top of page
Search

Lesse uit Petrus se Lewe

Inleiding

Petrus is seker een van die mees bekendste persone in die Bybel. Dit is hy wat natuurlik Jesus verloën het voor sy kruisiging. Hy was ‘n waaghaals gewees, en wou ook net raak gesien word vir wie hy is. Maar soos al die ander dessipels was hy ook ‘n swakeling gewees al het hy homself so sterk gehou. En Jesus het hom nie verwyt vir dit nie, in teen deel Jesus het geweet watter belangrike werk Petrus eendag vir Hom sou doen. Maar Petrus moes egter eers ontdek het dat die lewe nie so seer oor hom gaan, en dit wat hy kan beryk nie. Petrus moes soos baie van die ander dessipels ontdek het dat die lewe nie al is nie, en dat dit nie oor homself gaan nie maar dat dit einklik alles oor Jesus gaan. En dat die ewige hoop nie in sy omstandighede te finde is nie, maar dat dit in Jesus is, in wie die ewige lewe en erfenis is.


Sou dit hom baie kos? Sekerlik. Sou dit die moeite werd wees? Verseker. Maar kom ons stap bietjie saam met Petrus en kom ons ontdek saam met hom die skat wat nooit sal vergaan nie.


1. Petrus moes Leer wat dit Werklik Beteken om Jesus te volg

Op ‘n dag het Jesus twalf man as apostels aangetsel en uitgestuur om die goeie nuus te gaan verkondig. Petrus ‘n visserman was een van die manne gewees en het aandagtig geluister na alles wat Jesus sê. En eendag toe hoor hy Jesus die volgende sê: ““Hy wat sy vader of moeder liewer het as vir My, is nie werd om aan My te behoort nie; hy wat sy seun of dogter liewer het as vir My, is nie werd om aan My te behoort nie. Hy wat nie sy kruis opneem en My volg nie, is nie werd om aan My te behoort nie. “Hy wat sy lewe wil behou, sal dit verloor; en hy wat sy lewe ter wille van My verloor, sal dit vind.”” (Matteus 10:37 – 39); (1983 Vertaling) Petrus sou natuurlik honderd persent verstaan het wat Jesus gesê het, maar het nog nie op daardie stadium ten volle begryp wat Hy einklik vir hulle gesê het nie.


Die rede hiervoor is Petrus het nog nie werklik begryp wie Jesus was nie. Vir hom en vir die res van die dessipels was Jesus ‘n politiese koning gewees wat hulle kom verlos het van die Romeine. Min het hulle geweet dat Jesus iets baie groter kom doen het as om hulle van hulle tydelike toestand te kom red. Hy het gekom om hulle te verlos van die ewige dood. Petrus het die ontdekking gemaak dat Petrus die Seun van God is, maar die lewe het nog baie oor homself gegaan, want toe Jesus vir hulle sê wat met Hom gaan gebeur toe bestraf Petrus vir Jesus (Matteus 16:13 – 23).


Dit was ook Petrus gewees wat vir Jesus belowe het, dat selfs al hardloop al die ander dessipels weg dat hy nooit Hom in die steek sou laat nie. Maar Jesus het vir hom gesê dat op die oomlik kan hy Hom nie nou volg nie maar later sou hy. Hoekom sê Jesus dit? Want die Heilige Gees was nog nie uitgestort gewees op hierdie oomlik nie, die Gees wat mens die krag gee om getrou te bly aan Jesus tot die dood toe (Lukas 12:12; John 14:15 – 18, 25 – 26, 16:7 – 15; Handelinge 1:8, 4:31 en Romeine 8:26 - 27). Petrus wou dit baie duidelik uit sy eie krag gedoen het en Jesus vir hom op ‘n mooi manier gesê datdit nie nou moonklik sou wees nie.


Maar Petrus wou sterk wees en sê toe vir Jesus sonder om te besin oor wat Hy nou net vir hom gesê het: ““Here, hoekom kan ek U nie nou volg nie? Ek sal my lewe vir U aflê.”” (1983 Vertaling) En toe sê Jesus met baie deernis dat hy Hom die selfde nag nog sou verloën, en dit het presies so gebeur. Petrus verraai toe vir Jesus drie keer en huil toe bitterlik omdat hy sy beste vriend in die steek gelaat het. En wat dit nog erger gemaak het is dat Jesus sou die volgende dag gekruisig en begarwe word.


