Jesus is die Verskil
- The Shepherd's Way Ministries
- Sep 5, 2022
- 5 min read
Paulus, Timoteus, en Silas het ‘n boodskap ontvang deur die Heilige Gees dat hulle moes vertrek na Masedonië toe waar hulle ‘n groepie vrou aangtref het by ‘n Joodse bidplek in Filippi (Handelinge 16:11 – 15). Die rede hoekom Paulus nie in ‘n sinagoge gepreek soos wat sy gewoonte was nie, was omdat Filippi nie ‘n sinagoge gehad het nie, en daarom het hy by die Gangitesrivier die evangelie met die vroue meegedeel. Tussen hulle was daar ‘n vrou met die naam Lidia gewees wie ‘n invloedryke sakevrou was, sy was onder andere die eerste vrou in Europa gewees wat die evangelie geglo het, en sy het ook ‘n baie belanrike rol gespeel in die vroeë kerk, omdat sy haar huis oopgestel het vir die gelowiges, en so het Jesus Sy kerk gestig deur die gebeure in Filippi. Dit was ook vir die gemeente wat Paulus natuurlik ‘n baie persoonlike brief later geskryf het vanaf Rome in die jaar 61 n.C., wat ons natuurlik ken as Filippense (Du Plessis 2007:1690 – 1691), (van Zyl 2019:1922).
Hulle is toe klaar by die bidplek en gaan toe verder, en terwyl hulle oppad was na nog ‘n bidplek, kom daar ‘n slavin agter hulle aan met ‘n waarsêers gees in haar, sy het onder andere vir haar eienaars geweldig baie geld ingebring as gevolg van die bose gees wat haar bonatuurlik vermoëns gegee het (Guzik 2017). Terwyl Paulus, Timoteus, en Silas oppad was, het sy al agter hulle aangegaan en klip hard gepreek het: ““Hierdie mense is diensknegte van God die Allerhoogste! Hulle verkondig aan julle die pad na verlossing.”” (Handelineg 16:16 – 17), (NLV 2017) Dit wat die vrou sê is natuurlik waar,die probleem is egter dat sy dit nie deur die krag van die Heilige Gees sê nie, maar deur ‘n bose gees, en dis hoekom Paulus na baie dae geweldig geïrteerd geraak het, en toe net daar die bose gees in die naam van Jesus uitgedryf het (vers 18). Die rede hoekom Paulus dit gedoen het, is omdat hy op geen manier kon toelaat dat die evangelie geassosieer word met bose geeste nie. Hulle is in elkgeval bestem vir die verderf en het daarom geen reg om die evangelie te verkondig nie, daardie vooreg is net bedoel vir mense wie hulle knee gebuig het voor Jesus.
Natuurlik was haar eienaars glad nie ingenome gewees met wat Paulus gedoen het nie, want ewe skielik het hulle nou nie meer ‘n inkomste nie. Daarom het hulle die hele stad in beroering gebring, en vir almal gesê dat die manne na die stad toe gekom het om moeilikheid te maak, en boonop dat hulle Jode ook is. Hulle leer ook volgens hulle van gebruike wat volgens hulle Romeinse kultuur nie aanvaarbaar is nie. Die stadsowerhede gryp toe vir Paulus en Silas, en skeur hulle klere af van hulle lywe af, en slaan hulle toe met stokke. Hulle is daarna in die tronk gegooi, en net om seker te maak dat hulle nie kan ontsnap nie, het hulle Paulus en Silas in die middel van die tronk gesit waar die ergste misdadigers gewoonlik gehou was (Handelinge 16:19 – 24). Die tronke van die dag moet ons ook verneem, was glad nie soos vandag se tronke gewees nie, waar jy ‘n warm bed, badkamer geriewe of selfs gereeld kos en water gehad het nie. Nee, as jy ‘n misdadiger was het jy geeët wanneer die bewaarder vir jou kos gegee het, en water gekry as hulle nie van jou vergeet het nie. Byde Paulus en Silas kon dus op geen manier aanspraak op hulle menseregte nie, want dit het nie in die tyd bestaan nie.
