top of page
Search

God Trek Niemand Voor nie

Updated: Jul 25, 2020

Die stelling hierbo is ‘n treffende een Paulus self gebruik dit in Romeine 2:11 om te wys dat almal skuldig voor God staan, en dat almal ‘n redder nodig het. Maar soos gewoonlik vergeet ons baie keer die kosbare waarheid en dan maak ons nie net onself seer nie, maar ook die rondom ons. Ons doen dit ook baie keer, omdat ons, onself wil regverdig net soos wat die Fariseërs in Jesus se tyd dit gedoen het. Dit was hulle wat gedink het dat hulle saak met God reg was, omdat hulle in Sy diens gestaan het en daarom kon hulle nie die sonde in hul eie harte raak sien nie.


‘n Gebeurtenis waar mens dit baie duidelik kan raak sien is in Johannes 8:1 – 11. Die gebeurtenis het so begin: Jesus was besig om die mense in die tempel te leer, toe die skrifkenners en die Fariseërs daar opdaag met ‘n vrou wat hulle op die daad van owerspel betrap het. Hulle het haar gevat en toe tussen hulle laat staan, en die rede hoekom hulle dit doen is om haar natuurlik te veroordeel, want volgens die wet van Moses moes so ‘n vrou gestenig word. Die vraag het hulle natuurlik op ‘n slinkse manier gestel om Jesus te toets om te kyk of Jesus die vraag verkeerd sou antwoord sodat hulle Hom oor iets kon aankla. Want die wet sê einklik dat byde die man en die vrou gestenig moes word, nie net die vrou nie (Levitikus 20:10).


Jesus reageer toe op die vraag deur om op die grond te skryf. Hoekom doen Hy dit? Wel dis omdat Jesus wie God self is geen tyd het vir hoogmoediges wie dink hulle kan ander oordeel asof hulle God self is nie. Jakobus sê self - ““God weerstaan hoogmoediges, maar aan nederiges gee Hy genade.”” (1983 Vertaling), (Hoofstuk 4:6). Hoogmoediges is die mense wat dink hulle is beter as ander of anders gestel hulle sien neer op ander mense en sien nooit hulle eie foute raak nie. Die nederige is heeltemal die teenoorgestelde, hulle sien hulle foute baie goed raak en soek geen verskoning daarvoor nie. Inteendeel hulle is deeglik bewus hoe broodnodig hulle Jesus in hulle lewe het en daarom is hulle eerlik oor hul tekortkominge eerstens voor God en tweedens voor hule medegelowiges. En dis vir sulke mense wie God meer as genoeg tyd voor het.


En terwyl Jesus nog so skryf op die grond hou die priesters aan om hom met vrae te peper oor die saak, en toe staan Hy op en hy antwoord hulle met die volgende woorde: ““Laat die een onder julle wat sondeloos is, die eerste een wees wat ’n klip na haar gooi.”” (NLV 2017), (Johannes 8:7). Eerstens moet ons net vermeld dat hierdie vers baie keer misbruik omdat baie mense meen ‘n mens mag nooit oordeel nie. Maar dis net ‘n halwe waarheid ‘n mens mag oordeel mits jy eers jou eie hart voor God ondersoek het. En die rede hoekom ons soms moet oordeel is om mekaar verantwoordbaar te hou en mekaar te help om te loop soos Jesus van ons verwag (Matteus 18:15 – 20 en Galasiërs 6:1).


Jesus herinner ook natuurlik die skrifgeleerders en Fariseërs dat hulle net so sondig is soos hierdie vrou. Maar hoekom? Wel omdat hulle net soos die res van die mensdom saam met Adam en Eva teen God gerebeleer het. Paulus stel dit so: “Toe Adam gesondig het, het sonde in die wêreld ingekom en deur Adam se sonde ook die dood. En so het die dood tot alle mense deurgedring, want almal het gesondig.” (NLV 2017), (Romeine 5:17) Almal het gesondig en sondig nog steeds, daarom het almal Jesus nodig, van die ergste misdaadiger tot die boemelaar op straat, selfs Christene het Jesus nodig. Want dis net Jesus wat ons kan versoen met God (Johannes 3:16, 36 en 14:6 – 7)


Die priesters se reaksie op Jesus se antwoord was baie duidelik, hulle het uit skaamte maar toe omgedraai hulle klippe neer gegooi en toe die vrou net daar by Jesus se voete gelos. Jesus vra toe die vrou of enige iemand haar veroordeel het? Haar antwoord was dat niemand haar veroordeel het nie. En toe sê Jesus die volgende vir haar: “Ook Ek veroordeel jou nie. Gaan maar, en moet van nou af nie meer sonde doen nie.”” (NLV 2017), (Johannes 8:11)


Die vrou het geweet sy was skuldig voor God, so skuldig dat sy die dood verdien, want sonde bring die dood (Romeine 3:23 en Jakobus 1:15). Dis hoekom Jesus haar vryspreek, maar met ‘n voorwaarde en dit is dat sy nou moet strewe om gehoorsaam te bly aan God. En dis presies wat Jesus van elke gelowige vandag verwag. Want Hy het immers ‘n baie duur prys betaal vir ons sonde, en uit dankbaarheid strewe ons ook om in gehoorsaamheid meer en meer soos Hy te word. Maar ons doen dit nie uit ons eie krag nie, ons doen dit deur Sy krag. Jakobus maak dit ook vir ons baie duidelik wanneer hy sê: “God is egter besig om ons steeds meer genade te gee om aan Hom getrou te wees.” (NLV 2017), (Jakobus 4:6)


Ja ons almal het God se reddende genade nodig, want ons almal het nog steeds sonde in ons lewens, maar dit beteken nie ons is tevrede daarmee nie. Daarom gaan ons elke keer terug na die Een toe wie ons verlos het, want dit is net by Hom wat ons vergifnes ons sondes kan ontvang (Romeine 6:23 en 1 Johannes 1:7 – 9). Daarom moet ons ook elke dag opnuut vir die Jesus vra om ons vuil hart sal reinig en dat Hy sy hart vir ons kan gee sodat ons na mense kan kyk deur Sy oë (Efesiërs 1:7, 4:14 – 15).


Werke Aangehaal

1983 Vertaling 2007: 1983 Vertaling van die Bybel, Bybelgenootskaping van Suid Afrika.

NLV 2017: Nuwe Lewende Vertaling Bybel, Christelike Uitgewersmaatskappy, Vereeniging,1930.

 
 
 

Recent Posts

See All
Die Kosbaarheid van die Seun

Wie is Jesus en waarom is Hy so belangrik? Wel hierdie vraag is geweldig belangrik want dit bepaal ons hele lewe. Dit bepaal wat ons dink...

 
 
 
Geroep om soos Jesus te word

Wat dink jy iemand is wat geroep is om ‘n verskil te maak in hierdie wêreld? Baie mense het in die verlede en selfs vandag gedink dat...

 
 
 

Comments


© 2023 by Marketing Inc. Proudly created with Wix.com

bottom of page