top of page
Search

Die Geseëndes in die Koninkryk van God

Inleiding

Geseënd, wat beteken dit? Beteken dit dat alles vir jou uitwerk, en dat al jou drome waar word? Wel Jesus nooi ons na ‘n grooter realiteit, Hy nooi ons in Sy Koinkryk in. Hy wil hê dat jy geseënd sal wees in alle omstandighede, of jy nou min of baie het Chritsus wil werklik hê dat jy geseën sal wees. Maar wat beteken dit om geseënd te wees deur Jesus se oë? Kom ons luister na wat Jesus vir ons sê in Mattues 5:1 – 12.

Die hoofstuk begin waar Jesus besig is om op ‘n berg te klim en groot skare mense het agter Hom aangekom. Wat nogals die norm was in Jesus se bediening. Toe Hy gaan sit, kom die dissipels en sit by Sy voete, wat vir ons aandui dat Hy direk Sy dissipels geleer het. Dit beteken egter nie dat Jesus die skare buite rekening gehou het nie, natuurlik (Du Plessis 2007:1382). Vraag, hoe het mense Jesus se boodskap gehoor? Wel tradisioneel het Jesus die boodskap gelewer op die noordelike oewers van die See van Galilea (Van der Watt 2010). Rondtom die heuwel is ‘n natuurlike amfieteater wat gehelp het om die stem van Jesus te verhef sodat almal hom kon hoor. ‘n Ander manier wat mense ook die boodskap natuurlik kon hoor is die dissipels kon dit ook vir die mense aanstuur wat natuurlik een van die maniere was hoe mense nuus verspry het.

Ons moet ook vermeld dat baie van die inhoud van die berg predikasie het Jesus ook op ander plekker gebruik, want dit gee ons ‘n baie duidelike idee van hoe Jesus gepreek het (Van der Watt 2010).

Hierdie is die konteks van waarin Jesus gepreek het en Hy begin die preek deur om te sê: ““Gelukkig is dié mense wat weet hoe nodig hulle God het, want die koninkryk van die hemele is húlle deel.” (Matteus 5:3), (NLV 2017) Hierdie is ‘n baie belangrike ding wat Jesus hier vir ons leer, want glo dit of nie God het jou nie nodig, jy het Hom nodig. Dus waar is jou bron? Is dit jou beursie? Jou versekering? Moenie ‘n fout maak nie al die dinge is belangrik, maar ‘n mens moet besef waar al die goeie dinge vandaan kom. Want baie keer as alles goed gaan dan vergeet ‘n mense baie maklik van God en wanneer tragedies kom dan kry baie mense se geloof skade. Moenie ‘n fout maak nie God het jou nie nodig nie, maar Hy wil jou hê. Want saam met Hom kan ons, ons skeppings doel uitleef, en kan ons ‘n lewe leef met betekenis. Of dit nou goed of sleg gaan ek en jy het Jesus nodig.

“Gelukkig is die treurendes, want God sal self hulle trane afvee.” (Matteus 5:4), (NLV 2017) Hierdie is ‘n kosbare teks veral vandag waar soveel mense hulle werk verloor het en of siek, of dood is. Want Jesus maak ‘n belofte dat die wie nou treur vertroos sal word. Dit herinner ‘n mens aan Johannes 14:16 waar Jesus die dissipels belowe dat Hy die Heilige Gees, die Helper wat veraltyd by ons sal wees. En die Heilige Gees het gekom en Christus is nou by elke gelowige deur die Heilige Gees waar Hy ons troos en bekragtig elke dag, selfs in ons nood en smart. Baie keer stuur Hy ook ander gelowiges om jou by te staan. Want die liggaam van Christus stig, bemoedig, ondersteun, sorg en troos mekaar in Jeskus se naam sodat daardie persoon ook op die manier iets van Jesus se nabyheid kan beleef.