Dis duidelik dat byde Paulus en Silas die regte dinge gedoen het deur om die demoon uit die slavin uit te gedryf het, en nou, nou sit hulle in die tronk. Dis inderdaad ‘n hopelose situasie, een waaruit hulle nie kan kom nie, en tog het Paulus en Silas iets merkwaardigs gedoen, hulle het teen middernag begin om tot God te bid, en Hom met lofliedere te loof en te prys te midde van hulle omstandighede. Die ander gevangenes het natuurlik na hulle gesit en luister en toe skielik begin die aarde geweldig te skud, dit was so geweldig gewees dat al die tronkdeure oopgevlieg het en selfs die kettings van die gevangenes losgebreek het. Die tronkbewaarder het toe wakker geskrik en toe hy sien wat gebeur het, wou hy homself doodmaak. Maar Paulus skree toe vir hom: ““Moenie jouself iets aandoen nie! Ons is nog almal hier!”” (Handelinge 16:25 – 30), (NLV 2017) Die oomlik toe Paulus dit sê, vra die tronk bewaarder vir lig, en hardloop al bewende na Silas en Paulus toe, en vra toe vir hulle iets baie kosbaar, en dit is: ““Menere, wat moet ek doen om verlos te word?”” (Handelinge 16:30), (NLV 2017)
Die heel moonklik dat die bewaarder iets van die evangelie gehoor het terwyl Paulus en Silas gesing het (Polhill 2011:2307). Hy het ook baie duidelik besef dat die aardbewing nie ‘n blote natuurlikverskynsel was nie, maar dat dit bonatuurlik van aard was, en daarom vra hy die vraag. Paulus en Silas se antwoord aan die man was: ““Glo in die Here Jesus, en jy sal verlos word, jy en al die lede van jou huishouding.”” (Handelinge 16:31), (NLV 2017) Die bewaarder en sy gesin het toe net daar hulle lewe vir die Here Jesus gegee, hy het Paulus en Silas se wonde versorg, en toe is hy en sy gesin gedoop. Die doop is natuurlik die simbool van ons sterwe van ons ou lewe, en ons opstanding van ons nuwe lewe in Jesus Christus (Romeine 6:4). Dit is met ander woorde die teken dat ons nou deel geword het van die famielie van God.
Dis duidelik dat vir Paulus en sy navolgers was Jesus alles gewees, in die sin dat Hy van meer waarde was as enige iets wat hierdie wêreld ooit kon bied. Ja Paulus was deur storms gewees, maar met ‘n verskil, Jesus was saam met hom in die skuit gewees. Nooit het Paulus of sy volgelinge alleen gevoel in hulle omstsandighede nie, want Jesus was die verskil gewees. Hy het hulle deurgedra deur die storms, en het so hulle geloof in Hom versterk. Jesus self het mos vir die dissipels gesê: “Ek is vir altyd by julle, tot aan die einde van die wêreldgeskiedenis.”” (Matteus 28:20), (NLV 2017) Jesus is inderdaad die verskil in ons storm, wat ons vesterk, wat ons dra en wat ons versterk. Hy is die een wat vir ons vrede gee, selfs al lyk dit of alles uitmekaar uit val, want Hy is die grootste deurbraak in enige iemand se lewe, want buit Hom is daar geen lewe nie (Johannes 1:4 – 5).
Werke Aangehaal
Du Plessis I J 2007: Handelinge, In Die Bybel in Praktyk, Christelike Uitgewersmaatskappy, Vereeniging
NLV 2017: Nuwe Lewende Vertaling Bybel, Christelike Uitgewersmaatskappy, Vereeniging,1930.
Polhill 2011: Acts, In LT Dennis, W Grudem and JI Packer (eds), The ESV Study Bible (Large Print), Wheaton, IL:Crossway Bibles 2011.
van Zyl H 2019: Handelinge, In die Tematiese Studiebybel, Christelike Uitgewersmaatskappy, Vereeniging.
Comentários