top of page
Search

Jesus en Satan Deel nie die Troon nie

Ek wonder wat jou idee is van die Duiwel? Sommige mense is bang vir hom, ander ignoreer of ontken dat hy bestaan, en dan is daar die wat ‘n obsessie met hom het, en wat om elke hoek en draai ‘n demoon soek. Nie een van die opvattings is natuurlik Bybels korrek nie, omdat hulle baie keer ‘n mens se fokus weg draai van Christus af wie die alleen heerser van alles is, en wie op geen manier Sy mag met enige iemand gaan deel nie (Matteus 28:18 en Kolossense 1:15 - 20). Hy deel dit wel met die wie onder Sy gesag is, maar dis omtrent al aan wie Hy dit sal gee, en selfs dan is dit nie hulle gesag nie, dis Sy gesag wat in hulle en deur hulle werk deur die Heilige Gees (Johannes 14:15 - 16,26, 15:14; Romeine 8:9; Galasiërs 4:6; Efesiërs 2:10; Filippense 2:13; Hebreërs 13:21). Dan is daar ook nog die boeke wat mense probeer leer om te veg teen die Duiwel, die hartseer ding van die boeke is dat baie van hulle nie die klem op Christus en Sy klaargemaakte plaas nie.

Die bose bestaan wel, daaroor hoef ons as gelowiges nie te tewyfel nie, maar maak geen fout nie, God en die bose is nie in ‘n kompetiese met mekaar betrokke nie, en dus moet ons ‘n regte verstaan kry oor wie die Duiwel werklik is, en wat die Bybel werklik oor hom sê. Kom ons kyk eersten na wat die Ou Testament oor die Duiwel sê. Die eerste teks wat ons oor hom kry is die van Job 1:6 – 2:10 waar hy as Satan bekend staan, en in die teks is hy in ‘n gesprek met God gewikkel aangaande Job se getrouheid teenoor Hom. God toelaat natuurlik dat hy vir Job toets, maar op die ou einde het dit nie geslaag nie, want Satan het gereken dat Job net vir God dien omdat hy so geseënd is. Die waarhied was egter dat vir Job was God genoeg gewees, en dit het God self van hom verberg. Die naam wat natuurlik hier gebruik word vir die Duiwel in die Hebreeus staan bekend as Hassatan wat Teenstander beteken, omdat hy dus teen God en teen alles wat aan Hom behoort daaroor is ons seker. Ons sien ook in die gedeelte dat Satan toegang tot die hemel gehad het, wat ook natuurlik later in die Nuwe Testament verander het omdat Jesus Sy mag van Hom ontneem het (Lukas 10:18 en Openbaring 12:7 – 9). Ja hy het toegang tot die hemel gehad, maar dit beteken geensins dat hy vir God gewerk het nie, inteendeel as ‘n mens Job mooi lees, dan is dit baie duidelik dat hy hy nie einklik welkom was in die hemel nie. Hy was einklik ‘n ‘n onwelkome gas gewees wat God nie kon verdra nie. Dan is daar ‘n tweede teks wat ons aantref in die Ou Testament en dit is 1 Kronieke 21:1 waar Satan vir Dawid aangehits het om ‘n sensus aan te konding. Deur dit te doen het Dawid einklik nie op God staat gemaak nie, maar op sy eie krag, en daarom was God kwaad vir hom gewees. Ons moet onthou dat tot op die punt het God nie een keer vir Dawid in die steek gelaat nie, ten spyte daarvan dat hy die wet van die Here op kere verontagsaam het. Hierdie sê ook vir ons dat Satan mense verlei, en wanneer hulle toegee tot hierdie verleiding dan word hulle boos.

Nog ‘n teks wat baie mense dink na Satan verwys is natuurlik die van Jesaja 14:12 wat in die King James vertaling praat van Lucifer. Dis ongelukkig ‘n foutiewe vertaling want die Hebreeuse term wat Jesaja hier gebruik is helel wat ligdraer beteken. Die woord het die King James vertalers einklik getranslitereer in pleks van vertaal van die Latynse Vulgaat, en dus is dit nie ‘n geldige vertaling nie. Inteendeel in die Hebreeus verwys dit einklik na die ster of planeet Venus, wat ons natuurlik ken as die “helder môrester” in die 1983 vertaling, en in die 1953 vertaling word dit ook as “môrester” vertaal. Die selfde term kom ook voor in die Vulgaat in Job 11:12 en 2 Petrus 1:19, en as ‘n mens dit in ag neem dan is dit duidelik dat die term geen negatiewe konnotasies nie (Wallace 2012). Hierdie is dus wat die woord, of term letterlik beteken, en dus kwalifiseer dit nie as ‘n naam nie, en praat dit nie van Satan self nie. Inteendeel as ons die konteks van die teks in ag neem dan praat dit einklik van koning Nebukadnesar wie homself teen God verhef het, en wie daar oor nou oordeel uitgespreek word (Jesaja 13:1 – 14:23).

