top of page
Search

Gered uit Genade deur Goof

Waaroor gaan die evangelie? Wel eerstens gaan dit nie oor my of oor jou, want as dit oor ons gegaan het dan het ons nie Jesus nodig gehad nie. Want die feit is alle mense wie nog nie hulle knee gebuig het voor Jesus nie is verlore en God se genade is vandag vir elkeen van hulle beskikbaar. Let wel God gaan niemand vorseer om Hom in ‘n vehouding met Hom te staan nie. Inteendeel God is die Skepper self en het niemand nodig nie. Hierdie is einklik merwaardig want dit sê vir ons dat God uit liefde geskep het en dat Hy die mens persoonlik wil ken. Die mens het egter gerebeleer teen God, wat die verhouding verbreek het (Gensis 3). Tot so ‘n mate dat geen mens dit naby God se heiligheid weer kon waag nie (Romeine 3:23 – 26). Maar God het ‘n plan gehad voor die grondlegging van die wêreld en daardie plan het ‘n naam. Sy naam is Jesus Christus wie die heerlikheid, die vreugde en die genade van God is. Meer as dit Hy is God self wie nou redding bewerkstellig het vir elkeen wat glo (Johannes 5:24, 6:47; Romeine 10:9 – 10; Galasiërs 2:16 en Hebreërs 11:6, 12:2).

Dis duidelik dat nie een van ons God se redding verdien nie en as dit nie vir Jesus was nie dan was ons almal verlore vandag gewees sonder hoop en sonder ‘n toekoms verwagting. Vir die wat vandag verlore moet ons ook die goeie nuus aangaande Jesus Christus verkondig, want God se genade is vandag beskikbaar vir elke mens. God gee dus vir die mensdom kans om na Hom toe te draai, want daar gaan ‘n dag kom wanneer Christus gaan terugkeer om alles weer te restoreer en dan gaan Hy alle ongeregtigheid van die aarde af wegneem (Romeine 2:6 – 8; 2 Tessalonissense 1:8 – 9; Openbaring 14:11, 19:20, 20:13 – 15 en 21:1 - 8).

Nie een van ons kan sê dat ons God se genade verdien nie, want elkeen van ons het teen God gerebeleer en ons eie weë gevolg (Romeine 3 en Efesiërs 2). Ons eie poging het ons altyd in die moeilikheid laat beland en dus juis waarvan God ons bevry het in Christus Jesus. Een voorbeeld van ‘n man wat die genade van God op ‘n ingrypende manier beleef het, was Matteus gewees.

Ons ontmoet vir Matteus toe hy eendag besig was met sy werk in die tolhuis. Matteus was op die stadium van sy lewe ‘n gehate tollenaar gewees, en ek kan net dink hoe hy moes vopel toe hy die gebeure van sy lewe op die stadium neergepen het en toe Jesus die merkwaardige woorde: “Volg My” gesê het (Matteus 9:9), (1953 vertaling) Die momonet toe Jesus hom geroep het, het hy die ondenkbare gedoen en sy werk bedank.

Matteus het hier ‘n geweldige groot geloofstap geneem, want anders as die ander dissipels sou hy nooit weer ‘n werk kon kry nie. Die rede hiervoor is omdat geen Jood wat sy sout werd was sou dit waag om ‘n gewese tollenaar aan te stel nie. Want tollenaars was Jode wat vir die Romeine gewerk het en hulle eie mense uitgebuit het net so dat hulle ook darem geld kon kry vir al hulle harde werk (Du Plessis 2007:1394). Dus het Matteus ‘n radikale lewens verandering gemaak, een wat bitter min mense bereid was om te maak.

Nie net het Jesus ‘n tollenaar geroep om Hom te volg nie, maar Hy het selfs na Matteus se huis gegaan om saam met Hom en klomp ander tollenaars en sondaars te gaan eet het (Matteus 9:10). Die Fariseërs was glad nie ingenome hiermee gewees dat Jesus saam met die groep mense geeëte het nie, want hulle sê sommer vir die dissipels: “Waarom eet julle Meester saam met tollenaars en sondaars?” (vers 11), (1953 vertaling) Die rede hoekom die Fariseërs so kwaad vir Jesus was is omdat hulle mense geleer het dat hulle nie mag meng met sondaars nie. Jesus het egter die grense kom afbreek, want Hy het nie gekom vir die wie dink hulle saak is reg met God nie, maar juis vir hulle gekom vir die wie geweet het dat hulle saak met God nie reg was nie (Matteus 9:12), (van Zyl 2019:1619). Dis natuurlik ook ironies dat die mense wie die skrif die beste geken het nie besef het hoe verlore hulle was nie, hulle was dus bloot hoogmoedig gewees en het nie besef dat dit God se hart was om mense op te soek, te vind en te verlos nie (Du Plessis 2007:1395). Dis hoekom Jesus vir hulle gesê het: “Maar gaan leer wat dit beteken: Ek wil barmhartigheid hê en nie offerande nie; want Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering.” (Matteus 9:13), (1953 vertaling).

Jesus het verseker die mense van Sy dag geskok om te meng met mense wie in hulle oë onrein was en wie hulle geglo het hulle onrein kon maak. Veral die godsdienstiges was geweldig geskoei op dit gewees weens hulle tradisies wat hulle by die wet van Moses bygevoeg het. Hulle was ook meer besorg gewees oor uiterlike onreinheid, maar kon nie die onreinheid in hulle eie harte raak sien nie. Dit wil sê hulle kon nie sien hoe verlore hulleself was nie, en dis presies wat Jesus wil hê hulle moet sien. Jesus het dus met sondaars uitgehang sodat Hy hulle kon lei na die plek waar hulle kon sien hoe bankrot hulle sonder God is deur eers in verhouding met hulle te tree. Hierdie sê vir ons dat Jesus nie hulle sondes goedgekeur het nie, maar dat Hy bereid was om saam met hulle die lang pad te gestap het sodat hulle tot inkeer kon kom. Mag ons ook hier in Jesus se voetspore volg en so mense na Hom to lei deur die manier wat ons leef en praat.

Werke Aangehaal

1953 vertaling: Die 1953 vertaling van die Bybel, Die Bybelgenootskap van Suid Afrika


 
 
 

Recent Posts

See All
Die Kosbaarheid van die Seun

Wie is Jesus en waarom is Hy so belangrik? Wel hierdie vraag is geweldig belangrik want dit bepaal ons hele lewe. Dit bepaal wat ons dink...

 
 
 
Geroep om soos Jesus te word

Wat dink jy iemand is wat geroep is om ‘n verskil te maak in hierdie wêreld? Baie mense het in die verlede en selfs vandag gedink dat...

 
 
 

Comments


© 2023 by Marketing Inc. Proudly created with Wix.com

bottom of page