top of page
Search

Die Kosbaarheid van die Woord van God

Dit was gister Reformasie Sondag gewees, en bitter min Christene onthou die geweldige belanrike datum. Want as dit nie vir die gebeurtenis was wat 500 jaar terug plaasgevind nie, sou geen mens ‘n hy of haar persoonlike Bybel gehad het nie. Die rede hiervoor was dat geduurende die Middel Eeue was die Roomse kerk baie dominant gewees, in die sin dat net hulle die Bybel kon lees, en kon interpriteer. Hulle het dus die volle gesag uitgeoefen oor wat ‘n persoon mag en nie mag glo nie. Dit wil sê ‘n mens se gewete was gebind aan dit wat die kerk sê, en nie wat die Woord van God sê nie. Bonop was die Bybel in Latyns gewees, wat beteken het dat die gewone persoon op straat glad nie die Bybel kon lees of verstaan nie, en dit het gelei tot groot skaalse korupsie binne die kerk. Manne soos Martin Luther van Duitsland, Johannes Clavyn van Frankryk, Ulrich Zwingli van Switserland en John Knox van Scotland het ‘n groot probleem hiermee gehad. Want die kerk het die Woord van God geminag, en hulle het dit geweet, daarom het hulle die Bybel in hulle eie taal vertaal sodat elke persoon die Woord van God self kan lees, en op die manier direk kon hoor wat God werklik sê, in pleks van die kerk se verdraaing van die waarheid (Sproul).

Die Herformers het geweet dat geen instansie of organisasie die reg het om mense doelbewus te milsei nie, veral wanneer hulle weier om hulself te onderwerp aan die gesag van die skrif. Die Roomse kerk in die tyd het hulle eie tradiesie gelyk gestel met die skrif, en die Herformers het dit goed besef daarom het hulle die Bybel vertaal sodat die mense die waarheid vir hulself kon ontdek wat vir soveel jare van hulle ontneem was. Van die tradiesies het ingesluit dat die priesters nie mag trou nie, wat Luther self verwerp het, hy het ook baie duidelik geleer dat elke gelowige ‘n priester is en dat hy of sy die Here op ‘n unieke manier kan dien (1 Petrus 2:4 – 5), (Rothwell). Die kerk het ook as middelaar tussen die mens en God gedien, wat einklik lasterlik was, want die Bybel sê baie duidelik: Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus” (1 Timoteus 2:5), (1953 vertaling), (MacArthur 2017) Chritus is die enigste een wat kwalifiseer vir die posisie omdat Hy die enigste mens is wat nog nooit gesondig het nie, en bonop is Hy God Almagtig aan wie alle gesag behoort. Die kerk is doodgewoon Sy liggaam (wie onself is) en moet dus onder Sy gesag staan omdat Hy hoof is oor alle dinge (Matteus 28:18 en Kolossense 1:15 – 20). Die ware kerk is nie ‘n instansie nie, maar die die vergadering van die heiliges wat aan Christus behoort. Ons behoort dus nie aan ‘n instansie of ‘n institusie nie maar aan Hom.

Hierdie manne het hulle lewe gewaag om die suiwer onafgewaterde evangelie weer by mense uit te kry. Hulle het selfs hul lewe en reputasie op die spel geplaas. Calvyn byvoorbeeld het in 1534 ‘n toespraak afgelewer binne in ‘n kerk waar hy die mense aangemoedig het om terug te keer na die ware evangelie, sy toepraak het hulle toe verbrand en toe moes hy noodgedwonge vlug van Parys na Geneva toe. In die tyd het daar geweldige vervolging uitgebreek teen die Protestante. Daar was na beraming om en by 2000 van hulle lewendig verbrand in Frankryk. Calvyn het toe in reaksie hierop sy Instusies van Geloof geskryf wat tot vandag toe met groot vrug gebruik word deur die globale kerk (Sproul).

Dit was nie net Europa wat deur ‘n reformasie gegaan het nie, maar Engeland ook. Dit het als begin met Koning George die agste toe hy hoof geword het van die Anglikaanse Kerk in 1534. Onder sy leierskap was daar baie gelowiges wat vervolg was vir hulle geloof wat ‘n hoogte punt beryk het in die tyd toe Koningin Mary van die Skotte wat veroorsaak het dat baie gelowiges gevlug het na Geneva. Die vervolging sou eers beindig word met die opkoms van Koningin Elisabet die eerste wie in opstand gekom het teen die Roomse kerk, wat veroorsaak het dat sy deur die kerk gebrandmerk was as ‘n ketter in die jaar 1570 (Sproul).

