Die Eindtyd in Perspektief (Deel 1)
- The Shepherd's Way Ministries
- Sep 26, 2022
- 29 min read
Updated: Oct 10, 2022
Die Eindtyd in Perspektief
Inleiding
Die Eindtyd is seker een van die onderwerpe wat al baie gelowiges laat kopkrap het, daar was selfs teoloë wat oor die eeue heen al gedebateer het oor die onderwerp, en om dood eerlik te wees dink ek is Adrio König wys wanneer hy sê in sy boek Openbaring: ‘n Perspektiefdat nie een van ons werklik met sekerhied kan sê wat gebeur tans, of wat gaan gebeur in die eintyd nie. Dis doodeenvoudig te groot vir ons. Daar is egter rigtingwysers wat Jesus vir Sy dissipels in Matteus 24 gegee het wat ek dink ons op ag moet slaan. In die gedeelte het ek sover moonklik probeer om die konteks van die gedeelte in ag te neem en ‘n breë perspektief te gee wat ek hoop vir almal sinvol sal wees. Ek wil ook net sê dat ek nie alles weet nie, en dus is ek bereid om te leer by ander, want as daar een ding is waaroor ons kan saam stem oor, is dat Jesus verseker terugkeer, en dat alles rakende die onderwerp oor Hom gaan.
Die Tempel Gaan Verwoes word
Jesus het sopas die Fariseërs veroordeel en het ook oor Jerusalem geweelklaag weens die feit dat die mense geweier het om tot inkeer te kom. Hy was dus geweldig bedroef gewees. Die dissipels dink dat hulle Jesus sou laat beter voel deur om Sy aandag af te lei van wat sopas gebeur het deur na die mooiheid van die tempel te kyk. Jesus het egter vir hulle gesê: “Sien julle al hierdie geboue? Amen, Ek sê vir julle: Hier sal beslis nie een klip op ‘n ander gelaat word nie – alles al afgebreek word.” (Matteus 24:1 – 2), (2020 vertaling) Die feit dat Jesus nou die tempel verlaat het, was ‘n teken dat Sy openbare bediening aan die Jode nou tot ‘n einde gekom het, en dat Sy bediening nou meer op Sy dissipels gerig sou wees, omdat Hy binnekort sou moes sterf. Ons moet ook net verneem dat die woorde wat Jesus hier vir Sy dissipels aangaande die tempel gesê het vir enige Jood geweldig ontstellend sou gewees het, omdat die tempel beskou was as die sentrum van hulle godsdiens was, en omdat dit in hulle oë die plek was waar God gewoon het (Joubert 2015:23). Die tempel was ook in die antieke tyd gesien as een van die wonders van die wêreld, wat die Jode baie trots op was (van Zyl 2019:1660).
Die tempel was onder andere eers herbou gewees onder die leiding van Serubbabel en Esra. Dit was egter nie so groot gewees soos die van Koning Salomo sin gewees nie. Hierdie verduidelik ook vir ons waarom die ouer priesters gehuil het toe die fondasie van die tempel gelê en hulle terugedink het aan hoe die tempel oorspronklik gelyk het (Guzik 2017), (Esra 3:12). Dit was eers in die jaar van 20 – 19 v.C. dat Koning Herodus die Groote die tempel geweldig uitgebry het (Grudem en Shreiner 2011:2101) Hy het dit natuurlik gedoen om die Jode se guns te probeer wen, omdat hy namens Rome regeer het, en hulle sy direkte onderdane was. Hy wou dus die vrede bewaar deur die handeling. Die gebou, alhoewel ons nie met sekerheid kan sê hoe dit gelyk het nie, was indrukwekkend gewees. Die Pilaargang van Salomo byvoorbeeld was ongeveer 480 meter lank gewees, en die Konklike Pilaargang was 283 meter lank gewees, en het in totaal 160 pilare gehad, en dan praat ons nie eens van die tempel plein nie wat ook net so indrukwekkend was. Met al die gegewins is dit geen wonder dat enige Jood geskok sou gewees het om die woorde uit Jesus se mond te hoor (Du Plessis 2007:1429).
Die Aard van die Eindtyd
Jesus en die dissipels was natuurlik oppad na die olyfberg toe, en hulle het baie duidelik gedink aan wat Hy vir hulle gesê het aangaande die tempel. Hulle het baie mooi verstaan dat die verwoesting van die tempel beteken het dat die geskiedenis soos wat hulle dit ken heeltamal sou vernader, en dis hoekom hulle toe vir Jesus var: ““Sê vir ons,” het hulle gevra, “wanneer sal hierdie dinge plaasvind, en wat is die teken van u koms en van die voleinding van die tyd?”” (Matteus 24:3), (2020 vertaling) Eerstens moet ons verneem dat die dissipels twee vrae, vra, die eerste vraag het betrekking op die tempel, die tweede vraag het te make met die voleinding van die tyd. Nou moet ons vir onself die vraag vra en dit is. Wat het die dissipels verstaan met die term, die voleinding van die tyd? Want as jy gaan kyk na die 1953, 1983 en die Nuwe Lewende Vertaling het hulle almal dit vertaal met die einde van die wêreld, wat einklik verkeerdelik vertaal is. Want die Griekse woord wat hier gebruik word is die woord aión, wat einklik letterlik na ‘n era of ‘n bepaalde spasie van tyd verwys, dit kan ook na ‘n onbepaalde tyd verwys maar dit paart nie hier van die einde van die wêreld nie (LXX NASB). Want die woord vir wêreld in die Grieks soos wat ons dit verstaan is einklik kosmos. Die woord wat wel in die gedeelte vir wêreld gebruimword is die woord ge, en in die konteks verwys dit na die spesifieke landstreek (Steffen 2020). Ons moet dus wanneer ons die gedeelte wil verstaan moet die gebeure van 70 n.C. in ag neem. As ‘n mens dit ignoreer dat mis ‘n mens iets geweldig belanrik aangaande die evangelie, want die verwoesting van die tempel is einklik ‘n simbool dat die Ou Verbond nie meer geldig is nie, en dat ‘n nuwe era aan gebreek het. Dit is die era van God se Koninkryk waar Hy nie meer in geboue woon nie, maar in mense. ‘n Mens kan dus ook sê dat die eindtyd nou Heilige Gees tyd is, want dit is deur Hom wat mense Christus kan leer ken en beleef (Johannes 3:3,14:16, 16:7 – 11; 1 Korintiërs 6:19 en Kolossense 1:18), (Joubert 2015:23 - 24).
