Die Onvoorwaardelike, Eksklusiewe Liefde van God
- The Shepherd's Way Ministries
- Aug 29, 2022
- 7 min read
Liefde, wat weet ons werklik van liefde, veral in ‘n samelewing wat liefde geweldig goedkoop gemaak het, en waar mense blote objekte geword het wat ons sommer net eenkant toe kan gooi wanneer ons nie meer hulle in ons lewens wil hê nie. Dit moet ons natuurlik nie verbaas nie, want ons sondige natuur dryf ons om onself bo God, en bo ander te stel, wat natuurlik op die lang duur ons verhouding met Hom en ander verbreek. Dus is dit belanrik om te gaan kyk hoe God liefde definieër, en hoe Hy lief gehad het in, en deur Sy Seun, en hoe ons beter navolgers van Hom kan wees in ons daaglikse lewe.
Eerstens dink ek moet ons net vir mekaar sê dat God se liefde, heilig en onselfsugtig is. Dis heilig want dit kan nie sonde verdra nie, en dis onselfsugtig om dat God naby aan mense gekom het in en deur Jesus Christus omdat Hy mense wil verlos (Johannes 3:16 – 18). Kyk bevoorbeeld na die vrou wat in owerspel betrap was in Johannes 8:1 – 11. Ons sien hier hoe die skrifkenners en die Fariseërs haar na Jesus toe gebring het en haar voor Sy voete neergooi asof sy geen waarde het nie, Jesus op sy beurt hoor toe wat hulle vir Hom sê, maar ignoreer hulle, as gevolg van hulle hoogmoedige houding teenoor die vrou. En wat doen Jesus? Hy skryf op die grond, dieselfde grond waaruit Hy elke mens gemaak het (Johannes 1:1 – 5; Kolossense 1:16 en Hebreërs 1:3 - 4). Hulle hou toe natuurlik aan om Hom uit te vra oor die vrou, want hulle wou sien of Hy die wet van Moses sou oortree. Toe reageer Jesus soos volg op hulle versoek: ““Laat die een onder julle wat sondeloos is, die eerste een wees wat ’n klip na haar gooi.”” (NLV 2017) Jesus gaan toe weer en skryf toe verder op die grond. Die aksies en woorde van Jesus het natuurlik die skirfkenners en Fariseërs koud gelaat, want hulle kon nie hul posissie regverdig nie, want elkeen van hulle, net soos enige ander mens het God se wet oortree, en dus het hulle ook net soos die vrou God se liefde en genade nodig gehad.
Dus het hulle een vir een weggeloop, wat vir ons wys dat daar geen berou of bekeering van hulle kant af was nie. Jesus was toe alleen agterlaat by die vrou en vra haar toe: ““Vrou, waar is hulle heen? Het niemand jou veroordeel nie?”” (Johannes 8:10), (NLV 2017) Sy het geantwoord dat niemand haar veroordeel het nie, waarop Jesus toe soos volg gereageer het: ““Ek gaan ook nie. Gaan gerus, maar ook vir jou is daar ’n voorwaarde: gaan stel nou vir daardie mense ’n voorbeeld hoe om gehoorsaam aan God te leef.” (Johannes 8:11), (DB 2015) Hier sien ons baie duidelik in die gedeelte hoe God se liefde lyk, dit ryk eerstens uit na mense en tweedens verskoon dit ook nie hulle sonde nie, want as jy iemand in hulle sonde probeer regverdig wys jy dat jy nie werklik lief is vir so ‘n persoon nie. Ons moet onthou dat wanneer ons sê God is liefde, dan is Hy liefde in die waarheid, en nie in die leun nie (1 Johannes 3:1 – 10 en 4:8). Met ander woorde Hy lei mense weg van hulle sonde af, want die loon van die sonde is die dood, en dis presies hoekom Jesus gekom het om mense te bevry van die greep van die sonde en die dood (Romeine 6:23 en Romeine 8:2). Dus is God se liefde byde onvoorwaadelik eksklusief (Johannes 14:6).
Daar is ook nog ‘n ding wat ons kan leer van God se liefde in Jesus se lewe, en dit is dat Hy dikwels Sy tyd deur gebring het met mense wie juis God se liefde, genade en redding dringend nodig gehad het. Hierdie mense was gewoonlik die uitgeworpenes in hulle samelewing gewees, juis as gevolg van hulle sondes en siektes. Die godsdientige leiers het natuurlik ook geglo dat as jy uithang saam met die mense dan het jy self onrein geword en kon jy dus nie aanbid by die tempel nie. Wat natuurlik korrek is volgens die ritueele wette. Maar hulle het die sisteem misbruik deur ‘n lys saam te stel wat van die reinste tot die mees onreinste persoon gegaan het in hulle oë. Dis dan natuurlik nie verbaasend nie dat heel bo aan die lys was die Fariseërs gewees, wat die in die samelewing se oë die reinste was, en heel onder was die melaatses en tollenaars, wat as die onreinste beskou was. Tollenaars onder andere was glad nie welkom gewees tussen hul mede Jode gewees nie, omdat hulle namens die Romeine belasting ingevorder het. Die Roemeine het ook dan ‘n bepaalde som geld van elke tollenaar en streek verwag, daarom het hulle meer geld ingevorder as wat die Romeine geeis het sodat hulle ook darem ‘n wins daaruit kon maak. Hulle was dus diewe gewees wat hulle eie volksgenote besteel het.
