Gebed met ‘n Verskil
- The Shepherd's Way Ministries
- Dec 5, 2022
- 8 min read
Gebed is ‘n belanrike faset vir elke dissipel van Jesus, want daardeur verheerlik ons die Here en spandeer ons tyd met Hom. Ons moet ook verstaan dat gebed in esensie nie oor ons gaan nie maar eerder oor die heilige liefdevolle God wat ons nooi om tyd met Hom te spandeer. Want alhoewel God niemand nodig het nie wil Hy ‘n persoonlike verhouding met die hê. Dis hoekom Hy immers Sy Seun gestuur het sodat ons deur Hom verlos kan word en die Vader weer opnuut kan ken. Nou kom ons by die vraag, en dit is, hoe bid ons?
Wel Jesus het op ‘n keer vir die dissipels begin leer aangaande gebed deur die volgende te sê: “En wanneer jy bid, moet jy nie wees soos die geveinsdes nie; want hulle hou daarvan om in die sinagoges en op die hoeke van die strate te staan en bid, om deur die mense gesien te word. Voorwaar Ek sê vir julle dat hulle hul loon weg het.” (Matteus 6:3), (1953 vertaling) Die geveinsdes is spesifieke Joodse groepe waarna Jesus hier verwys wat op ‘n daaglikse basis op vasgestelde gebeds tye gaan bid het en wanneer hulle dit gedoen het, het hulle seker gemaak dat hulle in die publieke oog was sodat almal kon sien hoe geestelik hulle was. Hulle het gewoonlik 09:00 die oggend en 15:00 die midag gaan bid, wat gewoonlik te paart gegaan het met groot vertoning (van Zyl 2019:1610). Hulle was dus uiters oppervlakig in hulle verhouding met God, en hoogs skeinheilig. Ons moet ook maar versigtig wees dat ons dit nie ook doen nie, veral by gebedsaangeleenthede.
Dus gee Jesus baie praktiese raad wanneer dit by gebed kom, en Hy doen dit om God se hart vir mense te openbaar, sodat hulle onverhinderd met hulle Vader tyd kan spandeer. Eerstens sê Jesus dat wanner ‘n persoon bid dat hulle na hulle “binnekamer” toe moet gaan die deur moet toemaak en daar tot jou Vader moet bid (1953 vertaling), (Matteus 6:6). Die binne kamer wat Jesus hiervan praat was letterlik die spens gewees, want dit was die mees private plek in die huise van die tyd gewees. Jesus sê hierdeur dat wanneer dit by gebed kom wil God hê dat die mens in ‘n persoonlike gesprek met Hom tree, want soos enige vader begeer Hy om tyd met sy kinders deur te bring. Dit beteken egter nie dat Jesus publieke gebed verbied het nie, maar eerder dat ons bedag daarop moet wees om nie die fokus op onself te plaas nie, maar op God (Matteus 18:19 – 20 en Handelinge 1:24, 4:24), (van Zyl 2019:1610).
Jesus sê ook dat ons nie soos die nie – Jode moet maak wat baie woorde gebruik nie, want dit wat hulle doen is einklik baie oppervlakkig en nikseggend omdat die gode wat hulle dien, geen gode is nie maar dooie beelde wat niks vir hulle kan doen nie (Matteus 6:7). Gewoonlik wanneer nie – Jode gebid het sou hulle hul god se naam oor en oor gebruik het, omdat hulle gedink het deur dit te doen die god hulle gebede sou verhoor het (1 Konings 18:26 en Handelinge 19:34). Ons as gelowiges aanbid egter ‘n lewende God wat kan hoor wanneer ons bid, en daarom wanneer ons bid moet ons seker maak dat dit nie net lippetaal is nie, maar dat dit wat ons bid opreg is en in ooreenstemming met Sy wil is (Markus 14:39 en 2 Korintiërs 12:8), (Matteus 6:7 – 8), (Wilkins 2011:1972). Want gebed is nie ‘n ritueel nie, dis ‘n gesprek tussen ‘n kind en sy of haar Hemelse Vader wat hulle gebede wil verhoor.
