Die Eindtyd is Christus – tyd
- The Shepherd's Way Ministries
- Feb 27, 2023
- 5 min read
Die eintyd, wat dit dink as jy die term hoor? Word jy bang? Word bekommerd of maak dit jouself deurmekaar? As jy op een van die vrae ja geantwoord het dan is jy nie alleen nie, want vir meeste mense gaan die eintyd oor die merk van die dier, oor monsters of natuurampe. As gevolg van baie van die dinge is mense of bang of deurmekaar. Maar kom ons sê net eers vir mekaar dat die eindtyd reeds aangebreek het en dat alles van die tyd handel oor Christus en Sy kerk. Een van die tekste wat dit die duidelikste maak is Hebreërs 1:1 wat sê: “NADAT God baiekeer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun.” (1953 vertaling) Die laaste dae wat hier van gepraat word as mens dit letterlik vertaal praat van in hierdie eindtyd en dus is die eintyd, Christus – tyd. Want dit is deur Christus se optrede dat die eintyd aangebreek het. Die uistrorting van die Heilige Gees het die ook natuurlik bevestig, veral as mens kyk hoe Petrus die profesie aangaande Joël 2:28 - 32 verstaan het in Handelinge 2:17 – 20. Dan is daar ook die false leeraars wat deur die eeue heen hulle opwagting gemaak het wat vir ons sê dat ons in die eintyd leef. Hierdie kan baie duidelik gesien word in die brief van Judas van af vers 17 (Joubert 2016:17 – 18).
Dit bring ons by nog ‘n vraag en dit is met al hierdie dinge in aggeneem. Hoe leef ons in die Christus - tyd? Wat verwag Hy van ons? Wel as daar in teks is wat glashelder vir ons leer hoe om te leef in die tyd dan is dit 2 Petrus 3. Dis een van die min tekste wat mense aan dink wanneer dit kom by die eindtyd, en tog is dit die belangrikste mees praktiese teks in die Nuwe Testament wanneer dit kom by die onderwerp. Petrus begin onder andere deur te sê dat daar spotters sal wees in die tyd en dat hulle volgens hulle eie sondige begeertes gaan leef. Die spotters maak Petrus ook baie duidelik wil nie hê dat Jesus moet terugkom nie en daarom dryf hulle die spot oor Sy koms want hulle wil nie hê dat Hy hulle pret moet bederf nie. Maar sê Petrus hulle vergeet dat dit God self is wat die aarde geskape het en dat daar ‘n dag van oordeel oppad is (2 Petrus 3:3 – 6). Dus moet ons nie geskok wees oor al die onreg wat ons in die tyd op aarde sien nie, inteendeel ons moet dit as ‘n geleentheid sien om in liefde uit te ryk na hierdie mense toe, deur hulle te dien en deur hulle te nooi na die feesmaal van die Here toe.
Petrus leer ook vir ons dat moet leer hoe God na tyd kyk, want hy sê: “Maar laat hierdie een ding julle nie ontgaan nie, geliefdes, dat een dag by die Here soos duisend jaar is en duisend jaar soos een dag.” (2 Petrus 3:8), (1953 vertaling) As daar een ding is wat ons moet raak sien in die gedeelte dan is dit dat ons nie ons moet bekommer oor die dag of die uur wanneer dit Here moet kom nie, want Hy is inelkgeval by ons tot aan die einde toe (Matteus 28:20). Maar hoekom vertraag die Here dan Sy koms? Want Hy doen. Wel omdat Hy wil hê dat soveel as moonklik mense tot bekeering moet kom sodat Sy feestafel vol kan wees. Petrus maak di took net weereens duidelik dat niemand gaan weet wanneer Jesus gaan terugkeer nie inteedeel die dag gaan soos ‘n dief in die nag kom (2 Petrus 3:9 – 10).
Dus moet ons in die tyd so leef da tons geloof oorgaan na dade, of anders gestel ons moet ons oë op Christus vestig, want sonder Hom kan ons nie vrug dra nie (Johannes 15:4 en 2 Petrus 3:11). Vrug gaan daar oor dat ons karakter sal groei om mee ren meer te lyk soos Jesus, want dit is waartoe ons geroep is (Romeine 8:29 – 30 en Galasiërs 5:22). Petrus leer ook nog ‘n ding vir ons en dit is dat ons as die bruid van Christus Sy koms vinniger kan laat kom, want Hy sê: “Julle moet met opgewondenheid uitsien na die koms van groot dag van God. Julle moet sorg dat die wederkoms self snog gouer aanbreek. Verhaas dit! Op daardie dag sal die hemele met vuur vernietig word. En al die brandende hemelse liggame sal wegsmelt.” (2 Petrus 3:12), (NNT 2022)
Maar hoe verhaas ons die koms van die Here? Wel op so ‘n manier te leef dat dit op ‘n magetiese manier nader aan die Here trek deur jou. Met ander woorde as meer Christine gehoorsaam is aan die Here dan kan dit die Wederkoms verhaas, want God vernader baie keer situasies om in pas te kom met Sy karakter. Met ander woorde God in Sy karakter verander nooit, maar Hy vernader wel situasies om in te pas by hoe Hy dinge wil hê. Dus soos wat ek en jy gehoorsaam leef soos die Here dit van ons verlang trek ons saam met ons ‘n groot skare na Sy feesmaal toe en verhaas Hy sy koms, want Hy wil saam met al Sy kinders fees vier.
En soos wat die lewe saam met Jesus leef en Sy stem gehoorsaam doen ons dit met hoop, want Petrus sê: “Maar ons verwag volgens sy belofte nuwe hemele en 'n nuwe aarde waarin geregtigheid woon.” (2 Petrus 3:13), (1953 vertaling) Hierdie vers gee vir ons hoop, want daar gaan ‘n dag kom wat Christus die tyd gaan laat stilstaan en waar Hy alles nuut gaan maak, so nuut dat daar nie meer plek sal wees vir enige boosheid nie, want Hy gaan dit verewig verwyder. Maar in tussen vertraag Hy sy koms sodat soveel as moonklik mense kan kom aansit by Sy feestafel. Dus as jy sinvol wil leef in die Christus – tyd leef saam met Hom, en as jy iets vir Hom wil doen, doen dit nou, doen dit vandag selfs al is dit klein in die oë van die wêreld is dit baie groot in die oë van die Here. Immanuel, God is met jou.
Werke Aangehaal
Joubert S 2015: Die Eindtyd, ‘n Bybelse Kyk na die Laaste Dae en die Wederkoms, Christelike Uitgewersmaatskappy, Vereeniging,1930.
NNW 2022: Die Nuwe Nuwe Testament, In Joubert S en van der Watt J, Carpe Diem Media
Comments