Die Goeie Herder
- The Shepherd's Way Ministries
- Jun 28, 2021
- 4 min read
Inleiding
Die Here is my herder is ‘n baie bekende Psalm en gesang wat oor die eeue heen gelees en gesing word in die kerk. Dis ‘n kosbare Psalm wat vir baie mense na aan die hart lê. Maar wat beteken dit om te sê die Here is my Herder, en hoe lyk die hart van die Herder.
1. Die Here is ‘n Herder vir Sy Skape
Dawid begin natuurlik die Psalm met die baie bekende frase: “Die Here is my herder;daar is niks wat my ontbreek nie.” (Psalm 23:1), (NLV 2017) Eerstens sê Dawid dat die Here sy herder is, wat beteken net soos ‘n skaap afhanklik is van sy herder so is Dawid afhanklik van die Here, tweedens sê hy dat niks hom ontbreek nie. Hoekom ontbreek niks vir Dawid nie? Dis omdat Dawid geleer het om vergenoeg te wees ongeag of hy ryk of arm is, bly die Here vir hom genoeg. Iemand anders wat hierdie kosbare waarheid ook geleer het was Paulus in Fillipense 4:10 – 13 wat die volgende sê:
“Ek was baie bly in die Here dat julle na so 'n lang tyd weer gewys het dat julle nog aan my dink. Nie dat julle my ooit vergeet het nie, julle het net nie die kans gehad om iets te doen nie. Ek sê dit nie omdat ek gebrek ly nie, want ek het geleer om my in alle omstandighede te behelp. Ek weet wat armoede is en ek weet wat oorvloed is; van alles het ek ondervinding: om genoeg te hê om te eet sowel as om honger te ly, om oorvloed te hê sowel as om gebrek te ly. Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.” (NLV 2017)
Byde die twee manne se geloof het nie afgehang van hulle omstandighede nie, want hulle het hulle hoop was nie net vir hierdie lewe nie, maar op die Een wat nooit sou vergaan nie, en wie altyd by hulle is. En dit is God wat hulle deur hulle omstandighede gedra het net soos wat Hy vir ons vandag nog soos ‘n goeie herder ons lei deur ons omstandighede.
Nie net ly die Here ons deur ons omstandighede nie Hy gee ook vir ons vrede en rus, en Hy gee vir ons net wat ons nodig het (Psalm 23:2). Net soos ‘n herder sy skape lei, so lei die Here ons. Want net soos ‘n skaap weet ons nie altyd wat ons nodig het nie, en daarom is dit belangrik om eerstens die Herder se stem te leer ken, en dit te gehoorsaam wetend dat dit selgs by Hom is wat ons werklike rus en vrede kan vind. Dis hoekom Jesus gesê het in Johannes 10:14: “Ek is die Goeie Herder. Ek ken my skape en hulle herken My” (NLV 2017)
Nie net gee die Here vir ons vrede en leiding nie, maar Hy gee ook vir ons nuwe lewenskrag en lei ons op die paaie van geregtigheid vir Sy naam ontwil (Psalm 23:3). Dawid het baie duidelik verstaan dat hy afhanklik is van God en dat hy nie op homself kon vertrou nie en dat dit net die Here is wat hom op die regte paaie kan lei. Wat natuurlik baie wys is want God gee baie keer meer om oor ons vreugde as wat ons werklik daaroor omgee. Want ons wil dikwels na dit gryp wat ons onmiddelik bevredig. En dan is dit nie lank nie, dan is daardie plesier wat ons na gejaag het ook nie meer die moeite werd nie.
2. Die Herder bly by ons
Dawid het ook geweet dat die Here by hom bly selfs deur die storms en onsekerhede van die lewe. Dis hoekom hy die volgende gesê in verse 4: “Wanneer ek loop in ’n baie donker kloof, sal ek nie bang wees nie, want U is naby my. U stok en u staf beskerm en ondersteun my.” (NLV 2017) Die kloof wat Dawid hier van praat kan heel moonklik die Wadi wees in die Judadese Woestyn waar daar gewoonlik rowers en moordenaars wegekruip het. Met ander woorde as mens deur hierdie kloof geloop het, het die skadu van die dood jou geagtervolg, maar selfs dan is die Here nog steeds met jou en Hy los jou nie, selfs al gaan jy deur gevaar, of krisesse of storms. Selfs in hierdie droogte bly die Here jou herder, en Hy verander nooit nie.
Dit laat my ook dink aan Petrus in Matteus 14 waar hy op die water geloop het in die middel van die storm en solank hy sy oë gevestig gehou het op Jesus, het hy staande gebly, maar die oomlik toe hy sy oë afgehaal van Jesus af, toe het hy gesink. En Dawid het dit ook baie goed verstaan, selfs al was hy bewus van al die gevare wat die lewe vir hom kon op dus, bly God in beheer en kan hy op Hom vertrou.
3. Die Here Nooi ons om Saam met Hom Fees te vier
Nie net is die Here die herder van die getroues nie, Hy berei ook vir hulle ‘n feesmaal voor in die teenwoordigheid van hulle vyande (Psalm 23:5). Die vyande wat Dawid hier van praat is heel moonklik vyande wat reeds oorwin is en daarom loop sy beker oor. Hy het nie te kort nie want die Here is goed vir hom en daarom vier Dawid fees saam met die Here. En ons as gelowiges wie glo in Jesus gaan ook eendag fees vier wanneer alle sonde en smart verwyder sal word, wanneer Satan finaal oorgelewer gaan word aan die ewige oordeel. Nie net dit nie ons kan ook nou die lewe saam met Jesus geniet, want die Hemel is nie ‘n plek nie. Dis Jesus self, dis Sy teenwoordigheid by ons deur die werking van die Heilige Gees. Ek wil dan afsluit met die volgende woorde van 2 Korintiërs 5:17 – “Daarom – iemand wat aan Christus verbind is, is ’n nuwe skepping. Die ou dinge is verby, kyk, die nuwe is hier!” (NLV 2017)
Slot
Die ou dinge is verby die nuwe het gekom! Christus het klaar die prys betaal sodat Hy nou by jou kan wees, en sodat Hy jou kan lei selfs in die storms. Volg Hom, leer by Hom, klou vas aan Hom, en vertrou Hom.
Werk Aangehaal
NLV 2017: Nuwe Lewende Vertaling Bybel, Christelike Uitgewersmaatskappy, Vereeniging,1930.
Comments