top of page
Search

Die Eindtyd in Perspektief (Deel 2)

In die vorige artikel het ons saam gekuier aangaande die aard van die Eindtyd, en in die artikel gaan ons die gesprek voortsit oor hoe ons dringend moet besig wees met die dinge van die Here. Ons gaan na die vermaanende woorde van Jesus kyk as ons nie besig is met dit waartoe Hy ons geroep het nie, en wat dit werklik beteken om gereeds te wees vir Sy koms.

Die Tien Jong Meisies

Jesus het die vorige hoofstuk geeindig met ‘n gelykenis, en in hierdie hoofstuk begin Hy dit met ‘n gelykenis. Die rede hoekom Hy dit doen is omdat Hy vir sy dissipels baie mooi wil laat verstaan dat hulle altyd gereed moet wees vir Sy koms, en Hom op enige dag kan verwag (Guzik 2017). Die gelykenis wat Jesus onder ander vertel ken ons natuurlik as die tien jong meises, of maagde wat vir die bruidegom met hulle lampe gewag het (Matteus 25:1). Hierdie gelykenis handel baie duidelik oor troue wat sou plaasvind. Dit beteken dat die tien meisies einklik ‘n verloofde simboliseer, en in die Joodse kultuur van die dag was die verlowing net so bindend soos die huwelik gewees. Die verlowing het ook baie lank geduur voor die bruidegom na die bruid se huis sou kom om die seremonie te hou, hy kon haar ook natuurlik na sy huis neem om die huwelik daar te voltrek. Dit is ook belanrik om te weet dat die bruid nie geweet het wanneer die bruidegom sou opdaag nie, dit was gewoonlik onverwags gewees. Die feesvieringe van die serimonie het ook langer geduur as die troues waaraan ons gewoond is, want die troue kon een tot twee weke lank gestrek het. Dit was gewoonlik ‘n groot fees gewees (vers 1 – 13), (Du Plessis 2007:1432).

In hierdie verhaal sien ons ook dat daar vyf meisies was wat dwaas was, en vyf wat wys was. Hulle moes natuurlik wag dat die bruidegom hulle kom haal, maar soos wat hulle gewag het, het die eerste vyf se lampies doodgegaan, en was hulle dus nie gereed vir die bruidegom se koms gewees nie. Teen die tyd dat hulle weer olie kon koop vir hulle lampies was dit te laat en het die bruidegom hulle weggewys. Ons moet besef dat ‘n verhouiding met die Here ‘n geweldige groot vooreg is, en ons kan nie bekostig om nie tyd vir Hom te hê nie. Want as ons verhouding met Hom satgneer dan begin ons geloofslewe te verdoof, en kan ons baie maklik wegdryf van Hom af, en dan wanneer Hy kom dan gaan dit te laat wees (Du Plessis 2007:1432). Dus moet ons besef dat om in ‘n verhouding met Jesus te kan staan die grootste skat en vooreg in hierdie lewe is. Ons moet dus geduurig tyd met Hom spandeer deur die Bybel te lees en toe te laat dat Hy ons opnuut verfris en bekargtig met Sy Gees sodat ons gereed kan wees vir die fees wat Hy vir ons voorbery het, want dan sal ons lig helder skein wanneer Hy weer kom (Joubert 2015:28).

Dit is baie duidelik uit die gelykenis dat die tien meisies die kerk simboliseer, wie natuurlik die kerk is, en dat die bruidegom Jesus self is. In die Ou Testamen was die verhouding tussen God en Isreal ook op die manier uitgebeeld. Die beeld wat Jesus dus hier gebruik is geweldig sterk, omdat Hy deur dit te doen vir die dissipels weereens aantoon dat Hy nien net ‘n mens is nie, maar God self, en dat Hy die bruid is van die nuwe Israel, die kerk, wie uit byde Jood en nie – Jood bestaan (Jesaja 54:4 – 5; 62:5; Jeremia 2:2; Hosea 1 – 3; Galasiërs 6:16 en Efesiërs 5:25 - 28), (Guzik 2017). As ‘n mens Matteus se lesers in agneem sou die beeld geweldig baie beteken het, want dit sou vir hulle gekominukeer het dat al God se beloftes waar geword het in Jesus.