Die volgende en laaste teks in die Ou Testament wat egter baie duidelik na Satan verwys is die van Sagaria 3:1 – 3 waar Satan vir die priester Jesua wil aankla, maar God spreek hom skerp aan en verwerp sy aanklagte teen die priester. Die Ou Testament het bitter min te sê oor die Satan, en as ‘n mens die tydperk wat die Ou Testament in afspeel dan is dit ongeveer 3000 jaar se geskiedenis wat verby gegaan het, en net vier tekste wat ekspesiet oor die Satan praat. Die boodskap is dus duidelik, ons moet meer aandag aan God gee as wat ons aan Satan en sy bose magte gee. Daar is hopeloos te veel mense wat hulle aandag en tyd mors met die Duiwel, en dan mis hulle die goeie nuus wat Christus gebring het. Natuurlik deur om dit sê ontken ons nie dat hy nie bestaan, of dat hy wel aanvalle op gelowiges kan loots nie, dit kan hy verseker doen. Wat ons wel vir mekaar sê is dat ons, ons moet besig hou met die dinge van die Here, en Hom vertrou om die Satan uit te sorteer, want nie ek of jy is enigsins opgewasse om teen hom te veg nie. Dus dink ek is dit heel gepas om die volgende te sê: los die Duiwel se speelgoed uit.

Dit bring ons na die wêreld van die Nuwe Testament. In die tyd het Jode geweldig belangstelling begin toon in demoniese magte, hulle het onder ander geglo dat onrein geeste in die woestyn, die see, onrein diere soos wolwe, skerpioene en slange bly, selfs in onrein mense. Dis hoekom hulle nie sommer met nie – Jode geeët nie, omdat hulle as onrein beskou was, en as hulle saam met hulle sou eet dan het het hulle geglo dat hulle ‘n demone eet. Daar was dan ook Joodse Duiweluitdrywers wat gebruik gemaak het om demone op die manier uit te dryf. Die sterkste naam wat hulle natuurlik kon gebruik was die verbondsnaam van God gewees. Hulle het dit gedoen om ‘n sterker mag as die demoon op te roep, om so die demoon af te skrik en so uit te dryf. Een voorbeeld waar ons dit kan sien in die Nuwe Testament is die seuns van Skeva wat probeer het om in die naam van Jesus wat Paulus verkonidg probeer het om ‘n demoon uit te dryf. Die demoon se reaksie hierop is dat hy weet wie’s Paulus, maar hy weet nie wie hulle is nie, en die man met die demoon spring toe bo op hulle, ruk hulle klere af en hulle hardloop dit vernederd daar weg (Handelinge 19:13 – 16), (Joubert 2015). Die les is heel eenvoudig, jy kan nie uit jou eie die bose teenstaan nie, jy het Jesus nodig, en die seuns van Skeva het baie duidelik Jesus nie geken nie, en die demone het dit op ‘n indirekte manier aan hulle bekend gemaak. Meeste van die opvattings wat Jode gehad het in die tyd was uiters verkeerd gewees, en daarom het Jesus die Joodse leiers uitgedaag wie geduurig mense gedemoniseer het. Jesus het ook van hierdie begelowige standpunte gebruik om aan te toon dat die Koninkryk van God met groot krg en groot heerlikhied in en duer Hom aangebreek het.

Een gedeeltes waar ons dit duidelik kan sien is in Lukas 11:11 – 13 waar Hy sê: “Is daar 'n pa onder julle wat as sy seun vir hom 'n vis vra, vir hom 'n slang sal gee in plaas van die vis? Of as hy 'n eier vra, vir hom 'n skerpioen sal gee? As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee – die Vader in die hemel nog baie meer! Hy sal die Heilige Gees gee vir dié wat vra.”” (1983 vertaling) Dit wat Jesus hier basies sê, is as jy vir die Heilige Gees vra sal God nie vir jou ‘n bose gees gee nie, dit herinner ‘n mens nogal aan Jakobus 1:17 se woorde. Dus gee God net goeie gawes aan Sy kinders en sal Hy nie toelaat dat die Duiwel dit by hulle steel nie.

