top of page
Search

God se Nuwe Allerheiligste

Dis die tyd van die pasga en in die tyd dink ons terug aan wie Jesus is en wat Hy in ons plek vir ons gedoen het. So kragtig is dit wat Hy vir ons gedoen het dat ek en jy nou deel het in Sy dood en opstanding. Met ander woorde ons deel in Sy oorwinning wat Hy in ons plek oor die dood en die bose bewerkstellig het. Maar ons deel in veel meer as net dit ons is nou God se tempel. Ons almal ken die liedjie: Weet jy nie, weet jy nie jy’s ‘n tempel... Hierdie was een van my gunsteling kinder liedjie gewees, maar ek dink nie een van ons het besef wat ons sing nie want niemand het ons dit geleer nie.

Kom ek verduidelik in die Grieks is daar drie woorde wat gebruik word vir tempel. Die eerste woord is hieron wat verwys na die fisiese tempel wat in Jesus se dag in Jerusalem aanwesig was (Matteus 21:12). Die tweede woord vir tempel in die Grieks – Romeinse wêreld is die woord cheiropoiétos wat gewoonlik verwys na ‘n nagemaakte afgodstempel (Handelinge 9:11, 24). Laastens is die derde woord wat ons aantreg in die Nuwe Testament vir temple die woordjie naos. Van al die woorde is die een die belangrikste omdat die woord spesifiek verwys na die allerheiligste.

Die allerheiligste was natuurlik die plek waar slegs die hoëpriester kon ingaan weens die sonde van die mens kon geen persoon die gedeelte binnegaan nie omdat die teenwoordigheid van God alleen die persoon sou verwoes het. Dis hoekom die hoëpriester vir homself en vir die volk eenkeer ‘n jaar ‘n offer moes gebring het om sodoende hulle sonde te kon bedek, en sodat hulle weer die verbond met God kon hernu (Hebreërs 9:7). Die rede hoekom ek sê dat die offers in die Ou Verbond slegs ‘n persoon se sondes bedek het is omdat die verbong ‘n skadubeeld was van die Verbond wat God nou binne in Homself, tussen Hom en Sy Seun gesluit het sodat ons deur Hom verlos kan word van die slawejuk van sonde (Romeine 6:18).

God se plan was dus van die begin af om in verhouding met die mens te staan, sodat die mens saam met Hom kan heers, maar die mens het droogemaak en daarom het God Sy Seun na die wêreld toe gestuur het sodat ons weer saam met Hom en deur Hom weer hier op die aarde kan heers (Johannes 3:16 en Romeine 5:12 - 17). Dus is die Nuwe Verbond veel beter, soveel meer dat die tempel se voorhangsel voor die allerheiligste van bo tot onder geskeur het toe Jesus met ‘n harde stem uitgeroep het tetelestai! Wat as ‘n mens dit vertaal beteken dit, dit is volbring, Ek het betaal of Ek het dit klaargemaak (LXX NASB). Die moment toe Jesus dit gedoen het was die ou naos daarmee heen en God het nou ‘n nuwe allerheigste deur die Heilige Gees naamlik ek en jy. Paulus self stel diet soos volg in 1 Korintiërs 6:19 – “Of weet julle nie dat julle liggaam 'n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie? Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort.” (1953 vertaling) Deur dit wat Paulus hier sê, sê hy eerstens hoe lief God ons het en hoe waadevol ons is. Wat ook duidelik is, is dat ek en jy nou ‘n verantwoordelikheid het om Jesus te verteenwoordig hier op aarde en ons doen dit nie omdat ons moet nie, maar omdat ons wil want dit is immers deur die krag van die Heilige Gees wat ons nou tot eer van die Here lewe (Romeine 8:15 – 16 en 1 Johannes 4:19). Dit is ook deur die Heilige Gees wat ons die genade, heerlikheid, vreugde en vrede van God kan beleef wie Jesus Christus self is. Gaan en wees sout en wees lig!

Werke Aangehaal

LXX NASB: Online Greek Lexicon, Accesed from: https://biblehub.com/lexicon/john/19-30.htm


 
 
 

Recent Posts

See All
Die Kosbaarheid van die Seun

Wie is Jesus en waarom is Hy so belangrik? Wel hierdie vraag is geweldig belangrik want dit bepaal ons hele lewe. Dit bepaal wat ons dink...

 
 
 
Geroep om soos Jesus te word

Wat dink jy iemand is wat geroep is om ‘n verskil te maak in hierdie wêreld? Baie mense het in die verlede en selfs vandag gedink dat...

 
 
 

Comments


© 2023 by Marketing Inc. Proudly created with Wix.com

bottom of page