Talente moet in Gawes Verander

Die volgende gelykenis praat sê Jesus dat die koninkryk van die hemele soos iemand gaan wees wat aan sy slawe geld toevertrou het om daarmee te woeker todat hy weer terugkeer. Vir die eerste slaaf het hy een munstuk gee, die tweede net twee en vir die laaste slaaf het hy vyf munstukke gegee. Die laaste die tweede slaaf het onmiddelik aan die werk gespring en hulle munstukke verdubbel, maar die eerste slaaf het sy munstuk gevat en dit in die grond begrawe (Matteus 25:14 – 18).

In die antieke tye was dit die gebruik gewees dat ‘n huiseienaar verantwoordelikhede aan sy slaw sou gegee terwyl hy weg was. Hierdie was ook die veiligste ding wat ‘n persoon kon doen met sy geld. Hy sou dit ook verdeel tussen baie spesifieke slawe wie hy kon vertrou om op ‘n verantwoordelike manier, en ‘n sinvolle manier daarmee kon woeker tot en met sy terugkeer. Die rede hoekom Jesus hierdie gelykenis natuurlik vertel is om vir die dissipels ‘n duideliker beeld voor te hou oor hoe dit lyk om gereed te wees vir Sy koms (Guzik 2017).

Jesus praat wel oor geld, maar dit gaan oor geld as sulks nie, dit gaan eerder oor lewens hulpbronne wat God aan gelowiges toevertrou. Dit sluit dinge natuurlik in soos jou tyd, geld talente en selfs gesag. Al die dinge verwys na die talente wat God aan ons toevertrou, dus gaan dit nie oor die hoeveelheid nie, maar die gewig van jou talente. Hoe meer talente die Here vir ‘n mens gee, hoe meer moet ‘n mens daarmee woeker sodat dit in gawes verander kan word, sodat dit tot Sy en mense se dien gebruik te word sodat Sy koninkryk kan uitbrei. Ons moet ook verstaan dat God elke mens anders geskape het, en dus het nie almal ewe veel talent gekry nie, en dus is dit dwaas om ander mense se talent te begeer. Want God sal slegs vir jou gee wat jy voor verantwoordeklikheid kan vat (Guzik 2017).

Ons moet ook onthou dat die talente wat ons het nie ons sin is nie, maar God sin wat Hy aan ons toevertrou het. Hierdie is lewens belanrik, want die rede hoekom mense baie keer hulle talente begrawe is omdat hulle vergeet het waar hulle dit gekry het, en dit bring geen eer aan God nie, inteendeel dit beledig Hom. Hierdie is ook baie duidelik as mens die res van die gelykenis lees, want toe die eienaar terug kom het hy vir die tweede en die derde slaaf se talente verdubbel omdat hulle getrou was aan sy opdrag (Matteus 25:19 – 23). Hy het vir byde van hulle die volgende in vers 21 en 23 gesê: “Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou heer.” (1953 vertaling) Hierdie woorde is die enigste woorde wat ons wil hoor by die Here. Weereens is dit belanrik dat ons net vir mekaar sê dat die evangelie nie oor ons sukses gaan nie, maar dit gaan in die eerste plek om God te verheerlik met alles wie ons is, en wat ons het, want dit is waarvoor Hy ons gemaak het (Joubert 2015:28).

As ons dit nie doen nie, wel dan is ons besig om die lewe wat God aan ons gegee het te mors, want die lewe wat Hy aan ons gegee het, is alleenlik uit genade, en dis genade was met ‘n ongelooflike duur prys gekoop. Dit het die lewe van Sy eie Seun gekos, en dus deur te kies om doelbewus ‘n lewe te leef wat Hom nie verheerlik nie, gooi ons einklik Sy genade terug in Sy gesig. Dit wys vir ons baie duidelik dat die verskoonings van die slegte slaaf is simbolies van Christene wat sê hulle ken vir Jesus, maar hulle lewe weerspreek dit omdat hulle Hom nie werklik gehoorsaam nie, en daarom wag die ewige verdoemenis op hulle (Joubert 2015:28), (Matteus 25:26 – 27). Jesus self het gesê: Neem dan die talent van hom weg en gee dit aan die een wat die tien talente het; want aan elkeen wat het, sal gegee word, en hy sal oorvloed hê; maar van hom wat nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy het. En werp die nuttelose dienskneg uit in die buitenste duisternis; daar sal geween wees en gekners van die tande.” (vers 28 – 30), (1953 vertaling)