Daar is talle ander voorbeelde van mense wie hul lewe prys gegee het vir die kosbare boek waardeur God Homself openbaar aan die mens deur die krag van Sy Gees. Vandag vergeet meeste Christine van die boek en verkies eerder om dagstukkies te lees. Nou ek het niks teen dagstukkies nie, maar dit mag nooit ons lees van die Bybel vervang nie. Want anders kan ‘n mens nie ten volle begryp wie God werklik is nie. Ons moet ook verstaan dat dit nie ons reg is om ‘n Bybel te kan besit nie, dis ‘n vooreg wat deur die genade van God aan ons gegee is. Daarom durf ons nie die lees van die Bybel te verwaarloos nie, want soos ons dit lees leer ons, om ons Herder se stem te ken en te erken, en wat kosbaar is van die proses is dat die Skrywer altyd by ons is soos wat ons lees.

Paulus self het dit soos vol gestel dit soos volg in 2 Timoteus 3:16 - 17: “Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.” (1953 vertaling) Wanneer Paulus hier praat van die Skrif, het hy in sy tyd verwys na die Ou Testament. Maar hierdie vers is van toepassing op byde die Ou en die Nuwe Testament. Petrus self het Paulus se briewe as Skrif beskou (2 Petrus 3:16). Paulus sê onder andere dat God die Skrif ingegee het, dan beteken dit dat Hy dit uitgeblaas het, en dat hy die Profete en die Apostles gebruik het om Sy Woord neer te skryf. Nou hierdie het nie op ‘n maganiese manier gebeur nie, want God het die mense se unieke omstandighede en persoonlikhede gebruik sodat elke geslag Hom kon leer ken deur Sy Woord. Ons moet ook verneem dat die Bybel ‘n boënatuurlike boek is, en dus het ons die Heilige Gees nodig om die waarhede vir ons te ontsluit sodat ons Hom beter kan leer ken. Dit is hoekom God die Bybel ingegee het sodat ons Hom waarlik kan ken, en sodat ons kan weet wat Sy wil is en hoe om volgens Sy bepalings te lewe (van Rensburg 2007:1894).

Dus as jy wil weet wie God werklik is, begin deur om jou Bybel te lees, want dit deur die boek wat God Homself bekend maak deur die krag van die Heilige Gees. Baie mense vandag sal sê hulle het nie tyd nie, maar dan moet ons, onself net weer opnuut herinner dat as dit nie vir ons broers en susters was van 500 jaar terug wie hulle lewe en reputasie op die spel geplaas het nie, sou ons nie die Bybel vandag gehad het nie. Dan praat ons nie eens van die 360 miljoen van ons broers en susters wat vervolg word net op grond van hulle geloof van Jesus Christus. Baie van hulle kan nie eens ‘n Bybel besit nie (Open Doors 2022). Ons aan die ander kant het baie meer om voor dankbaar te kan wees, want ons kan ons geloof openlik uitleef sonder enige vervolging. Vir die wat dalk regtig min tyd het, begin dalk om die Bybel op jou foon te luister terwyl jy werk, en wanneer jy tyd kry om te rus raak stil voor die Here praat met Hom en dink na oor wat jy deur die week geluister het. Want God wil tyd met ons spandeer, want ons was immers gemaak om Hom te geniet verwewig. Want dit is in Hom wat ons ontdek wie ons is, wat ons roeping is en wat dit beteken om werklik te lewe. Begin dus vandag om tyd met Hom te spandeer in Sy Woord, en laat die Heilige Gees jou help om nuwe waarhede aangaande Christus te ontdek. Onthou ook om met Hom te praat deur gebed en deur stil te luister na Sy stem. Doen dit en ontdek die lewe in oorvloed.

Werke Aangehaal

1953 vertaling: Die 1953 vertaling van die Bybel, Die Bybelgenootskap van Suid Afrika

Janse van Rensburg 2007: 2 Timoteus, In Die Bybel in Praktyk, Christenlike Uitgewersmaatskappy, Vereeniging 1930

MacArthur J 2017: The Reformation and the Word of God, Aanlyn Artikel, verkry deur: https://www.gty.org/library/blog/B171023/john-macarthur-on-the-reformation-and-the-word-of-god

Sproul R.C.: The History of the Reformation, Aanlyn Artikel, verkry deur: https://www.ligonier.org/learn/articles/the-history-of-the-reformation

Opendoors 2022: World Watch List 2022, Aanlyn Artikel, verkry deur: https://www.opendoorsusa.org/christian-persecution/


 
 
 

Recent Posts

See All
Die Kosbaarheid van die Seun

Wie is Jesus en waarom is Hy so belangrik? Wel hierdie vraag is geweldig belangrik want dit bepaal ons hele lewe. Dit bepaal wat ons dink...

 
 
 
Geroep om soos Jesus te word

Wat dink jy iemand is wat geroep is om ‘n verskil te maak in hierdie wêreld? Baie mense het in die verlede en selfs vandag gedink dat...

 
 
 

Commentaires


© 2023 by Marketing Inc. Proudly created with Wix.com

bottom of page