top of page
Search

Hoe interpriteer ons die Bybel en hoe lees ons dit verantwoordelik, in die lig van die Eindtyd?

Inleiding

Hierdie is ‘n belangrike vraag, want dit gaan bepaal deur watter lens jy Openbaring lees en hoe jy vir vandag gaan leef. Meeste mense dink die Eindtyd breek eers aan wanneer daar sekere spesifieke gebeure moet plaasvind, soos die Antchris wat moet kom, Israel wat tot stand gekom het as ‘n staat in 1948, die Grootverdrukking ens. Dan is daar baie mense wat al die koms van Christus deur die eeue heen probeer voorspel het (Joubert 2012:3). Dus in die artikel gaan ons kyk na hoe om die Bybel reg en verantwoordelik te lees veral as dit by die Eintyd kom.

1. Eindtyd Guru’s en hulle Voorspellings

Om die vraag behoorlik te beantwoord het ek dit goed gedink om eers te gaan kyk na die Eindtyd guru’s en hulle voorspellings bestaan al vir jare en ek het dit goed gedink om ‘n paar voorbeelde uit te lig net om van, van die geraas ontslae te raak. Die eerste voorbeeld vind ons in Tesselonika in die jaar 50 n.C. wat geglo het dat die koms van Christus baie naby is, en daarom het baie van hulle opgehou werk. Dis natuurlik een van die redes waarom Paulus twee briewe aan hulle geskryf het rakende die saak, omdat gelowiges nie pasief net kan rondt sit en niks doen nie (Joubert 2012:3). Want Jesus het mos gesê in Matteus 5:14“Julle is die lig wat die wêreld moet verlig. ’n Stad wat bo-op ’n berg lê, kan mos nie weggesteek word nie!” (NLV 2017) Christine is veronderstel om hulle lig te laat skyn sodat almal vir Christus in hulle en deur hulle kan sien, en dit kan ons net doen deur om vloheid te leef vir Jesus en nie moeg te word om goed te doen nie.

Nog ‘n voorbeeld uit die vroeë kerk geskiedenis was die van Montanus wat saam met twee vroulike profetesse het beweer dat die Nuwe Jerusalem aan die kom was en dat dit so neerdal in Peusa Frigië (Joubert 2012:3). Montanus wat geleef het tussen 156 n.C. – 172 n.C. geleef het wou hê die kerk moes op ‘n hoër standaard leef, en moes haar self heeltemal distansiheer van die wêreld. Die twee profetesse wat hy self beroep het se name wat Maximilla en Prisca, en die wanneer hulle geprofeteer het, het hulle persoonlikheid verander en het hulle in ekstase ingegaan (Shelley 2013). Wat baie soortgelyk is aan demoniese besetenheid, wat baie duidelik wys dat hulle fals profete was. Dus was dit wat hulle verkondig het ‘n leun gewees. Nie net dit nie maar Montanus saam met die pofetesse het homself as die standaard van openbaring gesien en nie die skrif nie (Shelley 2013). En ek moet net hier sê die oomlik war enige gelowige of leeraar dink hulle is die standaard van openbaring, of dat hulle alles weet dan bring did nooit iets goed nie.

So sterk was Montanus se siening dat as enige iemand sy openbaring tee gestaan het dan het hy gemeen dat hulle laster teen die Heuilige Gees (Shelley 2013). Wat verskriklik is want hy meen dan dat daardie gelowiges einklik ongelowiges is. Dus selfs wanneer dit kom by die Eindtyd moet ons altyd leerbaar wees, en gewillig wees om te luister na ander standpunte. Ons het maar net die klein prentjie, God hou die grooter prentjie in Sy hand vir ons onthalwe en ons fokus moet op Hom wees, nie op ons, en ons insig of kennis nie. Meonie my verkeerd verstaan nie kennis is belangrik, maar kennis sonder Godelike wysheid en liefde is gevaarlik.

Nog mense wat die koms van Jesus voorspel het was ‘n klompie Italiaaners, toe die Swart Plaag uitgebreek het, het hulle gedink die einde is op hande. Daar was selfs ‘n aardbewewing wat volgens hulle, dit bevestig het. Dan was daar die Duitser Konrad Schmid wat vir mense sê dat hy seker sal maak dat die nuwe era van God sal aanbreek. So oortuig was hy van sy saak dat hy in 1368 aangekondig het dat die oordeelsdag van God die volgende jaar sou aanbreek, en daarna sou die duisedjarige vrederyk aanbreek, to sy skande natuurlik (Joubert 2012:3).

