top of page
Search

Leierskap met Karakter

Ek het die afgelope ruk 1 en 2 Timoteus gelees en die een gedeelte wat vir my uitgestaan het, en wat my redelik lank aan die dink gehad het was 1 Timoteus 3:1 – 7 waar Paulus praat oor die karakter eienskappe wat ‘n persoon moet hê as hy of sy ‘n gemeente wil lei. Paulus begin in die gedeelte deur te sê dat as iemand begeer om ‘n leier binne ‘n gemeente te wil wees, of dit nou ouderling, diaken, dominee of pastoor is, moet hulle besef dat dit ‘n geweldige belanrike rol is, en dus kan nie almal leiers wees nie. Die rede hoekom Paulus dit sê is omdat God meer verwag van mense wie as leiers dien in Sy gemeente. Jakobus 3:1 stel dit ook baie duidelik: “My vriende, daar moenie te veel van julle wees wat die ander in die gemeente wil leer nie. Dit is ’n verantwoordelike werk.God stel strenger eise aan sulke mense. Wanneer Hy ons finaal oordeel, sal Hy dié wat ander geleer het volgens daardie strenger eise beoordeel.” (Die Boodskap 2015)

Dis duidelik dat leierskap nie ‘n ligte saak is nie, en byde Paulus sowel as Jokobus het verstaan dat dit nie gaan oor wat mense dink ‘n leier moet wees nie, maar wat God daaroor dink. Paulus begin onder andere deur te sê: Want ’n ouderling moet ’n man wees teen wie se lewe niks ingebring kan word nie. Hy moet aan sy vrou getrou wees. Hy moet selfbeheersing aan die dag lê, met wysheid lewe en ’n goeie reputasie hê. Hy moet gasvry wees en onderrig kan gee.” (1 Timoteus 3:2), (NLV 2017) Dit wat Paulus hier sê geld nie net vir getroudes nie, maar selfs vir ongetroudes soos hyself ook hier was, want as jy jou ouers eer sso wat God van jou verwag, dan is jy reeds besig om leierskap in jou eie lewe toe te pas. Dit sluit ook natuurlik in, dat as ongetroudes moet ons ook ons mede sisters in Christus met respek behandel, want as jy ‘n goeie man of vrou wil wees eendag dat begin dit by jou. Nou dit beteken nie dat ‘n mens perfek is nie, maar dat ‘n mens strewe daarna om gehoorsaam te wees aan God, en aan die wie Hy bo jou geplaas het en dat jy met integriteit sal leef. As ‘n mens so leef dan kan mense niks slegs van jou sê nie, byde in die gemeente en buite die gemeente, dit beteken dat ‘n leier so moet leef dat selfs al soek mense iets teen hom of haar dat daar geen bewyse teen hulle sal wees nie. ‘n Leier moet ook gasvry wees soos wat Jesus was, met ander woorde ‘n leier moet toeganklik wees, en moet ook ander mense kan onderig. Dit sê vir ons dat enige iemand wie werklik ‘n leier in die gemeente wil wees moet die skrif baie goed ken omdat dit deur die Bybel is wat ons Jesus leer ken, hoe Hy dink, glo en doen.

Nog ‘n ding wat Paulus sê wat geweldig belanrik is, is Hy moet ook nie ’n drinker of ’n bakleier wees nie. In plaas daarvan dat hy die hele tyd skoorsoek, moet hy eerder vriendelik wees. Geld moet ook nie sy baas wees nie.” (1 Timoteus 3:3), (Die Boodskap 2015) ‘n Drinker verwys na iemand wie hom of haarself vergryp aan drank of enige ander verslawing, en iemand wat die heeltyd wil baklei is iemand wat die heeltyd hulle agenda bo God, en bo die gemeente plaas. Ons as leiers moet altyd daarteen waak om ons agenda nooit eerste te plaas nie, want kerkwees gaan nie oor ons nie, dit gaan eerder oor Christus wie die middelpunt van alles is (Kolossense 1:15 – 20). Dus wanneer Christus ons bron is, dan sal en kan ons mense met vriendelikheid en liefde behandel soos wat Hy van ons verwag (Johannes 13:34 – 35). Paulus sê ook dat geld nie ‘n leier se baas moet wees nie, en dit is baie belangrik, want as daar een ding is wat mense weg kan lei van die Here af, dan is dit geld. Paulus sê self in 1 Timoteus 6:10 – “Want die liefde vir geld is die wortel van alle soorte kwaad. En sommige mense wat geld begeer, het weggedwaal van die geloof en hulleself met baie ellende deurboor.” (NLV 2017) Ja geld kan ‘n mens weglei van die Here af veral as dit jou bron begin word, want dan leef jy nie meer vir Hom nie, maar vir jouself, want die waarheid is dat die evangelie gaan nie oor jou sukses, drome of ambiesie nie, dit gaan oor die eer en glorie van God. En as jy Hom eer en vir Hom leef dan gaan jy ontdek dat jy werklik gelukkig is in Sy teenwoordigheid met wie Hy jou gemaak het om te wees, en as jy van hierdie plek af kan lei dan maak dit ‘n groot verskil nie net in jou lewe nie, maar ook in die van die gemeente sin. Dus wanneer dit by geld kom moet jy seker maak dat jou skat by Jesus lê, en nie by die dinge wat vergaan nie (Matteus 6:19 – 34).