Dis duidelik dat vir Jesus was gebed geweldig persoonlik gewees, en daarom begin Hy die dissipels leer deur te sê: “Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word;” (1953 vertaling), (Matteus 6:9) Met die woorde wil Jesus vir die dissipels leer dat God ahoewel God heilig is, is Hy ook persoonlik, daarom kan ons Hom ons Vader noem (Du Plessis 2007:1387). Dit beteken egter nie dat ons bekend kan word met God nie, in die sin dat Hy op dieselfde vlak as ons is nie, want Hy is God en ons die skepsel, Jesus wil dus hê dat die dissipels mooi moet verstaan dat gebed nie oor hulle gaan nie, maar dat dit oor God gaan, en dat Sy naam verheerlik moet word.
Die tweede faset van die gebed is: “laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde;” (1953 vertaling), (Matteus 6:10) Hier leer Jesus aan die dissipels dat soos wat ‘n mens bid maak God Sy wil aan hulle bekend, en leer hulle hoe om te wandel volgens Sy wil. Maar wat is die God se wil vir ons lewe? Dit is dat ons Sy Seun sal volg deur om goed te doen, om teenstand te vat, om heilige te lewe, om dankbaar te wees en deur om vrygewig te wees (2 Korintiërs 8:1 – 5; 1; 1 Tessalonisense 4:3, 5:16 – 18 en Petrus 2:15, 17, 3:17), (Joubert 2019). Ons is immers geroep om in ‘n verhouding met Jesus te staan en te word soos Hy is (1 Korintiërs 1:9 en Romeine 8:29). Dus moet ons bid dat God ons sal help om in die voetspore van Sy Seun te loop, want deur dit te doen sal Sy wil geskied hier op aarde net soos in die hemel. Hierdie sê dus vir ons baie duidelik dat God verseker ons gebede sal beantwoord deur om ons te verander en te vernuwe sodat Sy koninkryk hier op aarde sal uitbei tot Sy eer (van Zyl 2019:1610 – 1611).
Nog ‘n ding wat Jesus die dissipels geleer het was dat hulle geheel en al God moet vertrou vir hulle daagliskse behoeftes (Matteus 6:11). Dit beteken nie luukshede soos wat die welvaart teoloë leer nie, want hulle maak gewoonlik die mens die middelpunt en nie God nie. Jesus praat veel eerder hier van noodsaaklikhede waar sonder ons nie kan leef nie (van Zyl 2019:1611). Dit beteken nie dat ons nou net agteroor kan sit en niks hoef te doen nie, dit beteken doodgewoon dat alles wat ons het aan God behoort, ons is doodgewoon net die bestuurders van dit wat God aan ons toevertrou het. Ons neem dus verantwoordelikheid oor dit wat Hy aan ons toevertrou het. Ons moet ook onthou dat ons nie vir God dien vir wat Hy vir ons kan gee of doen nie nie, maar vir wie Hy is en wat Hy gedoen het in en deur Sy Seun. Paulus het hierdie baie goed verstaan toe hy in Filippense 4:12 – 13 gesê het: “Ek weet om verneder te word, ek weet ook om oorvloed te hê; in elke opsig en in alle dinge is ek onderrig: om versadig te word sowel as om honger te ly, om oorvloed te hê sowel as om gebrek te ly. Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.” (1953 vertaling) Wat Paulus hier sê is dat deur die lewe het Jesus hom geleer om vergenoeg te wees, en dat Jesus hom deur die lewe gedra het. Met ander woorde Jesus was Paulus se bron gewees, en het op tye toegelaat dat hy deur storms gegaan het om sy geloof te versterk, en deur die storms het Paulus een van die belanrikste openbaringe in die lewe ontvang, en diy is dat Jesus is genoeg is. Selfs al het hy min of baie Jesus is meer werd as enige iets wat hierdie wêreld ooit kan gee, want Hy oortref alles.