Jesus was ook natuurlik deur die Satan vervolg gewees vir 40 dae en 40 nagte. Die eerste versoeking wat die Satan teen Hom wou gebruik het was om klippe in brood te verander. Die Duiwel wou baie duidelik hê dat Jesus moes wys hoe magtig Hy is, maar Jesus slaan glad nie ag op dit nie, omdat Hy onderdanig was aan die Vader, en omdat Hy presies geweet wie Hy is, en dat Hy geensins Homself aan die Duiwel hoef te bewys nie. Dieselfde gebeur ook toe die Satan Hom versoek het om af te spring van die hoogste punt van die tempel af, Jesus het dit baie duidelik aan Hom gemaak dat Hy op geen manier God op so ‘n manier gaan uitart nie (Matteus 4:1 – 6). Let ook net op hoe Jesus die versoekings weerstaan het, want elke keer haal Satan ‘n teks vers aan, maar dis buite konteks, en dit korekteer Jesus elke keer. Dit wys vir ons hoe hoog Jesus die skrif geag het. Hoe hoog ag jy die skrif in jou eie lewe? Die laaste versoeking is merkwaardig want Satan versoek Jesus toe met die volgende woorde: “Dit alles sal ek vir U gee as U neerval en my aanbid.” Maar Jesus sê vir hom: “Gaan weg, Satan, want daar staan geskrywe: “Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.”Daarna het die duiwel Hom met rus gelaat, en daar het engele gekom en Hom versorg.” (Matteus 4:10 – 11) Dis merkwaardig want Satan soek hier erkenning, en Jesus weier om dit vir hom te gee, inteendeel Hy sit Hom sumier op sy plek, want hy is ‘n geskape hemel wese wie teen God gerebeleer het, wie se eenige toekoms die finale oordeel is. Daar is geen redding vir hom nie omdat hy direk teen God oortree het, en dit laat Jesus hom baie mooi verstaan. Dit is ook hier waar Jesus die oorwinning behaal, waar byde Adam en Isreal misluk het.

Ons sien ook hier dat Jesus geen geveg met die Satan aangegaan het nie. Inteendeel as ‘n mens die evangelies lees, dan is dit duidelik dat wanneer Jesus demone tee gekom het, het Hy hulle elke keer uit die pad uitgestamp. Want dis nie die Duiwel se tyd nie, dis nou Jesus se tyd, die tyd waarvoor Hy gekom het om te sterf vir baie mense se sondes, en om op te staan uit die dood sodat elke mens deur geloof in Hom verlos kan word. Dus kan geen, en ek bedoel geen demoon beklei teen Jesus nie. Kyk byvoorbeeld na Markus 5:6 – 13 waar ‘n klomp demone Jesus beveel om hulle nie te bestraf nie, Jesus steur hom nie aan die demone se versoek nie en beveel eers dat hy uit die man uit moet kom. Die demone smeek toe dat Jesus hulle eerder in die varke moet in jaag, en dit het Jesus toegestaan. Dis baie duidelik dat Jesus eers die demone bestraf het, omdat hulle gedurf het om Hom wie God self is uit te daag, en toe hulle, hul plek ken toe het Hy hulle versoek toegestaan. Jesus deel dus baie duidelik geen mag met Satan, of sy demoniese magte nie.

Dit bring ons by nog ‘n vraag. Kan ‘n Christen ‘n demoon hê? Die kort antwoord op die vraag is, nee, veral as jy ‘n waare wedergebore kind van God is. Die rede hiervoor is omdat die Heilige Gees in jou woon, en as Jesus geen magsdeling het met die demoniese magte nie, waarom sal die Gees wat Hy gestuur het dit dan doen? Hebreërs 12:28 - 29 sê baie duidelik: ““Laat ons wat 'n onwankelbare koninkryk ontvang het, dan nou dankbaar wees. Laat ons God dankbaar dien met eerbied en ontsag, soos Hy dit wil, want ons God is 'n verterende vuur.” (1983 vertaling), kyk ook na Romeine 8:11. Die vuur wat hiervan gepraat word verwys na oordeel, maar dit verwys ook na die suiwering van die Heilige Gees soos wat ons groei in ons verhouding met God, en ek weet watter demoon wil plek deel met ‘n verterende vuur nie, dus kan geen Christen demonies besete wees nie (Matteus 3:11). Jesus self het ook gebid in Johannes 17:15Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld moet wegneem nie, maar dat U hulle van die Bose moet bewaar.” (1983 vertaling) Jesus gebed hier beteken hier dat die demoniese magte ons nie sal beinvloed nie, of nie sal besit nie, want God sal dit nie toelaat nie. Kan hulle ons laat sondig? Verseker, maar hulle kan nie besit van ons neem nie omdat ons verseël is met die Heilige Gees (2 Korintiërs 1:21 – 22 en Efesiërs 1:13 – 14, 4:30).