Dan was daar ook Hugh Broughton in die jare 1549 – 1612 wat begin het met indrukwekkende bereninge. Onder andere het hy die jaar van die skepping bereken wat volgens hom 3926 voor Christus was, en dat die wêreld geskiedenis slegs 6000 jaar sou duur en dan sal die einde aanbreek in die jaar 2072 en ver genoeg vir hom om nie die wederkoms te sien nie. En buitendien was mense glad nie beindruk gewees nie, omdat die datum te ver was (Joubert 2012:4).

Nog voorbeelde van mense wat die koms probeer bereken het sluit in John Napier wie geleef het van 1550 – 1617, Thomas Brightmann (1557 – 1609), Johan Albrecht Bengel (1687 – 1752), Isaac Newton (1642 - 1727) en William Miller in die jaar 1830 (Joubert 2012:4 - 5). Al die mense en vele meer het al die koms van Christus probeer voorspel, maar het mesluk. Hulle het lyk dit my Jesus se woorde nie ernistig op geneem in Mattues 24:36 waar Hy gesê het – ““Tog ken niemand die presiese datum en tyd wanneer hierdie dinge sal gebeur nie – ook nie die engele of selfs die Seun nie. Dit weet net die Vader.” (NLV 2017)

Dis baie duidelik dat geen mens sal weet wanneer Jesus sal terugkeer, die gebeurtenis is baie duidelik ‘n toekomstige gebeurtenis. Ek wil ook net iets uitklaar binne die vers want baie mense sê dat nie eens Jesus sal weet wanneer Hy sal terugkeer nie. Jesus het dit in Sy menslikheid gesê, maar as God is Hy deeglik bewus wanneer Hy sal terug keer want net soos die Vader en Gees is Jesus ook alwetend. Dus sal niemand weet wanneer Hy terug kom nie. Maar die vraag bly staan wanneer breek die Eindtyd aan? Glo dit of nie die Eindtyd het betekenis vir alle geslagte van die eerste eeu tot nou.

Hierdie is belangrik om te vermeld want vandag voorspel mense nogsteeds wanneer die Einde gaan aanbreek en almal voorveronderstel dat die Eindtyd net betrekking het op die generasie van vandag, of vir die toekoms. En ek blameer hulle nie, want Eindtyd guru’s soos Hal Lindsey se perspektief het sedert die 1970’s ‘n groot invloed op die kerk gehad, en het nog steeds. Selfs die boeke wat ‘n mens vandag kry in elke boekwinkel was einklik grootliks deur hom beinvloed. Want die temas wat in die boeke voorkom strek van God se plan met Isreal, die derde Temple, die Gog en Magog en selfs die identiteit van die antichris wat ons later na sal kyk in die boek. Baie van die gebeure wat hier ook genoem word, moet in ‘n selfs in ‘n spesifieke volgorde plaasvind voordat Christus sal terugkeer wat die nogals baie spekulatief maak (Joubert 2012:5 en König 2018:96 – 102).

Ek moet bieg ek het vir jare myself besig gehou met die dinge waar elke tragedie of ramp in die wêreld ‘n aanduiding was dat Christus vinnig sou terugkeer. Ek onthou hoe my ma vir ons uit Hal Lindsey se boek gelees het, oor hoe sekere mense wegeruk gaan word en hoe baie op die aarde agter gaan bly. Dit het my gevul met vrees, en tog het Johannes Opnebaring neergepen om vir mense hoop te gee soos wat ek later sou ontdek. Selfs as jonbg Christen onthou ek hoe ek kopgekrap het oor die hele wegraping storie want toe ek die Bybel self beginb lees het dit my verras dat dit nie is wat die Bybel einklik sê oor die Eindtyd nie. En dus wil ek dit sommer nou al hier sê as die Bybel jou teologie uitdaag is dit ‘n goeie ding, want ons almal leer nog by die voete van Jesus elke dag.

