top of page
Search

Jesus het ook vir die Obelanrikes Gekom

Dis die jaar 2022 en dis Kersfees tyd. Daar is liggies wat skyn, daar is liedjie wat speel in elke winkel, en dan is daar selfs van die lekker kos wat famielies saam gaan geniet en hoe kan ons vergeet van al die geskenke. Al die dinge het natuurlik iets moois in, en die Here het dit ook so bestem, sodat ons dit kan geniet. Maar ons moenie vergeet waaroor die feesgety waarlik gaan nie. Want Jesus gekom vir alle soorte mense selfs die onbelanrikes wie baie keer in ons samelewing oorgekyk word. Dit kan dalk ‘n bomelaar wees, ‘n vyand met wie iemand nie mee versoen het nie, ‘n famielie lid wie jy lanklaas gesien het. Jesus self het met die onbelanrikes van die samelewing uitgehang, dit was die mense wie niemand iets mee te doen woun gehad het nie. Die vreemdes wie niemand versrtaan nie, die onreines en die sondaars. Ek dink as ons werklik die feesseison werklik vir Jesus wil raak sien moet ons dalk die moeite doen om juis uit te hang met mense wie die samelewing verwerp het sodat hulle ook in aanraking kan kom met Jesus.

So gepraat van onbelanrike mense was daar natuurlik herders naby Betlehem gewees die nag toe Jesus gebore was 2000 jaar terug. Ons lees onder andere in Lukas 2:8 – “EN daar was herders in dieselfde landstreek, wat in die oop veld gebly en in die nag oor hulle skape wag gehou het.” (1953 vertaling) Die herders wat Lukas hiervan praat, het gewoonlik in die oopveld gebly want meeste mense het hulle as diewe, leuenaars of onbetroubare getuies in die hof gesien. Meeste mense wou dus niks met hulle te doen hê nie. Maar Jesus het gekom vir alle soorte mense, ryk, arm, belangrik, onbelanrik ens. (van Zyl 2019:1737). Hierdie is baie duidelik want ‘n engel van die Here het hierdie nag die onbelanrike herders kom besoek en die heerlikheid van die Here het hulle op ‘n wonderbaarlike manier omring (Lukas 2:9).

Die herders was natuurlik skoon verbaas en vreesbevange gewees toe hulle die engel gesien het, maar die engel stel hulle gerus en sê: “Moenie vrees nie, want kyk, ek bring julle 'n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk sal wees, dat vir julle vandag in die stad van Dawid gebore is die Saligmaker wat Christus, die Here, is.” (Lukas 2:10 – 11), (1953 vertaling) Dit wat die engel vir die herders gesê het, sou geweldig baie vir hulle beteken het, want hulle is die eerstes in Israel wat tehore gekom het dat die lang verwagte Messias uiteindelik gebore is. Wat kosbaar is, is dat hierdie nuus nie aan die godsdienstiges of selfs die polietike leier meegedeel is nie, maar dat dit juis aan randfigure soos die herders meegedeel was (Du Plessis 2007:1512). Want Jesus se koninkryk is nie soos die van die wêreld wat behep is met status, geld en mag nie, nee dis ‘n koningkryk wat gekenmerk word aan waarheid, liefde en genade (Johannes 18:36 – 37).

Ons moet ook verstaan dan binne in Jesus se koninkryk gaan dit nie oor ons sukses of roem nie, nee, dit gaan altyd oor Sy eer want dit is waar ons die gelukkigste is. Dit is waar ons ontdek wie ons werklik is, en dat elkeen van ons ‘n unieke rol het om te verful in Sy ryk. Ons is immers gemaak om in Sy voetspore te volg en meer soos Hy te word. Want dit is die primêre roeping wat God vir elkeen van ons het (1 Korintiërs 1:9 en Romeine 8:29).

Terug by die herders, die engele het toe presies vir die herders gesê waar hulle Jesus sou aantref, en hoe hulle Hom sou kon erken, en meteens was daar ‘n magdom engele wat saam gesing het: “Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde, in die mense 'n welbehae!” (Lukas 2:12 – 14), (1953 vertaling) Wanneer die engele hier sê dat God in die mense ‘n welbehae, verwys dit nie na alle mense nie, maar in die wie tot geloof gekom het in Sy Seun, soos die herders (Jesaja 9:6 en Johannes 14:27), (MacArthur 2010:1478), (Wilkins 2011:2106 - 2107).

Die herders was natuurlik geweldig opgewonde gewees, en het toe met haas na Betlehem toe vertrek. Toe hulle by Maria en Josef aankom en Jesus gesien het, het hulle oral die goeie nuus gedeel dat die Messias gebore is. Hulle was met ander woorde die heel eerste sendelinge gewees in die Nuwe Testament. Die mesne was natuurlik verwonderd oor die nuus gewees. Maria aan die ander kant het al die dinge wat sy gehoor het in haar hart bewaar, en die herders het God geloof en geprys oor al die wonderlike dinge wat Hy aan hulle geopenbaar het.

Dalk is die kersseisoen vir jou ‘n fees, dalk voel dit vir jou of jy alleen is die kersseisoen of dalk het jy ‘n geliefde afgestaan aan die dood. Ek het goeie nuus vir jou Jesus het vir jou ook gekom en Hy wink jou. Meskien voel jy soos een van daardie onbelanrike mense wie die samelewing nie altyd raak sien nie, maar Jesus doen net soos wat Hy die herders raak gesien het. Sy naam is immers Emmanuel, God met ons en mag jy Hom opnuut beleef die kersseisoen en mag elkeen van ons in die kersseisoen draers van hoop en lig wees veral vir die wie nie op die oomblik hoop het nie (Matteus 1:23).

Werke Aangehaal

1953 vertaling: Die 1953 vertaling van die Bybel, Die Bybelgenootskap van Suid Afrika

MacArthur 2010: Matthew, In The McArthur Study Bible, English Standard Version (2011 ed.), Crossway, Good News Publishers

Wilkins M J. 2011: Matthew, In In LT Dennis, W Grudem and JI Packer (eds), The ESV Study Bible (Large Print), Wheaton, IL:Crossway Bibles 2011.

 
 
 

Recent Posts

See All
Die Kosbaarheid van die Seun

Wie is Jesus en waarom is Hy so belangrik? Wel hierdie vraag is geweldig belangrik want dit bepaal ons hele lewe. Dit bepaal wat ons dink...

 
 
 
Geroep om soos Jesus te word

Wat dink jy iemand is wat geroep is om ‘n verskil te maak in hierdie wêreld? Baie mense het in die verlede en selfs vandag gedink dat...

 
 
 

Kommentare


© 2023 by Marketing Inc. Proudly created with Wix.com

bottom of page