Hierdie woorde klink hard, maar as mens vers 24 – 25 weer gaan lees dan is dit baie duidelik dat die slegte slaaf al die blaam op God geplaas het, met ander woorde hy het nie verantwoordelikheid gevat vir die talent wat God aan hom toevertrou het nie. Dit sê vir ons einklik dat die man vir homself geleef het, en dat hy einklik sy eie god was. Hy het baie duidelik geweet aan wie die talent behoort en tog het hy nie gedink, gewerk of eens probeer om met sy talent te woeker nie, nee hy het net een flou verskooning gehad. God is inderdaad soewerein, maar dit gee vir ons geen verskoning om lui te wees nie, want ware gelowiges sal altyd volheid vir die Here wil leef, en nie net half nie. Mense wat net halfpad vir die Here leef, wys einklik dat hulle geloof nie eg is nie, en dat hulle Hom nie werklik ken nie. Jakobus self maak dit baie duidelik in sy brief dat ons geloof moet dade word, want dit ‘n bewys dat jy werklik gered is (Jakobus 2:14 – 26). ‘n Ander woord vir werke is ook vrug, wat Paulus gebruik in Galasiërs 5:22 – 23 (Guzik 2017).

Die Eindoordeel

In die slot gedeelte vreduidelik Jesus aan die dissipels hoe die eindoordeel gaan verloop, dit is ook baie duidelik dat hierdie nie ‘n gelykenis is nie, maar hoed dinge werklik gaan verloop. Jesus begin deur om vir die dissipels te sê: EN wanneer die Seun van die mens in sy heerlikheid kom en al die heilige engele saam met Hom, dan sal Hy op sy heerlike troon sit” (Matteus 25:31), (1953 vertaling). Deur dit wat Jesus hier sê wil Hy twee dinge beklemtoon, eerstens dat Hy die Here is wie die finale oordeel gaan vel, en tweedens dat Sy troon hier op aarde gaan wees wanneer dit gaan gebeur (Guzik 2017).

Dit is ook baie duidelik dat hierdie die eindoordeel is, Guzik beweer dat Matteus 25:31 – 32 van twee aparte oordele praat, maar as mens die teks lees is dit baie duidelik nie die geval nie, veral omdat die twee verse nie los van mekaar geinterpriteer kan word nie (2017). Jesus sê self: “en voor Hom sal die nasies versamel word, en Hy sal hulle van mekaar afskei soos die herder die skape van die bokke skei.” (1953 vertaling) Die beeld wat Jesus natuurlik hier voorhou is geweldig sterk, want in Palistina het die skape meer waarde gehad as die van die bokke. Dis hoekom Hy vir die dissipels sê dat die skape aan Sy regterkant sal kom staan, wat natuurlik die bevooregte posisie is om in te staan (Matteus 25:33; 1 Korintiërs 2:19 en Hebreërs 1:3), (van Zyl 2019:1665). Want nie een mens kan sê dat hy of sy hulleself gered het nie, dis alleenlik deur die dood, en opostanding van Jesus Christus, en die Heilige Gees wat hulle ‘n nuwe lewe gee.

Daar is ook nog ‘n ding wat baie belanrik is om raak te sien in die gedeelte, en dit is wat Jesus sê vir byde van die twee groepe. In altwee gevalle het Hy presies dieselfde woorde vir hulle, maar een groep was gehoorsaam en die ander ongehoorsaam. Wat Jesus ook baie duidelik voorhou vir die dissipels is dat byde van die twee groep gelowiges is. Hierdie is bauie duidelik as ‘n kens Matteus 25:34 lees, wat sê: Kom, julle geseëndes van my Vader, beërf die koninkryk wat vir julle berei is van die grondlegging van die wêreld af.” (1953 vertaling) Die een was gehoorsaam gewees en het elke dag vir die Here geleef, die ander het versuim om dit te doen wat hulle baie duidelik geweet het van hulle verwag was, en het so die erfenis wat vir hulle bestem was weggegooi. Dus kan ons sê dat die oordeel alhoeweld skokkende, nie onverwags was nie.