Die treurendes word nie net vertroos nie hulle is ook geseëndes, omdat hulle treur oor die regte dinge. Dit herinner my aan ‘n lied van Hillsong wat lui (Hillsong Worship 2017): “Braek my Heart for what braeks Yours.” Met ander woorde as jy waarlik ‘n dissipel van Jesus wil wees dan gaan jou hart breek vir wat Syne breek. Want ware dissipels van Jesus ontferm hulle oor ander net soos wat Hy gedoen het en nog steeds doen, want hulle het onselffsugtig liue Dit herinner my ook aan ‘n preek van Cassie Carstens waar hy dit ook duidelik maak dat ‘n ware Koninkryk dissipel sal altyd meegevoel toon vir mense wat stukkend en seer het in die wêreld (Be a Kingdom Disciples). Dis die tipe seën wat Jesus ook van praat in die gedeelte, dis om soos Hy te dink en te voel.

Jesus sê ook die volgende: “Gelukkig is dié wat sag van hart is, want die nuwe aarde sal hulle erfporsie wees.” (NLV 2017), (Matteus 5:5) Die wie sag van hart is, is die mense wie lief is vir mense, en nie net die mense wie hulle van hou nie. Dit sluit in vreemdelinge, armes, wedewees, kinders en vyande. Mense wat op die manier lief het, het mense lief soos wat God dit verwag. ‘n Mens noem dit agapé liefde. Die tipe liefde is die tipe liefde wat God ons beveel om vir ander te hê. Ons naaste en ons vyande moet ons met Sy liefde lief hê. Dis hoekom Jesus vir Sy dissipels gesê het in Johannes 13:34 – 35: “Ek gee julle ’n nuwe opdrag: Julle moet mekaar liefhê; soos Ek julle liefhet, net só moet julle mekaar ook liefhê. As julle mekaar liefhet, sal almal daaraan sien dat julle my dissipels is.”” (NLV 2017)

Die tipe liefde is anders as philō wat liefde met voorwaardes is. Die agapé liefde is ‘n onselfsugtige tipe liefde waar jy so lief het dat mense naby jou kan kom, jy is met ander woorde weerbaar, so weerbaar dat hulle jou kan seer maak, en in sekere gevalle so naby dat hulle jou kan dood maak. Want glo dit of nie dis hoe Jesus ons liefgehad het, en dis hoe Hy wil hê elke gelowige mekaar en ander mense moet lief hê. Dis wat dit betekn om sag van hart te wees. En dis ‘n groot seën omdat jy die vooreg en geleentheid het om elke dag in Jesus se voetspore te kan loop en soos Hy kan word en leef.

Gelowiges is ook geseend wanneer hulle smag na geregtigheid want Jesus sê: “Geseënd is dié wat honger en dors na wat reg is, want hulle sal versadig word.” (NLV 2017), (Matteus 5:6) Die wie smag na geregtigheid is die mense wie graag God se Koninkryk wil vestig hier op aarde. En dis nie mense wie net bekommerd is oor onreg nie, die is mense wie met die leiding van die Heilige Gees iets doen aan die onreg in ons wêreld. Dis die mense wie van “concern” oorgegaan het na “compassion”. Dit laat my dink aan ‘n organisaies genaamt JAK 127 wat onder andere kyk na wees kinders en wat boere help in areas waar daar nood en droogte is,wat hier in Suid Afrika wonderlike werk doen vir God se Koninkryk. Jy kan gerus gaan kyk na hulle webtuiste om te kyk na alles wat hulle doen (https://jak127.org/). Die wie soek na geregtigheid blaas dus nie vure aan nie hulle blus dit met die genade water van Jesus.

Want die wie smag na geregtigheid is nie wraak sugtig nie, want hulle weet wie geregtigheid sal laat geskied op die regte tyd. Paulus byvoorbeeld leer ons in Romeine 12:19 – Laat staan al julle wraakplanne, my liewe broers en susters. Dit pas glad nie by gelowiges nie. Los sulke dinge vir God. Daar staan immers in die Bybel: “‘Ek alleen het die reg om te straf; Ek sal wraak neem,’” sê die Here.” (Die Boodskap 2015) Gelowiges neem nood wraak nie want hulle weet wie God is, en wie nie. Hulle hou hulleself ook nie besig met sulke planne nie, en koester ook nie woede in hulle harte nie. Inteendeel hulle is barmhartig teen oor ander mense en dis ook nog ‘n karakter eienskap van ‘n volgeling van Jesus. Hulle is barmhartig. Jesus sê self in Matteus 5:7 – “Geseënd is dié wat barmhartig is, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word.” (NLV 2017)