Nog ‘n ding wanneer dit kom by karakter eienskappe wat leiers moet hê, is ons as leiers moet besef dat die eerste bediening wat God aan ons toevertrou het is ons eie huisgesin, of dit nou jou vrou, ma, pa of boetie is bly dit die belanrikste bediening omdat ons duer die bediening Christus en Sy kerk verteenwoordig (Efesiërs 5:21 – 6:1 – 4). Dis hoekom Paulus sê: “Hy moet ook mooi na sy gesin kyk en sorg dat sy kinders respek vir hom het en na hom luister. (As iemand nie eens sy eie gesin goed kan hanteer nie, hoe op aarde sal hy dan na die gemeente kan kyk?)” (1 Timoteus 3:4 – 5), (Die Boodskap 2015) Hierdie sê vir ons dat as ons nie betroubaar is wanneer dit kom by ons eie huisgesin nie, dan kan ons ook nie vetrou word met die gemeente van Christus nie. Soos die ou spreekwoord lui: “Charity begins at home.” Weereens beteken dit geensins dat ‘n leier perfek is nie, maar dat hy of sy met eerlikheid en opregtheid voor God en voor ander mense leef. Hulle is met ander woorde dieselfde persoon of dit nou is wanneer hulle alleen is of tussen ander mense. Leiers moet ook ‘n binnekring hê wie hulle verantwoordbaar kan hou wanneer hulle nie hulle verantwoordelikhede nakom nie.

Laastens moet ‘n leier ook nie iemand wees wie onlangs die Here ontmoet het nie, omdat so ‘n persoon nog onvolwasse is. Jong Christine se karakter is nog nie baie sterk nie, en dus as ‘n mens so ‘n persoon in ‘n leierskaprol gaan plaas dan gaan hy of sy se ego in pleks van hulle karakter gebou word en dit gaan glad nie goed vir hulle verhouding met die Here wees nie, inteendeel dit kan hulle seer maak in die proses (1 Timoteus 3:6). Dus vir iemand om in leierskap te kan wees moet hulle geloof so gevestig wees in Jesus, dat Hy hulle bron is. En dan laastens herhaal Paulus wat hy gesê het in vers 2 en dit is: Nie-Christene moet niks slegs kan sê van die leier van die gemeente nie, want anders sal die duiwel alles in die wiele ry wat die leier doen.” (1 Timoteus 3:7), (Die Boodskap 2015) Met ander woorde die evangelie ly dan skade omdat die persoon nie leef soos wat Christus van hom of haar verwag nie.

Dus is dit duidelik dat as dit kom by leierskap gaan dit nie vir God oor die begaafdheid van ‘n persoon, of hoe hy of sy lyk nie, nee, dit gaan vir God oor hulle karakter, of hulle Hom ken en dat hulle streef om Hom te volg en te doen wat Hom eer, want soos ons reeds vir mekaar gesê het, gaan die evangelie nie oor jou nie, maar oor Jesus en dit wat Hy wil hê. As ons strewe om sulke leiers te wees dan sal die wêreld Jesus in ons kan sien. En as kerk glo ek moet ons ook leiers aanstel soos wat Jesus dit sou doen, en dit is, karakter eerste, begaafdheid tweede. Soos wat Warren Buffett gesê het: “In looking for people to hire, look for three qualities: integrity, intelligence and energy. And if they don’t have the first the other two will kill you.”

 
 
 

Recent Posts

See All
Die Kosbaarheid van die Seun

Wie is Jesus en waarom is Hy so belangrik? Wel hierdie vraag is geweldig belangrik want dit bepaal ons hele lewe. Dit bepaal wat ons dink...

 
 
 
Geroep om soos Jesus te word

Wat dink jy iemand is wat geroep is om ‘n verskil te maak in hierdie wêreld? Baie mense het in die verlede en selfs vandag gedink dat...

 
 
 

Комментарии


© 2023 by Marketing Inc. Proudly created with Wix.com

bottom of page