Maar hoe beklei ons dan teen die bose? Deur jou geloofs – oë die heeltyd te hou op Jesus, want die bose kan meskien ons nie geestelik aanvaal nie, maar wel fiesies (Efesiërs 6:10 – 20). Kyk maar net na ons broers en susters wat vervolg word, hulle weet dis die Duiwel wat agter dit sit, en ten spyte van dit kies hulle Jesus, en kies hulle om hulle vyande lief te hê en te dien soos wat Hy van hulle verwag (Matteus 10:16 – 42; Lukas 6:27 -28 en Romeine 12:19 - 21). Hulle verstaan baie duidelik dat die mense verblind is, en dat hulle verlore is, dus het hulle ook vir Jesus nodig. Hulle verstaan ook baie duidelik dat as jy werklik geetselike oorlogsvoering wil voer dan begin dit deur jou aanvoerder te ken. En wie is ons aanvoerder? Dis Jesus die Almagtige God wie heers oor alles en almal. Dis hoekom Jakobus sê: “Onderwerp julle dan aan God. Staan die duiwel teë en hy sal van julle af wegvlug.” (Jakobus 4:7), (1983 vertaling)

Dus is dit duidelik dat Jesus die alleen heerser van die hemel en die aarde is, en dat Hy geen mag met die Duiwel deel nie. Christus het oorwin, en die wie eerbied vir Hom het, en wie in Hom is deel in Sy oorwinning oor die dood en alle bose magte (Johannes 16:33; 19:30; Romeine 8:1 – 39; 2 Korintiërs 2:14, 4:8; Kolossense 2:15 en 2 Timoteus 1:7). Dus dink ek het Paulus vir ons baie wyse woorde wat hy vir Timoteus gesê het, net voor hy sou gesterf, waarop ons ook op ag moet slaan, hy sê aan hom: “Verkondig die woord van God. Hou daarmee vol, of die tyd daarvoor geleë is of nie. Jy moet jou mense met geduld reghelp, aanspreek en bemoedig terwyl jy hulle geduldig onderrig.” (2 Timoteus 4:2), (NLV 2017) Ons moet ons dus besig hou met die dinge van God, deur om tyd saam met Hom te spandeer, deur Sy woord te lees, dit te leef en te verkondig, want so druk ons saam met Christus die duisternis weg, en so verander die wêreld een mens op ‘n slag. Dis nie die Duiwel se tyd nie, maar Christus sin, en aan Hom behoort al die eer.

Werk Aanghaal

1983 Vertaling: Die 1983 Vertaling van die Bybel in Afrikaans, Die Bybelgenootskap van Suid Afrika, Roggebaai 8012, Kaapstad

NLV 2017: Nuwe Lewende Vertaling Bybel, Christelike Uitgewersmaatskappy, Vereeniging,1930.

Joubert S 2015:Satan Ontblood, Moreleta Media, https://vimeo.com/134947547

Wallace D 2012: Is Lucifer Such a Bad Guy?, Online Article https://danielbwallace.com/2012/03/27/is-lucifer-such-a-bad-guy-after-all/

 
 
 

Recent Posts

See All
Die Kosbaarheid van die Seun

Wie is Jesus en waarom is Hy so belangrik? Wel hierdie vraag is geweldig belangrik want dit bepaal ons hele lewe. Dit bepaal wat ons dink...

 
 
 
Geroep om soos Jesus te word

Wat dink jy iemand is wat geroep is om ‘n verskil te maak in hierdie wêreld? Baie mense het in die verlede en selfs vandag gedink dat...

 
 
 

Comments


© 2023 by Marketing Inc. Proudly created with Wix.com

bottom of page