top of page
Search

Jesus, Meer as net ‘n Wonderwerker

Jesus het sopas vir Sy dissipels gesê wat dit sal kos om Hom te volg en het toe weer in die vissersboot geklim, die dissipels het Hom natuurlik gevolg (Matteus 8:23). Daar het toe meteens ‘n geweldige storm losgebars oor die See van Galilea en die storm was so geweldig gewees dat die branders in die skuit begin breek het, en Jesus, wel, Hy het rustig in die skuit gelê en slaap op ‘n kussing (vers 24). Die dissipels se reaksie was maar soos wat enige ander mens sin sou gewees het. Hulle was benoud gewees, en in hulle benoudheid het hulle Jesus wakker gemaak en vir Hom gesê: “Here, red ons, ons vergaan!” (vers 25), (1953 vertaling) Hierdie was erfare vissermanne gewees en tog was hulle bang gewees. Dit sê vir ons dat die storm iets buitengewoon was en dat Jesus die storm gebruik het om hulle geloof te toets en te versterk om geheel en al op Hom te vertrou (van Zyl 2019:1618).

Die dissipels se geloof was op die stadium maar bitter klein gewees en daarom sê Jesus vir hulle: “Waarom is julle bang, kleingelowiges?” Toe staan Hy op en bestraf die winde en die see, en daar het 'n groot stilte gekom.” (Matteus 8:26), (1953 vertaling) Die dissipels was baie duidelik nie ongelowige nie, maar slegs kleingelowig. Hulle het dus nog nie voledig begryp wie Jesus werklik was nie, en daarom het hulle ook gesukkel om voledig op Hom te vertrou. Die feit dat Jesus net deur ‘n woord die wind en die see bestraf het, en dit Hom gehoorsaam het wys vir ons dat Jesus God self is wat net soos in die Ou Testament ‘n bevel aan die natuur kon gee en dit het Hom gehoorsaam (2 Samuel 22:16 en Psalm 18:15). Die dissipels het dit opgelet, en daarom sê hulle toe: “Wat vir 'n mens is Hy, dat selfs die winde en die see Hom gehoorsaam is?” (vers 27), (1953) Die manne met groot skok agter gekom dat die rabbi wat hulle volg nie net bloot ‘n menslike Messias is nie, maar dat Hy die Almagtige self is wie die heeltyd saam met hulle gewandel het (Wilkins 2011:1978).

Wat Jesus baie duidelik hier vir die dissipels gewys het is dat Hy nie maar net nog ‘n rabbi of ‘n plotiese Massianse figuur is wat gekom het om die lewe makliker te maak vir hulle nie. Nee Hy is veel meer as dit Hy is God met hulle is. Ons sukkel ook maar om te besef dat God met ons is en dat maak nie saak wat gebeur nie Hy verlaat ons nooit. Inteendeel dit is Hy wat ons deur die valleie van die lewe lei en ons neem tot by die ander kant. Dit is ook Hy wie die lewende water is, die weg, waarheid en die lewe. Hy moet ons brons wees selfs al werk dinge nie uit nie. Die vraag vir 2023 vir elkeen vir ons moet wees. Is Jesus genoeg? Want Hy is die hemel self en om Hom by jou te hê is die grooste troos en die oomblik wat ‘n mens dit besef dan gaan jou geestelike oë oop en besef jy dat Hy die heeltyd daar is en dat Hy op vreemde maniere op vreemde plekke vir jou voorsien.

Vir my is die skrifte vir die jaar dan die volgende: “Dit is my geliefde Seun in wie Ek 'n welbehae het. Luister na Hom!” (Matteus 17:5), (1953 vertaling) en “En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.” (Matteus 28:20), (1953 vertaling) Mag jy werklik ontdek wie Jesus is en mag jy ook in Hom die heerlikheid, genot en vrede van God geniet.

Werke Aangehaal

1953 vertaling: Die 1953 vertaling van die Bybel, Die Bybelgenootskap van Suid Afrika


 
 
 

Recent Posts

See All
Die Kosbaarheid van die Seun

Wie is Jesus en waarom is Hy so belangrik? Wel hierdie vraag is geweldig belangrik want dit bepaal ons hele lewe. Dit bepaal wat ons dink...

 
 
 
Geroep om soos Jesus te word

Wat dink jy iemand is wat geroep is om ‘n verskil te maak in hierdie wêreld? Baie mense het in die verlede en selfs vandag gedink dat...

 
 
 

Commentaires


© 2023 by Marketing Inc. Proudly created with Wix.com

bottom of page