2. Jesus Vergewe Petrus

Maar ons weet natuurlik dat die dood van Jesus nie die einde was nie, want op die derde dag het Hy opgetsaan. Hy verskyn toe eers aan die vroue wie saam met Hom gerys het in Sy bediening hier op aarde. Natuurlik was die een wie die getuienis oor Sy opstanding aan die dessipels oorgerdra het Maria Magdalena, wat natuurlik ongewoon was vir die tyd (Matteus 28:1 – 10; Markus 16:1 – 8; Lukas 8:1 – 3 en Johannes 20:1 - 18). En toe verskyn Jesus aan die dessipels en sê vir hulle “Vrede vir julle!” (Lukas 24:36), (NLV 2017)


Die dessipels was natuurlik geskok gewees, so geskok dat Jesus die stilte self moet breek en vir hulle sê: Kyk na my hande en my voete: Dis mos Ek self. Vat aan My en kyk! ’n Spook het tog nie vleis en bene soos julle kan sien dat Ek het nie.” Terwyl Hy dit sê, wys Hy vir hulle sy hande en voete.”” (Lukas 24:37 – 40), (NLV 2017) Hulle kon nog steeds uit vrees nie glo dis Hy nie, daarom vra vir hulle om vir Hom iets te gee om te eet. Hulle gee toe vir Hom ‘n stuk gebakte vis en Hy eet dit toe voor hulle. Hy maak dit toe ook aan hulle duidelim dat Hy die vervulling is van alles wat in die Ou Testament staan wat rakende Hom geskryf staan. Nie net vertel Hy hulle nie, maar Hy maak hulle verstand oop sodat hulle uiteindelik kon sien wie werklik voor hulle staan (vers 42 - 45).


Petrus het natuurlik ewe sklielik besef dat dit nie net sy beste vriend was, wat hy verloën het nie, maar dat dit God self was. En tog het Jesus hom nie veroordeel nie.


3. Petrus se Lewe Verander

Dit is duidelik dat Petrus nou werklik weet wie Jesus is, maar dit het nie die las van skuld gevoelens, en die twyfel in sy hart weggeneem nie. En met hierdie las het hy maar saam met die ander dessipels toe terug gegaan na Galilea toe net soos wat Jesus hulle beveel het deur Maria Magdelena (Johannes 20:17). Petrus het maar toe weer vis gaan vang net soos wat hy gedoen het toe Jesus hom die eerste keer ontmoet het. En met eens staan daar ‘n man wat vir hulle sê dat as hulle vis wou vang moet hulle die net aan die regter kan uitgooi. Johannes kom toe agter dat dit nie net enige man is wat daar staan nie maar dat dit Jesus is, en hy sê toe vir Petrus. Petrus het natuurlik dadelik in die water gespring en geswem na Hom toe (Johannes 21:1 -14).


Die hele tyd vandat Petrus vir Jesus in die boonste vertrek weer gesien het, het die woorde van Jesus sekerklik aanhoudend deur sy gedagtes geflits: “Maar as julle My verloën voor die mense, sal Ek julle ook verloën voor my hemelse Vader.”” (Matteus 10:33), (NLV 2017) Hy het goed geweet dat dit wat hy gedoen het was baie sleg gewees, en al wat hy nou wil doen is om jammer te sê vir die Een wie hy in die steek gelaat het. Maar soos wat ons nou sal sien bestraf Jesus Hom weer nie, inteedeel Jesus wil iets aan hom openbaar.


