God se Voorsiening in alle Omstandighede
- The Shepherd's Way Ministries
- Oct 12, 2020
- 2 min read
“God sal voorsien” is ‘n populêre spreekwoord wat baie gelowiges vandag gebruik. Maar hoe lyk God se voorsiening? Voorsien Hy in die manier wat ons dit wil he, of is daar iets grooters wat ons moet raak sien veral wanneer dit kom by Sy voorsiening in tye soos hierdie? Wel eerstens moet ons net vir mekaar sê dat God ‘n liefdevolle Vader is wat net die beste vir Sy kinders wil he, maar wat Hy vir ons wil he is baie keer nie wat ons wil he nie. Iemand wat dit goed geweet het was Jakobus wat die volgende woorde deur deur die werking van die Heiligees neergepen het:”” As julle bid, ontvang julle nie, omdat julle verkeerd bid: julle wil net julle selfsugtige begeertes bevredig.”” (1983 Vertaling), (Hoofstuk 4:3)
Om met die regte gesindheid te bid vra van ons om ons belange eenkant toe te skuif en God sin eerste te stel. En dis nie altyd maklik nie, want as gelowiges sukkel ons nog steeds met sonde, sonde wat baie keer die slegste uit ons uitbring, en ten spyte daarvan het God ons nog steeds lief en wil Hy ons help. Hy wil net soos enige ouer ons reg leer veral wanneer dit kom om Hom te vertrou selfs wanneer dinge nie altyd sin maak nie.
Dink net aan Paulus, hy self het deur verskriklike swaarkry gegaan en ten spyte daarvan het hy nog steeds op die Here vertrou. Wat was sy geheim gewees? Wel hy het Iemand groter gehad as sy omstandighede, hy het die Heerlikheid van God self by hom gehad en die Heerlikheid van God is Jesus self. Jesus wie ons swaarkry ten diepste verstaan en wie ook belowe het dat as ons met die regte gesindheid in Sy naam vir iets vra dan sal dit aan ons gegee word, op die regte tyd en plek. Paulus het dit ook baie goed verstaan want as ‘n mens Filippense 4:12 – 13 gaan lees maak hy dit baie duidelik dat selfs al het hy min, baie of niks bly Jesus genoeg en is hy dankbaar vir dit wat die Here aan hom binne in sy omstandighede vir hom gee. ‘n Mens noem dit vergenoegdheid. Dit beteken jy is tevrede met dit wat jy reeds het.
En wanneer jy vergenoegd is in die Here en in jou omstandigehede dan sal jy duideliker kan sien hoe die Here vir jou voorsien, selfs op die vreemste maniere denkbaar. Jy sal ook dan tot die besef kom dat God nie vir jou voorsien net blood om dat jy dit verdien nie, maar omdat Hy uit sy genade en liefde vir jou sorg as Sy kind. En ja in die hier en nou is daar baie smarte en pyne, maar vestig jou oë op Jesus en weet dat jy ‘m skat en ‘n erfenis het wat nooit sal vergaan nie (Romeine 8:17; Kolossense 1:12, 3:23 – 24 en 1 Petrus 1:3 - 6).
Werk Aangehaal
1983 Vertaling 2007: 1983 Vertaling van die Bybel, Bybelgenootskaping van Suid Afrika.
Comments