Dis hoekom die volgende gebeurtenis so skokkend vir die godsdientige leiers van die dag was:“Terwyl Jesus daarvandaan verder gaan, het Hy 'n man met die naam Matteus by die tolhuis sien sit en vir hom gesê: “Volg My!”Hy het toe opgestaan en Hom gevolg. Jesus het by hom in sy huis gaan eet, en baie tollenaars en sondaars het saam met Jesus en sy dissipels kom eet. Toe die Fariseërs dit sien, vra hulle vir sy dissipels: “Waarom eet julle leermeester saam met tollenaars en sondaars?” Maar Jesus het dit gehoor en gesê: “Dié wat gesond is, het nie 'n dokter nodig nie, maar dié wat siek is. Gaan leer wat dit beteken: ‘Ek verwag barmhartigheid en nie offers nie.’ Ek het nie gekom om mense te roep wat op die regte pad is nie, maar sondaars.”” (Matteus 9:9 – 13 ), (NLV 2017)
Ons sien in die gedeelte dat Jesus een van die mees onreinste persone in die samelewing roep om een van sy dissipels te word. Hoekom? Wel want God se genade is nie vir die wie dit verdien nie, inteedeel dis juis vir sondaars wie Sy redding nodig het (Efesiërs 2:8 – 9). Petrus sou dit ook self moes geleer het, dit herinner my natuurlik net weer aan die reeks “The Chosen” toe Jesus vir Matteus geroep het, hoe Petrus geprotesteer het, en toe draai Jesus na hom toe en sê “Get use to Different.” Ek neem nie vir Petrus kwalik nie, want volgens historiese bronne sou Matteus heelwaarskeinlik die een gewees het wat nie net sy belasting nie, maar ook Andreas, Johannes en Jakobus sin ingevorder het. Hulle sou dus ook moes leer dat God juis gekom vir mense soos die, en dat as hulle Hom raakloop dan transformeer Hy hulle totaal en al, Hy maak hulle splinter nuut. Paulus sê dit baie duidelik in 2 Korintiërs 5:17 - “Daarom – iemand wat aan Christus verbind is, is ’n nuwe skepping. Die ou dinge is verby, kyk, die nuwe is hier!” (NLV 2017) Jesus het dus nie Matteus se sonde verskoon nie, inteendeel Hy het hom juis genooi om sy sondige weë agter te laat en Hom te volg, en dit het Matteus gedoen, wetend dat hy nooit weer ‘n werk sou kon kry nie. Want geen Jood sou ‘n voormalige tollanaar wou aanstel nie.
Maar Jesus het selfs meer as dit gedoen, Hy het saam met Matteus na sy huis toe gegaan, en het saam met Hom en ‘n klomp sondaars geeët. Nou die rede hoekom die Fariseërs so kwaad was, is omdat die Jode van die dag geglo het, dat as jy saam met ‘n onrein persoon, of ‘n nie – Jood geeët het dan het hulle jou of besmet met hulle sonde, of hulle demone vir jou gegee. Jesus probeer in die gedeelte die Fariseërs leer dat dit glad nie die geval is nie, inteendeel daar is nou ‘n nuwe bedeling waar Hy die goeie infeksie bring wat mense se lewens heeltemal transformeer, en die feit dat Hy saam met sondaars aan tafel gesit het, het geensins beteken dat Hy hulle sondes goedgekeur het nie. Inteendeel dit gaan eerder daaroor dat Hy in liefde na hulle toe uitryk sodat hulle ook die geleentheid kan kryk om God se reddende genade te kan proe. Hy het dus ‘n verhouding met hulle gebou, en uit die verhouding het Hy die evangelie met hulle gedeel. Ons moet ook op die manier mense lief hê, waar ons nie op dag een die evangelie in hulle kele wil afdruk nie, maar waar ons God se hart aan hulle openbaar deur hoe ons hulle hanteer, en hoe ons leef. Eers as ons dit gedoen het, kan ons dan praat oor wat die evangelie behels. Jesus het dit so gedoen, en Hy verwag van ons om dit ook so te doen, want mense in Sy oë is nie net objekte nie, maar wesens wat geskape is in God se beeld. Dus moet ons byde gelowiges en ongelowiges ook so sien, want deur om hulle op ‘n liefdelose manier te behandel is nie godelik nie, inteendeel ons oortree dan direk teen oor God op die manier. Ja ongelowiges kies nie noodwendig God nie, maar Hy het hulle nog steeds lief en wil hê dat hulle verlos moet word, en Hy roep vir my en vir jou om die goeie boodskap met hulle te deel, selfs al kos dit ons alles (Jesaja 45:22; Sagaria 8:7; Matteus 28:19 – 20; Lukas 24:47; Handelinge 2:38 - 42 en 2 Petrus 3:9).
Dis wat dit beteken om werklik sout en lig te wees in ‘n wêreld wat gebroke is, in ‘n wêreld waar mense van God vergeet het, en waar hulle doen net wat hulle wil. God vra van my en jou om ons lewens op te offer vir die wie dit nie verdien nie, net soos Hy sy Seun in ons plek opgeoffer het, want dit is waartoe Hy ons geroep het.
Werke Aangehaal
DB 2015: Die Geloof in Aksie Bybel met die Boodskap Teks 2006, Christenlike Uitgewers Maatskapy, Vereeninging
NLV 2017: Nuwe Lewende Vertaling Bybel, Christelike Uitgewersmaatskappy, Vereeniging,1930.
Comments