top of page
Search

Christus se Liggaam Leef Radikaal Anders

Dit is Pinkster dag en daar het sopas 3000 mense hul bekeer tot Jesus Christus, en is toe gedoop en bygevoeg tot die ander gelowiges. Hierdie dag staan bekend as die geboorte van die eerste kerk (Handelinge 2:1 – 41). Die eerste kerk was radikaal anders as vandag se kerk gewees in die sin dat hulle nie baie gehad het nie, want in die dae het geen gelowige sy of haar eie Bybel gehad nie, dit was doodgewoon te duur. Almal moes dus na die naaste sinagoge toe gegaan het om te hoor hoe die Woord uit die Ou Testament voorgelees was, hulle het ook natuurlik geen Nuwe Testament gehad nie, maar het dit wel later ontvang in die form van briewe wat geskryf was deur Aposteliese gemeenskap. Ons as gelowiges het dus baie om voor dankbaar te wees, want elkeen van ons kan die Bybel lees sonder dat ons vervolg word, en die rede hoekom ons dit kan doen is omdat die manne en die vroue van ouds hule lewe neergelê het vir die ongelooflike unieke boek. Om nie te praat van ond mede broers en susters wat vandag vervolg word nie. Dit is dus belanrik om terug te kyk in die geskiedenis oor dit wat God gedoen het in en deur die vroë kerk, ‘n kerk wat gereeld deur beproewing gegaan het, ‘n kerk wat verstaan het wat dit beteken om Jesus waarlik te volg en lief te hê. ‘n Kerk wat die Goeie Nuus oor Jesus Christus bewaar het sodat ons dit ook vandag kan hoor, en versoen kan word met God.

In Handelinge 2 onder andere is daar baie wat ons kan leer. In vers 42 sien ons die volgende: En hulle het volhard in die leer van die apostels en in die gemeenskap en in die breking van die brood en in die gebede.” (1953 vertaling) In die gedeelte sien ons dat die gelowiges volhard het in die leer van die Apostels wat alles gegaan het oor die persoon en werke van Jesus Christus. Die Apostels sou ook heelwaarskynlik terug gewys het na die Ou Testamentiese geskrifte, omdat hulle verstaan het dat die kern van dit alles Christus self was en is. Ons sien ook dat die gelowiges saam geleef het as ‘n gemeenskap en dat hulle saam brood gebreek het. Om saam te leef as gemeenskap is natuurlik iets wat ontbreek by ons as Westerlinge, want ons is baie meer individualisties as wat ons besef, want ons baie keer meer besorg oor onself as wat ons regtig bekommerd is oor ander mense. Ons moet eerlik wees hieroor want Jesus daag ons uit om op ‘n hoër standaard te leef (gaan lees gerus Matteus 5 – 7).

Ons sien ook natuurlik dat die eerste kerk gereeld saam geeët en gereeld tyd met die Here afgesonder het. Om saam met mense te geeët het in die antieke tyd was geweldig belanrik gewees, want dit het gesê dat jy vereenselwig jouself met die mense, jy is deel van ‘n spesifieke groep mense. Dus moet ons, onself afvra, wat het die kerk in die tyd in gemeen gehad? Wel die antwoord is Jesus Christus self wie hulle as Redder en Heer erken het. Jesus was vir hulle genoeg gewees, omdat Hy meer wardevol was enige iets wat hierdie wêreld ooit vir hulle kon bied. Hy was met ander woorde hulle bron gewees. Dis hoekom hulle ook radikaal anders geleef het, soos wat gesien kan word in Handelinge 2:43 – 44 wat sê: “En vrees het op elkeen gekom, en baie wonders en tekens het deur die apostels plaasgevind. En almal wat gelowig geword het, was bymekaar, en het alles gemeenskaplik besit.” (1953 vertaling) Die vrees wat hiervan gepraat word, het dit doen met ‘n eerbiedige respek vir die Here, dit was uiteraard Hy wat die verskil gemaak het in die gelowiges se lewens. Want deur die krag van Sy Gees het Hy hulle harte getransformeer, en splinter nuut gemaak, dis hoekom die gelowiges so radikaal anders kon geleef het (2 Korintiërs 5:17).

Die gelowiges het ook baie duidelik verstaan dat die besittings wat hulle gehad het, nie hulle sin was nie, maar dat dit uit God se hande gekom het. Daarom het hulle die volgende gedoen: En hulle eiendomme en besittings het hulle verkoop en die opbrings onder almal verdeel, volgens wat elkeen nodig gehad het.” (Handelinge 2:45), (1953 vertaling) Hoe baie keer voel ons nie soms dat die dinge wat ons besit aan ons behoort nie, en dan vergeet ons waarvandaan dit kom. Die gelowiges in die Handelinge kerk het geweet dat Jesus hulle bron moet wees, want dis Hy wie bepaal wie hulle is, en wat hulle het. Jesus was inderdaad die middelpunt gewees van die vroë kerk en daarom kon hulle alles gedeel het. Dit herinner baie sterk aan Paulus se woorde toe hy Jesus direk aangehaal het: “Ek het julle in alles getoon dat ons deur so te arbei die swakkes moet help en die woorde van die Here Jesus moet onthou, dat Hy gesê het: Dit is saliger om te gee as om te ontvang.” (Handelinge 20:35), (1953 vertaling) Nou dit beteken geensins dat die kerk perfek was nie, glad nie. Hulle het ook maar net soos ons hulle foute gehad. Maar met ‘n verskil hulle was eerlik gewees oor hulle foute en het dit geadriseer soos wat Jesus van hulle verwag het. Nooit het die kerk sonde verskoon of iemand in sy of haar sonde bevestig nie, want om werklik iemand lief te hê is om hulle verantwoordbaar te hou en hulle te rig na Christus toe. Die vroë kerk het dit baie goed verstaan, en dis iets wat ek dink die moderne kerk verloor het. Vat byvoorbeeld briewe soos 1 Korintiërs en Galasiërs in altwee die briewe was Paulus woedend gewees vir die twee gemeenskappe, omdat hulle weggedraai het van Jesus af. Daarom het hy hulle berispe, en toe weer opnuut herinner aan wat die evangelie oor alles gaan, en dat daar geen ander redding buite Christus is nie.

Dis duidelik dat ons as kerk baie van ons broers en sisters van die verlede kan leer. Ons moet ook soms weer opnuut leer wie Jesus is, en wat dit beteken om Hom te volg, want dis Hy wat die verskil maak. Kerk wees gaan in die eerste plek nie oor die mooi musiek, die koffie of die lekker samesyn nie, maar oor Wie dit alles draai. As Jesus nie die middelpunt is nie, dan doen ons alles vir niks. Laat ons dus weer opnuut dink wie Jesus is en wat dit beteken om Hom as gemeenskap te volg in liefde.

Werke Aangehaal

1953 vertaling: Die 1953 vertaling van die Bybel, Die Bybelgenootskap van Suid Afrika


 
 
 

Recent Posts

See All
Die Kosbaarheid van die Seun

Wie is Jesus en waarom is Hy so belangrik? Wel hierdie vraag is geweldig belangrik want dit bepaal ons hele lewe. Dit bepaal wat ons dink...

 
 
 
Geroep om soos Jesus te word

Wat dink jy iemand is wat geroep is om ‘n verskil te maak in hierdie wêreld? Baie mense het in die verlede en selfs vandag gedink dat...

 
 
 

Kommentare


© 2023 by Marketing Inc. Proudly created with Wix.com

bottom of page