Jesus in my Krises
- The Shepherd's Way Ministries
- Apr 24, 2023
- 3 min read
Krises, moeilikheid en alles negatief is dinge wat ons baie keer weg stamp van ons. Maat as ‘n mens die Nuwe Testament gaan lees sal jy sien dat die eerste gelowiges dit omhels het. Een van die verhale waar ‘n mens dit die duidelikste raak sien is in Handelinge 16:16 - 40 waar Paulus en Silas in die tronk gegooi was nadat hy ‘n waarsêers gees uit ‘n slavin gedryf het wat baie geld vir haar eienaars ingebring het. Daarom het hulle vir Paulus en Silas saam met ‘n goort skare na die regters toe gebring. Die regters het toe beveel dat Paulus en Silas gegesel moes word wat al klaar ‘n baie swaar straf was en dat hulle onmiddelik in die tronk gestop moes word.
Die sel wat Paulus hulle gekry het was in die binneste gedeelte van die gevangenes gewees. Hierdie sê vir ons dat hulle die twee manne alhoewel hulle onskuldig was soos die gevaarliskte misdadigers behandel (Du Plessis 2007:1694). Ons moet ook net verneem dat in die tyd was tronk aaklige plekke gewees waar jy vasgemaak was in houtblokke en waar jy in jou eie vloeistowwe gesit het. Bonop het die soldate soms vergeet om vir jou kos en water te gee. Die tronke het dus geweldig gestink as gevolg van die swak higiëne en die feit dat baie mense doodgegaan het in die tronke.
Hierdie was Paulus en Silas se situasie gewees en wat merkwaardig was is dat nie een van hulle gekla het nie. Want hulle het dit verwag, hulle het geweet dat die dag toe hulle Jesus begin volg het, het hulle gesterf tot hulle eie selfgesintreede lewe en nou, nou leef hulle vir Hom selfs al beteken dit hulle ondergang want hulle weet hulle is veilig in Sy arms. Dis hoekom hulle teen middernag begin het om te bid en begin het om die Here te loof en te prys en tewyl hulle die Here loof en rys, het daar ‘n geweldige aardbewing gekom (Handelinge 16:25 - 26). Die aardbewing was so geweldig gewees dat al die tronkdeur oopgeswaai het en toe die hoof tronk bewaarder dit sien wou hy homself doodmaak en vrees dat die gevangenes dalk ontsnap het (vers 27).
Dis toe wat Paulus uitroep na die wag toe: “Moenie jouself kwaad aandoen nie, want ons is almal hier.” (Handelinge 16:28), (1953 vertaling) Dis toe wat die man vir Paulus en vir Silas vra wat hy moet doen om verlos te word. Hulle het toe vir hom gesê om sy geloof in Jesus te plaas. Dis toe wat hulle met hom en sy hele gesin die evangelie deel. Hy het toe hulle wonde versorg en is toe net daar saam met sy gesin gedoop (vers 29 – 33).
Dis duidelik dat Paulus en Silas ‘n krises beleef het waar dit gelyk het of daar geen hoop is nie en ek weet nie wat jou krises is vandag nie of waar jy jouself bevind nie. Maar as dit een ding is wat ek weet is dat die Here met jou is in jou krises net soos wat Hy saam met Paulus en Silas was. Vestig jou oë op Hom en luister na wat die Vader vandag sê: “Dit is my geliefde Seun in wie Ek 'n welbehae het. Luister na Hom!” (Matteus 17:5), (1953 vertaling) Hier is waar jou deurbraak in die storm of krises lê, om jou oë te vestig op die Een wie groter is as die storm, om te fokus op die een wie die heerlikheid, vreugde en vrede van God self is wie wil hê dat jy Hom in jou krises kan beleef en wie jou wil en kan help om deur die krises of storm te kan kom. Hou vas aan Hom en beleef die wonde van God self.
Werke Aangehaal
Du Plessis I J 2007: Handelinge, In Vosloo W en Janse van Rensburg F (Redakteurs), Die Bybel in Praktyk, Christenlike Uitgewersmaatskappy, Vereeniging, 1930
Comments