Daarom vra Jesus vir Petrus: Simon, seun van Jona, het jy My waarlik lief, meer as hulle hier? (Johannes 21:15), (1933/53 Vertaling) Petrus het natuurlik vir Jesus drie keer verloën en drie keer vra Jesus vir Petrus hoe lief Hy hom het. Elke keer sê Petrus vir Jesus dat hy Hom lief het, en dat Hy alles weet. Maar die derde keer toe Jesus die selfde vraag vra, toe word Petrus baie hartseer, want toe besef hy dat hy nie werklik lojaal was aan Jesus nie. Maar ten spyte van wat hy verkeerd gedoen het, het Jesus hom weer herstel as een van die elf (Johannes 21:16 – 19). Maar hoekom, hoekom het Jesus Petrus vergewe? Want Hy kon sien dat Petrus regtig berou gehad het oor wat hy gedoen het, en dat hy nou tot die besef gekom wat die lewe werklik oor gaan.


4. Om Waarlik te Lewe is Christus

Baie van ons maak soos wat Petrus gemaak het. Ons leef net vir onself, en ons is baie keer meer besorg oor hoe suksesvol ons is, of hoe ryk, hoe waardevol ons is. En dan mis ons vir Jesus in die proses. Want die lewe gaan einklik oor Hom. En dis presies wat Petrus ondek het. Paulus self het hierdie kosbare waarheid in sy eie lewe ingebou want hy sê die volgende in Galasiërs 2:20: “en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê.” (1983 Vertaling)


En Petrus het ook die ontdekking genaak, dat omdat Jesus Sy lewe vir my gegee het, gee ek nou my lewe vir Hom. Nie net gee Hy sy lewe vir jou nie, maar Hy gee vir jou die Koninryk wat nooit sal vergaan nie. Dis hoekom Jesus vir die dessipels op ‘n kol gesê het: “Moenie vir julle hier op aarde skatte bymekaarmaak waar mot en roes dit wegvreet en diewe inbreek en roof nie. Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar waar geen mot en roes dit sal kan bykom nie, en waar diewe nooit sal kan inbreek en roof nie.” (Matteus 6:19 – 20), (NLV 2017)


Dis ook hoekom Paulus die volgende gesê het: “Om hierdie rede word ons nie moedeloos nie. Al is ons uiterlik besig om te vergaan, innerlik word ons van dag tot dag vernuwe. Ons swaarkry in hierdie lewe is maar gering en gaan verby, maar dit loop vir ons uit op 'n heerlikheid wat alles verreweg oortref en wat ewig bly. Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.” (2 Korintiërs 4:16 – 18), (1983 Vertaling)


Slot

Ons hoop is nie gevestig net in hierdie lewe nie, dis gevestig op en in Jesus. Want Hy is die lewe van God deur wie ons ‘n erfenis verkry wat nooit sal vergaan nie. Kos dit baie om ‘n Christen te wees? Ja. Petrus self het met sy lewe betaal toe hy ondersteboë gekruisig was in Rome. En hoekom was hy ondersteboë gekruisig? Omdat hy onwaardig gevoel het om soos Jesus gekruisig te word. Tot op die einde het die lewe nie meer oor Petrus gegaan nie, maar oor Jesus. En as jy die lewe leef saam met Jesus dan is dit die moeite werd, want Hy is ons hoop, Hy is God met ons en in ons deur die werking van die Heilige Gees (Kolossense 1:27).


Werk Aangehaal

NLV 2017: Nuwe Lewende Vertaling Bybel, Christelike Uitgewersmaatskappy, Vereeniging,1930.


1983 Vertaling 2007: 1983 Vertaling van die Bybel, Bybelgenootskaping van Suid Afrika.


1933/53 Vertaling 2009: 1933/53 Vertaling van die Bybel, Bybelgenootskaping van Suid Afrika.



 
 
 

Recent Posts

See All
Die Kosbaarheid van die Seun

Wie is Jesus en waarom is Hy so belangrik? Wel hierdie vraag is geweldig belangrik want dit bepaal ons hele lewe. Dit bepaal wat ons dink...

 
 
 
Geroep om soos Jesus te word

Wat dink jy iemand is wat geroep is om ‘n verskil te maak in hierdie wêreld? Baie mense het in die verlede en selfs vandag gedink dat...

 
 
 

Comments


© 2023 by Marketing Inc. Proudly created with Wix.com

bottom of page