Jesus het onder andere aan byde groepe die volgende voorgehou as die kriteria vir die oordeel wat Hy oor hulle gevel het, en dit is dat toe Hy honger was het hulle iets vir Hom te ete gegee, toe Hy dors was, het hulle iets vir Hom gegee om te drink en toe Hy ‘n vreemdeling was het hulle vir Hom verblyf gegee. Hierdie gaan Hy sê vir die wat aan Hom gehoorsaam is, die wie ongehoorsaam aan Hom was, wel soos reeds genoem het versuim om hulle geloof uit te leef. Altwee groepe het ook natuurlik vir Jesus gevra wanneer het hulle Hom op hierdie manier bedien, en Sy antwoord is geweldig kosbaar, dis iets waarop ons moet ag slaan op, en dit is: “En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: “Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen.” (Matteus 25:40), (1953 vertaling) Wat ons hier sien is dat die gelowiges se geloof dade van liefde geword het, dit herinner baie sterk aan Paulus se woorde in 1 Korintiërs 13 dat sonder die liefde is ons ‘n nul op ‘n kontrak. Maar hoekom? Wel want net soos Paulus moet ons onthou watter groot liefde God aan ons bewys het deur Sy eie unieke Seun te stuur om in ons plek die straf, en die oordeel wat ons toegekom het, op Hom self te geneem het, en deur wie Hy is, en wat Hy gedoen het, het ons kinders van God geword deur die krag van die Heilige Gees. Ons durf dus vir niks en niemand anders te leef nie, behalwe vir Hom. Want deur Hom word ons versoen met ons Skepper, en word ons herskep na ons oorspronklike ontwerp, en kan ons Hom en die lewe ten volle geniet, want dit is waarvoor elke mens geskape is, en voor geroep is. As ons versuim om te doen waartoe Hy ons geroep het, wel dan gee ons die Duiwel ‘n oop deur, en voor jy dan jou oë uitvee is jou geloof daarmee heen. Moet dus nie jou geloof mors nie, maar leef dit uit soos wat Jesus van jou verwag deur na die stukkendes en die eensames soos Hy self gedoen het om te sien. Want ware geloof sal altyd geopenbaar word in dade, en sal jou altyd uit jou gemaksone uit haal (Matteus 25:35 – 46), (Joubert 2015:28 - 29). Dus bly die vraag leef jy vir jouself of leef jy vir die Een wie jou vrygekoop het om volheid vir Hom te leef, en is jy waarlik gereed wanneer Hy kom? As die antwoord nee is, wy jouself weer aan Hom en vra Hom om jou te help om volheid en dringend vir Hom te leef.

Werke Aangehaal

1953 vertaling: Die 1983 vertaling van die Bybel, Die Bybelgenootskap van Suid Afrika

Du Plessis 2007: Matteus, In Die Bybel in Praktyk, Christenlike Uitgewersmaatskappy, Vereeniging 1930

Guzik D 2017: Matthew, Aanlyn Studie Gids, Verkry by: https://www.blueletterbible.org/comm/guzik_david/study-guide/matthew/matthew-25.cfm

Joubert S 2015: Die Eindtyd, ‘n Bybelse Kyk na die Laaste Dae en die Wederkoms

Van Zyl H 2019: Matteus, In die Tematiese Studiebybel, Christelike Uitgewersmaatskappy, Vereeniging,1930



 
 
 

Recent Posts

See All
Die Kosbaarheid van die Seun

Wie is Jesus en waarom is Hy so belangrik? Wel hierdie vraag is geweldig belangrik want dit bepaal ons hele lewe. Dit bepaal wat ons dink...

 
 
 
Geroep om soos Jesus te word

Wat dink jy iemand is wat geroep is om ‘n verskil te maak in hierdie wêreld? Baie mense het in die verlede en selfs vandag gedink dat...

 
 
 

Comments


© 2023 by Marketing Inc. Proudly created with Wix.com

bottom of page