top of page
Search

Die Evangelie Draai nie om ons nie

Het jy al ooit regtig mooi gaan dink wat die evangelie oor gaan, en waar die Bybel die klem plaas? Dit is belanrik om te weet wat die evangelie oor gaan, omdat dit jou beeld van God gaan bepaal, en as jy ‘n verkeerde beeld van God het kan dit selfs jou ewigheid bepaal. Die evangelie in kort draai om ‘n persoon, en Sy naam is Jesus, Jesus is die goeie nuus van God, en deur wie ons ontdek wie God is, en hoe God is (Markus 1:1 en Johannes 14:9). Jesus self het onderandere baie oor die koninkryk van God gepraat in die eerste drie evangelies, en Hy self is natuurlik die koning wat gekom het om te sterf aan die kruis en na drie dae weer uit die dood op te staan, sodat elkeen wat in Hom glo verlos kan word van hulle sonde en die dood, en weer versoen kan word met God (Deutoronomium 10:17; Matteus 28:18; Johannes 14:6; 2 Korintiërs 5:18; 1 Timoteus 6:15; Openbaring 1:5, 17:14 en 19:16). Paulus self het in Kolossense 1:15 – 20 ook gesê: “Die Seun is die sigbare uitbeelding van die onsigbare God. Hy is die Eerste van die hele skepping, omdat God alles deur Hom geskep het. Ja, alles in die hemel en op die aarde – die dinge wat gesien kan word en die dinge wat nie gesien kan word nie, of dit nou konings of heersers, regeerders of magshebbers is – álle dinge is deur Hom en vir Hom geskep. Hý was daar vóór alles, en in Hom word alles saamgebind. Hý is die hoof van die kerk, sy liggaam. Die Seun is die begin. Hy is die Eerste wat uit die dood opgestaan het sodat Hy inderdaad eerste in alle dinge is. God het dit goedgedink om met sy volle Goddelikheid in die Seun te woon, en om deur Hom alles met Homself te versoen. Deur die bloed van sy Seun aan die kruis het Hy vrede gemaak. Ja, deur Hom het Hy alles op die aarde en in die hemel met Homself versoen.” (NLV 2017)

Dit wat Paulus hier sê is geweldig en aan die ander kant onsettend kosbaar, want hy sê basies dat alles in die heelal om Jesus draai, Hy is met ander woorde die bron en onstaan van alles. Hy begin deur te sê dat Jesus die beeld van die onsigbare God is, dus as jy wil weet hoe God lyk moet jy jou geestike oë vestig op Jesus, soos wat ons reeds vir mekaar aan die begin gesê het. Paulus sê ook vir ons dat God alles deur Hom geskep het, of anders gestel God die Vader het deur God die Seun geskep, en alles is vir Hom geskep, selfs die onsienlike dinge. Dus was alle mense oorspronklik geskape om God te verheerlik deur Sy Seun, maar as gevolg van die sondeval het die mensdom einklik hulsef losgeskeur van Hom. En wat het gebeur? Wel soos die mens verder en verder van die tuin af beweeg het, het hulle uit hul eie poging probeer om hulself te red, wat op die ou end op die dood uitgeloop het (Romeine 5:12 - 21). As jy ooit gewonder het hoekom die Ou Testament so wreed is, is dit omdat die mens dinge op sy manier probeer regmaak het, en vandag gaan dit maar presies so met elke mens wie nie Jesus ken nie. Hulle soek die heeltyd vir redding in die tydelike, maar versaak die ewige. Die antwoord is dus Jesus, en dit sal altyd Jesus bly (Johannes 14:6).

Nog ‘n ding wat ons in Kolossense 1 sien, onder andere in vers 17 is dat Jesus voor die begin, die begin was, was Hy al daar saam met die Vader en die Gees, en dat alles deur Hom saam gebind word. Wat beteken dat Hy die heelal in stand hou, sonder Hom sou alles in duie gestort het. Jesus is ook die hoof van die kerk en Hy is eerste in alle dinge, wat ‘n ander manier is om te sê dat Hy voledig God is. Hy was dus nie ‘n bietjie mens en ‘n bietjie God nie, maar voledig mens en voledig God (Kolossense 1:18 – 19). Dit is ook deur Jesus wat God alles met Homself versoen het, dit sluit byde hemel en aarde in (vers 20). Maar wat bedoel Paulus hiermee? Dit beteken doodgewoon dat Christus reeds oorwin het, dat Hy besig is om te oorwin en dat wanneer Hy weer eendag terug gaan keer, dat Hy die finale oorwinning gaan voltrek. Deur die woorde sê Paulus dus doodgewoon dat Jesus nou koning is, en dat Hy tot in ewigheid toe sal heers oor beide hemel en aarde (1 Korintiërs 15:24 – 28; Openbaring 19:11 – 21 en 20:7 – 10), (Arnold 2011:2512). Natuurlik deel ons as gelowiges in Christus se oorwinning, in die sin dat ons verlos is van die sonde en die dood, en kan ons nou al ‘n stukkie van die hemel beleef deur elke goeie gawe wat uit Sy hand kom, en deur met dankbaarheid te leef vir Hom (Jakobus 1:17). Die hemel is ook nie ‘n plek nie, dis ‘n persoon en Sy naam is Jesus, en as Hy nie vir jou genoeg is nie dan gaan die ewigheid een groot teleurstelling wees (Stephan Joubert 2021).