En natuurlik is die gevolg van Lindsey en kie se invloed glo baie mense vandag dat baie van die tekens wat Jesus van gepraat het net vir ons bedoel is, en dat dit nou voor ons oë besig is of oppad is om in vervulling te gaan. Wat nogals ‘n probleem is want dis nie hoe God wil hê ons Sy woord moet gebruik nie, veral wanneer dit kom by die Eindtyd. John Haggee byvoorbeeld is een van die predikers wat beweer dat die mense wie vandag leef, al die tekens sal sien wat Jesus van gepraat het voor hulle oë in vervulling sal sien gaan (Joubert 2012:7). As mens die siening ernstig moet opneem beteken dit dat alles wat betrekking het op die Eindtyd net vir die toekoms bedoel is en dat dit glad nie betekenis gehad het vir die vorige geslagte nie. Wat dan die vraag opbring, het God dan vir die mense gelieg? Kan nie wees nie, want dit sal impliseer dat Hy gesondig het. Wat blood nie die waarheid is nie. Dus die vraag wat sê die Bybel werklik oor die Eindtyd? En hoe moet ons die Bybel lees?

2. Hoe om die Bybel Verantwoodelik te Lees

Kom ek begin net deur te sê dat dit vir my hartseer is om te sê dat baie Christine nie hulle Bybels reg en verantwoordelik lees nie, en dus lei dit na ‘n gebrek aan kennis wat hulle oopmaak vir allerlei misleidings en halwe waarhede. Dus om die Bybel te lees en reg te lees is van kardinale belang. Ek sal selfs sê as jy werklik lief is vir Jesus sal jy lief wees vir Sy woord en dit ernstig opneem, veral in ‘n land waar jy dit vrylik kan lees sonder vervolging.

En dit bring ons by die groot vraag. Hoe lees ons die Bybel en waar begin ons? Wel ‘n mens kan ook nog vraag vra en dit is: Hoe lees ‘n mens ‘n storie boek? Wel meeste mense se antwoord is van begin tot einde, en met ‘n groot skok lees meeste gelowiges nie die Bybel reg en verantwoordelik nie, en dis waar al die moeilikhedi vandaan kom. Want meeste gelowiges lees die Bybel asof dit ‘n “fortune coockie” is en tog wil God he ons moet Sy woord deur lees sodat ons Hom ten volle kan ken.

Ons moet ook kennis maak met die feit dat die Bybel nie direk aan ons geskryf is nie, dit was vir mense geskryf wat met duidsende jare van ons konteks verwysder is en wat ‘n ander taal gepraat het en wat se gewoontes, en gebruike radikaal van ons sin verskil. Baie mense weet of nie van die inligting nie, of ignoreer dit en as gevolg van dit heers daar totale chaos wanneer dit kom by die boek Openbaring, veral as mens in ag neem watter styl dit geskryf is. Dis belanrik om te vermeld watter styl die boek geskryf is, omdat ‘n mens baie van die simbole nie letterlik kan opneem nie. Een voorbeeld is die 144000 wat Jehova getuies letterlik opneem wat einklik ‘n beeld is van die kerk. Dis ook ‘n klomp Joodse sendelinge nie, soos wat sommiges meen nie. Johannes gebruik dus simboliese taal, wat die normale Joodse gebruik was van sy dag. Die getalle wat Johannes gebruik het om by die groot totaal uit te kom lyk soos volg: 12 Profete + 12 Apostles x 1000 = 144000 die kerk. Wat Johannes deur middel van die simboliek aan ons wil kominikeer is dat God tot aan die eide toe met doe kerk is en dat Hy haar sal bewaar. Johannes verklaar ook natuurlik die simboliek in Openbaring 7 wat praaat van ‘n ontelbare skare wat in die Hemel by God is (Joubert 2012:10).

Wat die simboliek vir ons wys is ons moet eers die agtergrond van die boek verstaan voor dat ons dit interpriteer. Met ander woorde ons moet eers kyk na wat die omstandighede van die eerste lesers was, hoekom het Johannes die brief geskry? Wat het hy dus oorspronklik bedoel met die brief wat hy geskryf het vir die eerste gemeentes? ‘n Mens moet dit doen om die regte sleutels te kry om die boek sorgvuldig en verantwoordelik te kan interpriteer en te kan toepas in ‘n mens se eie lewe. Stephan sê dit treffent dat as ons nie bereid is om ons huiswerk te doen nie, dan laat ons die Bybel sê wat ons wil (2012:10). Ons sit m.a.w woorde in God se mond wat Hy nooit gesê het nie, en dis ‘n gevraalike ding om te doen, want dat staan ons einklik Sy gesag tee.Die Bybel is ‘n geweldige kragtige boek om te lees, maar as ‘n mens dit nie reg lees nie dan is dit gevaarlik vir die persoon wat dit lees.