Nog ‘n karakter eienskap van die geseëndes binne die Koninkryk volgends Jesus, is die wie rein van hart is. Jesus maak dit ook duidelik dat hulle God sal sien, maar hoekom? Wel in Johannes 4:24Immers, God is Gees. Daarom is dit verstaanbaar en nodig dat die Heilige Gees die gelowiges moet help om Hom opreg te dien soos Hy daarvan hou.”” (Die Boodskap 2015) Volgelinge wat dus rein van hart is, is nie net uiterlik gelowiges nie, maar innerlik ook. Hulle verstaan dat die lewe slegs sin maak as hulle in verhouding staan met die Here. Die wie rein van hart is verafsku ook sonde en onreg en daarom sal hulle God sien, omdat hulle elke dag Hom behaag en deur Sy oë na die wêreld kyk.

Jesus het ook die volgende gesê oor die geseëndes in Matteus 5:9 – 10:Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word. Geseënd is dié wat vervolg word omdat hulle doen wat reg is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.” (NLV 2017) Ware vredemakers is die wie in die moeilikheid kom, omdat hulle die regte ding doen. Die regte ding veral in vandag se wêreld beteken om teen die stroom te gaan, om nie net te hoor en te lees van ondersboë Koninkryk van God nie, maar om dit ook so te leef. Hierdie is ook in my opinie waar ‘n mens die ware leiers van ons dag raak loop. Hulle leef anders as die res, hulle staan uit en is ook van die groot impak spelers binne die Koninryk van God omdat hulle gesterf het vir hulle ego’s en nou net een ambiesie het, en dit is om Jesus te ken en te doen wat Hy sê (Matteus 17:5).

Die geseëndes met ander woorde weet wie Jesus is, en omdat hulle weet wie Hy is weet hulle wie hulle in Hom is. Hulle kry ook hulle waarde van Hom af en daarom sal hulle getrou bly aan Hom en aan die taak wat Hy vir hulle bestem het ongeag omstandighede. Dis die tipe mense wie Jesus van praat wanneer Hy afsluit met die woorde: “Geseënd is julle wanneer die mense julle ter wille van My beledig en vervolg en valslik al wat sleg is van julle sê. Wees bly en verheug, want julle loon is groot in die hemel. Hulle het immers die profete voor julle net so vervolg.” (Matteus 5:11 – 12)

Slot

Dus is die geseëndes binne die Koninryk van God nie die magtiges, of rykes nie. Maar elkeen wie Jesus ken, wie Hom volg en doen wat Hy sê. Jesus is ook waar die geseënde sy of haar identiteit en waarde vandaan kry. Hulle leef onders te boë en lyk heeltemal ander as die rondtom hulle. En selfs al het hulle niks bly Jesus genoeg, want Hy is die skat van die Hemel wat die seën van God is.


Werk Aangehaal

Duplessis I 2007: Mattues, In Die Bybel in Praktyk, Die Christenlike Uitgewersmaatskappy, Vereeninging 1930

Die Boodskap 2015: Joubert S, Smith J en Van der Watt J, In Die Geloof in Aksie Bybel, Die Christenlike Uitgewersmaatskappy, Vereeninging 1930

NLV 2017: Nuwe Lewende Vertaling Bybel, Christelike Uitgewersmaatskappy, Vereeniging, 1930.

Van Der Watt J 2010: Die Bergpredikasie, (Aanlyn Artikel) verkry by http://www.bybelkennis.co.za/die-bergpredikasie/


 
 
 

Recent Posts

See All
Die Kosbaarheid van die Seun

Wie is Jesus en waarom is Hy so belangrik? Wel hierdie vraag is geweldig belangrik want dit bepaal ons hele lewe. Dit bepaal wat ons dink...

 
 
 
Geroep om soos Jesus te word

Wat dink jy iemand is wat geroep is om ‘n verskil te maak in hierdie wêreld? Baie mense het in die verlede en selfs vandag gedink dat...

 
 
 

Comments


© 2023 by Marketing Inc. Proudly created with Wix.com

bottom of page