdat iemand wat ‘n werklik ‘n dessipel van Jesus is, sal altyd daarna streef om gehoorsaam te bly uit liefde vir Hom. Beteken dit dat hulle perfek gaan wees? Glad nie, elke mens doen sonde en elke mens het Jesus se waarheid, liefde en genade nodig. Maar as ‘n persoon daar op uit is om losbandig te lewe te lei, is so ‘n persoon nie werklik ‘n volgeling van Jesus nie, want niemand kan beide die lig en die duisternis dien nie (1 Johannes 1:6). Hierdie is belangrik veral as die persoon 'n bedreiging inhou vir die res van die gemeenskap. Die bedreiging kan geestelik of fiesies wees, soos die wat vrou Isebel in Openbaring 2:20 - 22 vir die gemeente destyds was.
Maar hoe kan ons dan sê wie ‘n Christen is en wie nie? Wel Jakobus sê dat geloof sonder werke dood is, of anders gestel geloof wat nie werke produseer nie is nie ware geloof nie. En Paulus praat oor die vrug van die gees in ‘n mens se lewe in Galasiërs 5:22, net soos Jesus self gesê het dat ons mense sal ken aan hulle vrugte in Matteus 7:15 – 20. Al die dinge praat van ‘n persoon se karakter. En waar sien ons ‘n persoon se ware karakter? Ons kyk hoe hy ander mense behandel, dis een van die beste plekke waar ‘n mens dit kan sien. Want ‘n ware gelowige sal mense lief hê net soos Jesus hom of haar liefgehad het, of sal ten minste streef daarna, want liefde begin met die keuse om Hom te gehoorsaam (Johannes 13: 34 - 35, 14:15, 15:14 - 15).
Dit is dan duidelik dat ons wel kan onderskei wie ‘n ware gelowige is en wie nie en dat ons verantwoordbaar hou wanneer hulle nie Jesus se karakter ten toon stel nie. Petrus self sê ook baie duidelik dat die oordeel van God begin by Sy famielie (1 Petrus 4:17). Nog ‘n voorbeeld waar God die kerk oordeel is in Openbaring 2 – 3, en Hy doen dit natuurlik sodat die gemeenskap hulleself gedurig kan ondersoek sodat hulle kan sekermaak dat Jesus hulle fokus is en nie allerhande ander dinge nie. Onthou God doen dit nie om die kerk te verdoem nie, Hy doen dit vir haar eie saligheid. Want die kerk se nommer een plig op aarde is om Christus te verteenwoordig en om Hom te verkondig aan elke volk, taal en nasie.
Natuurlik kan ons sien in Openbaring 2 – 3 dat as ‘n gemeente nie wil luister na Christus nie, dat Hy doodeenvoudig net ontrek uit die gemeente. Want God tugtug die wie aan Hom behoort (Hebreërs 12:5 – 6). Moet die kerk perfek wees? Nee sy moet net gehoorsaam wees. Geen gemeente sal ooit perfek wees nie, want die ligaam van Christus bestaan uit gebroke mense, wat soms sonde doen en mekaar seer maak. Daarom speel vergifnis so ‘n belangrike rol in die lewe van elke gelowige (Matteus 18:21 – 35). Daarom moet te alle tye mekaar vergewe en mekaar se laste help dra, omdat ons weet dat ons sondige natuur soms ons fokus afhaal van Jesus af en dan val ons.
Maar wat dan van ongelowiges? Wel Paulus leer ons 1 Korintiërs 5:12 – 13 dat dit nie ons taak is om ongelowiges te oordeel nie, dit is wel ons plig om die binne die geloofsgemeenskap te oordeel. God sal self oordeel oor die ongelowiges, ‘n mens sien dit ook baie duidelik in teks soos Johannes 16:7 – 11; Romeine 1, 2 en 12:19 – 20. "n mens sal opmerk dat in die tekste is dit duidelik dat God reeds ongelowiges oordeel, ons as gelowiges se plig teenoor hulle, is om Jesus met hulle te deel.
Dit klink amper onregverdig om te sê ons moet gelowiges oordeel, maar ongelowiges nie. Maar onthou ‘n ongelowige is blind vir die waarheid hulle doen maar net wat die duiwel wil hê hulle moet doen (1 Korintiërs 2:14, 4:4). Gelowiges aan die ander kant weet van beter, en daarom is dit soms nodig om ‘n gelowige een kant toe te trek en om hom of haar tot verantwoording te roep in die teenwoordigheid van Jesus vir sy of haar eie saligheid. Maar met ongelowiges deel ons net Jesus, die res laat ons oor aan die Heilige Gees wat hulle bewus sal maak van hulle dade en dat hulle ‘n Redder nodig het (Johannes 16:7 – 11).
Slot
So dit is duidelik dat dit nie gaan oor moenie oordeel nie, dit gaan egter meer daaroor oor hoe ons oordeel. En dat ons heel eerste ons eie hart moet ondersoek om te kyk of dit op die regte plek is. En wanneer ons, ons broer of suster oordeel gaan dit daaroor dat ons hulle wil help om hulle fokus weer op Jesus te kry. Ons doen dit wetend dat Jesus saam met ons teenwoordig is en dat ons te alle tye vir wysheid van Hom kan vra wanneer ons dit nodig het. En dat Hy ons verantwoordbaar hou oor hoe ons, ons broer of suster hanteer. Daar is ook dan duidleike karakter eienskappe wat sigbaar is in elke ware gelowige se lewe, en as die eienskappe ontbreek by ‘n persoon moet ons hulle en mekaar verantwoordbaar hou vir wat ons verkeerd gedoen het. Vir die wie nie tot in keer kom nie asosieer ons doodeenvoudig net nie mee nie. En ons doen al hierdie dinge met die mense wie ons ken. Ongelowiges oordeel ons nie, want dit doen God reeds, ons plig is om die waarheid van Jesus met hulle te deel en die res aan die Heilige Gees oor te laat.
Aanhalings
NLV 2017: Nuwe Lewende Vertaling, Christelike Uitgewersmaatskappy, Vereeniging, 1930.
コメント