3. Lees die Bybel deur

Ons moet ook die Bybel deur lees, en nie net lees waarvan ons hou nie. Kom ek stel dit so as ons met mekaar kominikeer, dan doen ons dit duer middel van stories. En soos enige storie het dit ‘n begin en ‘n einde. En ons praat ook nie in frases nie, maar in paragrawe. Want dit is hoe ons mekaar leer ken en ook hoe ons verhoudings bou. En wat vat dit om intieme verhoudings te bou? Tyd. En dis nie veel anders met God nie. Daarom gaan ons tyd moet uitsit vir God sodat ons elke paragraaf kan deur lees van die Bybel sodat ons Hom ten volle kan ken (Joubert 2012:11). En sodat ons seker maak dat ons Hom nie buite konteks aanhaal nie. Dis nogals hartseer om te sê dat baie mense dit nogals baie vrylik doen, en tog doen God dit nie met ons nie.

Maar wat gaan die Bybel dan alles oor? Wel die sentrale veguur in die Bybel is Jesus Christus, Jesus wie die volle openbaring van God is en wat die oorwinning namens ons behaal en vir ons behaal het. En glo dit of nie Hy sluit ons ook in daardie oorwinning (Johannes 16:33; Romeine 8:1 – 39; Kolossense 1:15 – 20 en 2:15). Die geheim is dus uit God het oorwin, is besig om te oowin en sal oorwin saam met Sy kerk. Dus is daar geen geheime kodes in die Bybel vervat nie, God praat reguit en duidelik met my en met jou in taal wat ons kan verstaan (Joubert 2012:11). God steek dus niks weg nie, Hy speel oop kaarte met ons, selfs wanneer dit kom by Openbaring.

Ek self wanneer ek die Bybel lees dan vra ek drie vrae rakende die gedeelte wat ek lees elke oggend. Wie is God? Wat sê God oor my? Wat moet ek doen? Die drie vrae het ek aangeleer by Gerhard van Eck van The World Needs a Father. Ek vra die drie vrae terwyl ek die ander riglyne ook toepas want dit maak die Bybel vir my net soveel meer prakties en dit help my om die waarhede wat God met my deel in Sy Woord my eie te maak.

Slot

Kom ek sluit die af deur om te sê dat dit duidelik is dat daar baie onodige geraas is wanneer die kom by die tema oor die Eindtyd. En dit maak mense deurmekaar en bang. Meeste mense lees ook nie hulle Bybels reg nie, en dit het natuurlik die logiese gevolg dat hulle dit nie reg toepas nie. Dit maak ook mense oop vir ‘n klomp misleiding wat tot hulle ondergang kan lei. En dis baie belangrik omn die Bybel reg te lees sodat ons kan weet wie God is, en sodat ons kan weet hoe Sy stem klink. As mens dit verstaan dan is dit redelik voor die hand liggend dat die boek Openbaring meer sin gaan maak wanneer ons dit reg lees.


Werke Aangehaal

Joubert S 2012: Die Eindtyd: ‘n Bybelse Kyk na die Laaste Dae en die Wederkoms

König A 2009: ‘n Perspektief op Openbaring, Christelike Uitgewersmaatskappy, Vereeniging 1930

NLV 2017: Nuwe Lewende Vertaling Bybel, Christelike Uitgewersmaatskappy, Vereeniging,1930.

 
 
 

Recent Posts

See All
Die Kosbaarheid van die Seun

Wie is Jesus en waarom is Hy so belangrik? Wel hierdie vraag is geweldig belangrik want dit bepaal ons hele lewe. Dit bepaal wat ons dink...

 
 
 
Geroep om soos Jesus te word

Wat dink jy iemand is wat geroep is om ‘n verskil te maak in hierdie wêreld? Baie mense het in die verlede en selfs vandag gedink dat...

 
 
 

Comments


© 2023 by Marketing Inc. Proudly created with Wix.com

bottom of page