Vergifnis is ook nog ‘n belanrik faset wanneer dit kom by ons verhouding met die Here, daarom het Jesus vir die dissipels gesê: “en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe;” (Mattues 6:12), (1953 vertaling) Die rede hoekom ons vir God vra om ons te vergewe eerstens vir die sondes wat ons teen Hom begaan het, is omdat ons in verhouding met Hom staan en weet dat sonde ons verhouding met God skade aandoen. Ons vra ook vir God om ons te vergewe net soos wat ons die vergewe wie teen ons gesondig het, omdat ons weet dat die genade wat Hy deur Sy Seun aan ons bewys het ons nie verdien het nie (Wilkins 2011:1973).Vergifnes is ook ‘n merkteken van die ware kinders van God, want hulle sal altyd daarna streef om in ooreenstemming met wie Jesus is te leef (van Zyl 2019:1611), (Johannes 14:15). Dis ook immers die hartklop van die evenangelie, veral as ons in ag neem wat Jesus in ons plek aan die kruis goed het. Dus deur nie te vergewe nie sê einklik in Jesus se gesig dat die prys wat Hy betaal het nie genoeg was nie, en dat jy beter as Hy is. Onvergifnis is so gevaarlik dat selfs jou fisieke gesondheid kan aantas.
Laastens kan ons God ook vertrou wanneer ons versoeking in die gesig staar, en geen Christen kan versoeking vryspring nie, daarom is dit noodsaaklik dat ons vir God vra: “en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matteus 6:13), (1953 vertaling) Soms kom daar moeilike omstandighede in ons lewe wat ons tot die versoeking kan lei om te sondig en daarom is dit nodig dat ons vir God vra dat Hy ons sal versterk in die tye, want uit ons eie kan ons nie die versoeking weerstaan nie (Wilkins 2011:1973). Want agter die versoekings is die Satan self wat op allerlei maniere ons probeer versoek, en hy wil hê ons moet val. Die enigste manier wat ons hom natuurlik kan oorwin is om te bid dat God ons sal versterk en ons die oorwinning sal gee, wetend dat Hy reeds die oorwinning bewerkstellig het in en deur Sy Seun (Johannes 19:30 en Kolossense 2:15), (van Zyl 2019:1611). Jakobus het dit ook baie mooi gestel toe hy gesê het: “Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.” (Jakobus 4:6), (1953 vertaling) Dus moet ons onself ondererp aan God en ons lewens inrig volgens Sy wil, want dis waar ons oorwinning lê.
Dan sluit Jesus hierdie gedeelte af deur weereens aan te sluit by die belanrikheid van vergifnis, en dit wat Hy sê moet ons ernstig op neem, Hy sê onder andere: “Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie.” (Matteus 6:14 - 15), (1953 vertaling) Weereens moet ons onthou dat iemand wat ander vergewe waarlik ‘n wedergebore kind van God is, of hy of sy nou deur ‘n proses dit doen, of dit onmiddelik doen, hulle is die ware kinders van God omdat hulle weet hoe duur God se genade is. Mense wie nie wil vergewe nie besef nie werklik hoe groot en hoe duur God se genade werklik is nie en dus maak hulle Sy genade goedkoop, en beteken die prys wat Christus in hulle plek betaal het niks vir hulle nie. Dus is vergifnis uiters belanrik wanneer dit kom by jou verhouding met God, en jou verhouding met mense.
Werke Aangehaal
1953 vertaling: Die 1953 vertaling van die Bybel, Die Bybelgenootskap van Suid Afrika
Du Plessis I J 2007:Matteus, In Vosloo W en Janse van Rensburg F (Redakteurs), Die Bybel in Praktyk, Christenlike Uitgewersmaatskappy, Vereeniging, 1930
Joubert S 2020: Kry Styl, Jesus s’n, Lux Verbi, NB Uitgewers, Media24 Boeke, Heerengracht 40, Kaapstad
Joubert S 2019: God se Wil: Deel 1, Verkry deur: https://www.youtube.com/watch?v=KZwvXRkGMoE
Van Zyl H 2019: Matteus, In van Rooy H en van Zyl H (Redakteurs), Tematiese Studybybel, Christenlike Uitgewersmaatskappy, Vereeniging, 1930
Commenti