Die Herder se Stem
- The Shepherd's Way Ministries
- Mar 6, 2023
- 2 min read
Ek het vir jou ‘n vraag vandag. Ken jy die Herder se stem? Want Jesus sê in Johannes 10:4 – 5 dat Sy eie skape sy stem ken, end at hulle nooit na ‘n vreemdeling se stem sal luister nie. Dis baie duidelik dat Jesus die gelykenis met die konteks van ‘n herder vertel het. Want in die antike tyd sou ‘n herder ‘n lametjie na dat hy of sy van hulle ma gespeem was, geneem het op sy skouers en soos wat hy dan loop sou hy gepraat het met die skaap. Deur die manier het die herder verseker dat die skaap net na sy stem sal luister. God werk met ons op presies dieselfde manier.
Dis hoekom Dawid byvoorbeeld gesê het in Psalm 23:1 – “Die Here is my herder; niks sal my ontbreek nie.” (1953 vertaling) Dawid het geweet dat God dien beste herder is wat daar is en dat dit belangrik is om Hom persoonlik te leer ken. Want soos wat ‘n mens Hom leer ken ontdek jy dat Hy die bron is van alle lewe, geluk, vrede, vergenoegdheid, voorsiening, vrede en jou eie identeit in Hom. Maar hoe leer ons dan die Herder se stem leer ken? Wel deur om geduurig jou Bybel te lees, deur te bid en deur stil te sit sodat Hy jouk an bedien. Mag jy ook ontdek dat die ware bron van die lewe die goeie Herder is wat jou lei na waters waar daar rus is en as jy tans deur ‘n storm of krises gaan dan is Hy met jou in die dal en lei Hy jou deur die dal van doodskaduwee.
Werke Aangehaal
1953 vertaling: Die 1953 vertaling van die Bybel, Die Bybelgenootskap van Suid Afrika
Commentaires