Nog ‘n gedeelte waar ons met duidelikheid kan sien wat die kern van die evangelie is, is in Matteus 17. Dit is natuurlik die berg van verheerliking, waar Jesus Homself op ‘n merkwaardige manier aan Petrus, Johannes en Jakobus geopebaar het met Moses en Elia wat weerskante van Hom gestaan het. Ons sien ook hier ‘n beeld en dit is Moses wie die Wet verteenwoordig, en Elia wie die Protete verteenwoordig, en in die middel staan die Een wie altwee kom vervul het, wie ook self die outeur van byde is, deur die werking Heilige Gees wie deur mense dit neergepen het (vers 1 – 4; 2 Timoteus 3:15 – 17 en 2 Petrus 1:20). Daar is ook natuurlik nog ‘n ding wat gebeur het en dit is ‘n helder wolk het hulle oorskadu, net soos wat dit die Isrealite by Horeb oorskadu was (Eksodus 20 en Matteus 17:5). God kon natuurlik enige iets vir die drie dissipels gesê het, en dit wat Hy wel vir hulle in vers 5 gesê is geweldig kragtig want dit het vir elke liewe mens wat hulleself ‘n dissipel van Jesus noem implikasies. God sê vir die dissipels: “Hý is my geliefde Seun. Hy is ’n Kind so na my hart. Doen wat Hy vir julle sê.”” (NLV 2017) Vir God die Vader was dit baie belanrik gewees dat die dissipels eers moes ontdek wie Jesus vir Hom is voor hulle kan ontdek wie Hy vir hulle is, en Jesus in die Vader se oë is die geliefde van die Hemel die een wie Hom geweldig baie vreugde verskaf, omdat Hy in sy menslikheid sondeloos is, en in die selfde asem ook God self is wie waardig is om aanbid te word (Openbaring 4:11 en 5:8 - 14). Die Vader verwag van ons om Hom te eer, want as ons Hom eer deur te doen wat Hy sê dan voer ons God se wil uit hier op aarde, en ons doen dit omdat ons Hom lief het (1 Johannes 2:23).

1 Johannes 4:19 sê mos: “Ons het Hom lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het.” (1953 vertaling) Daar is ook nog ‘n kosbare ding vir elkeen van ons wie ons knee gebuig het voor die Lam, en dit is omdat Hy die geliefde is, is ons ook die geliefde kinders van God as gevolg van wie Hy is, en wat Hy in ons plek aan die kruis gedoen het (Romeine 8:12 – 25, 9:6 – 8; Galasiërs 3:24 – 29, 4:1 – 8; Efesiërs 1:5 en 1 Johannes 3:1 – 3). Dus is dit duidelik dat die evangelie om Hom draai en nie om ons, en wanneer ons die fokus van ons afhaal dan gaan ons geestelike oë oop en ontdek ons wie God werklik is deur Jesus, en kan ons Hom werklik geniet. Ons ontdek ook wie Hy ons gemaak het om te wees, wat ons doel is hier op aarde, en deur om ons doel hier op aarde ten volle uit te leef bring ons eer tot Sy naam. Nee dit gaan nie oor ons nie, dit gaan oor Hom en wanneer ons Hom verteenwoordig deur ons lewens, dan hoef ons onsself nie te vergelyk met ander, of in kompetiesie te staan met ander nie. Want ons verteenwoordig die Skepper van die heelal en daar is geen groter roeping as dit nie.

Werke Aangehaal

1953 Vertaling 2007: 1983 Vertaling van die Bybel, Bybelgenootskaping van Suid Afrika.

Arnold C E. 2011: Colossians, In LT Dennis, W Grudem and JI Packer (eds), The ESV Study Bible (Large Print), Wheaton, IL: Crossway Bibles 2011.

Joubert S 2021: God en die Dood, Aanlyn Video, https://www.youtube.com/watch?v=sT8ycYxGnd0&ab_channel=Ekerk

NLV 2017: Nuwe Lewende Vertaling Bybel, Christelike Uitgewersmaatskappy, Vereeniging,1930.


 
 
 

Recent Posts

See All
Die Kosbaarheid van die Seun

Wie is Jesus en waarom is Hy so belangrik? Wel hierdie vraag is geweldig belangrik want dit bepaal ons hele lewe. Dit bepaal wat ons dink...

 
 
 
Geroep om soos Jesus te word

Wat dink jy iemand is wat geroep is om ‘n verskil te maak in hierdie wêreld? Baie mense het in die verlede en selfs vandag gedink dat...

 
 
 

Comments


© 2023 by Marketing Inc. Proudly created with Wix.com

bottom of page