Hoop vir Vandag
- The Shepherd's Way Ministries
- Aug 21, 2020
- 2 min read
Dit is nou vlak 2 van die imperking, mense kan weer darem by hulle famielie gaan kuier, en ook ‘n paar ander dinge ook darem doen wat hulle nie kon doen nie. Maar baie mense is negatief, negatief oor die regering, negatief oor die situasie waarin die land haarself tans bevind. Is daar dan nog enigsins hoop oor? Ja daar is hoop, hoop wat ‘n ewigheid lank kan hou, en Sy naam is Jesus.
Jesus self verstaan ons swaarkry, omdat Hy self deur swaarkry en lyding was vir ons onthalwe. Die Hebreër skrywer sê self: “Kom ons hardloop met volharding op die baan wat voor ons uitgestrek lê, ons oë vasgenael op Jesus, die Voorganger en Voleinder van ons geloofswedloop. Hy het ter wille van die blydskap wat daar voor vir Hom gewag het, die kruis verduur. Ja, Hy het Hom selfs deur die skande van die kruisdood nie laat afskrik nie.” (NLV 2017), (12:1 – 2)
Kyk mooi wat sê die skrywer, hy sê dat ons volheid moet hardloop en ons oë op Jesus moet hou, nie op ons omstandighede of oor hoe ons voel nie, want Hy is die Voorganger en Voleinder van ons geloof, Hy wie die Geliefde Seun die een deur wie die Vader alles geskape het, die middelpunt van die heelal (Johannes 1:1 - 5 en Kolossense 1:15 - 20). Die een wie ‘n skandelike dood gesterf het aan ‘n kruis. Nie net het Hy gesterf aan ‘n kruis nie, maar Hy het ook opgestaan sodat die wie tot geloof kom in Hom, in Sy geretigheid kan staan voor die Vader as ‘n kind (Romeine 4:25).
En as jy ‘n kind van God is, kan jy een ding verseker weet en dit is dat God te alle tye by jou is maak nie saak hoe jou omstandighede lyk nie. Want die Hemel is nie ‘n plek nie, dis ‘n persoon en Sy naam is Jesus self wie vir ons Sy bonatuurlike vrede gee. Dis die vooruitsig wat ons elke dag mee moet leef. Nie net kyk ons vorentoe nie, ons kyk ook agter toe om ons self te herinner waar God met ons was, en dat Hy altyd by ons sal wees en ons by Hom. Dis in Hom waar ons hoop le, dis by Hom waar ons krag kry, en dis Hy wat ons swaarkry transformeer in iets moois. So lewe volheid vir Hom, geniet Hom en hou jou oë op Hom.
Werk Aangehaal
NLV 2017: Nuwe Lewende Vertaling, Christelike Uitgewersmaatskappy, Vereeniging, 1930.
Comentarios