Ons moet ook verneem dat die eindtyd reeds aangebreek met Jesus se eerste koms, dus was die dissipels reg gewees dat die einde op hande was, en dat alles wat Jesus gedoen het die tydperk ingelei het. Ons kan dit ook baie duidelik sien in Hebreërs 1:1 – 2 wat sê: “In die ou tyd het God baie keer en op baie maniere met ons voorvaders gepraat deur die profete, maar in hierdie eindtyd het Hy met ons gepraat deur sy Seun.” (2020 vertaling) Dus is die eindtyd nie iets wat net in die toekoms sal gebeur nie, maar is dit ‘n tydperk wat dinamies van aard is. Want dit gaan immers oor die Een wie was, wie is en wie altyd sal wees (Hebreërs 1:12, 13:8; Openbaring 1:8,18; 21:5 – 6). Dis hoekom Paulus gesê het in Romeine 13:11: “Julle moet hierdie dinge doen omdat julle besef dat die tyd besig is om uit te loop. Dit is dringend tyd om wakker te word, want die tyd van ons finale verlossing is nou al weer ’n hele ent nader as toe ons gelowig geword het.” (NLV 2017), (Joubert 2015:17) Dus moet ons vir onself vra. Wat is die aard van die eindtyd en hoe leef ons as volgelinge van Jesus vir vandag? Ons het met ander woorde ‘n kalender nodig om sin te kan maak van die tyd voor Jesus se koms, en dit het Hy baie mooi uitgelê vir Sy eerste volgelinge (bl. 24).
So gepraat van kalender, kom ons kyk net gou na hoe die antieke mense tyd verstaan het. Hierdie is belanrik, want ons grootste probleem om die eintyd te verstaan is dat ons horlosies nie werk soos die mense wat 2000 jaar terug geleef het nie. Dus moet ons eerstens verneem dat die verlede vir die mense van die Bybel baie belanrik was, waar vir ons is die toekoms van groot belang, so belanrik dat ons onself al klaar bekommer oor wat die volgende dag gaan gebeur, met ander woorde ons geluk hang af van die toekoms. Bybelse mense aan die ander kant het meer gewig aan die verlede gegee en het as te ware met hulle rug die toekoms ingestap. Dus het hulle betekenis uit die verlede gekry om vir vandag te leef. Dis hoekom feeste soos die Pasga baie belanrik vir hulle was, want dit het hulle herinner daaraan dat God getrou was, en getrou sal wees, en daarom kan hulle vir vandag leef (Joubert 2015:11 - 12). Vir ‘n Jood was dit baie belanrik gewees dat God die geskiedenis bepaal, en dat Hy saam met hulle stap, dis hoekom hulle gereeld terugekyk het om hullself te herinner aan God se goedheid, en dat Hy altyd saam met hulle is. Hierdie is natuurlik ook vir ons belanrik om hierdie dissipline aan te leer, want deur om terug te kyk na die verlede en alles wat God in die Bybel, die geskiedenis en ons eie lewens gedoen het, herinner ons daaraan dat ons nou in God se teenwoordigheid is, en dat ons vandag saam met Hom kan leef. Want daar kom soms swaar tye in ons lewens wat dinge nie altyd sin maak nie, en dan moet ons soms net soos Paulus onself herinner dat niks ons kan skei van Sy liefde nie (Romeine 8:38 – 39), (Joubert 2015:12 – 13).
Bybelse mense het ook nie almanakke en dagboeke gehad soos ons nie, vir hulle was die toekoms onmiddelik gewees, want in die eerste eeu het net 50% van die mense die ouderdom van 16 beryk, dus was daar nie rerig tyd om te dink en te beplan oor die toekoms nie. Hierdie verander ook ons verstaan van Profesie, wat baie keer in ons dag gesien word as toekomsvoorspelling, maar mense van die dag het net doodeenvouidg nie belang gestel in in die vêre toekoms nie. Kyk byvoorbeeld na profete soos Jeremia en Esegiël wie byde geprofeteer het oor dinge wat in hulle onmiddelike toekoms sou plaasvind. Profesie volgens die Bybel is doodeenvoudig net om die wil van God bekend te maak vir Sy mense in hulle onmiddelike omstandighede (Joubert 2015:13). Dis eers wanneer ‘n mens profesie op die manier lees wat jy die ware betekenis kan ontleed en dan op ‘n sinvolle manier kan kyk na die verlede, die hede en die toekoms. Want God maak nog steeds Sy wil aan ons bekend deur die Bybel, deur die Heiliege Gees en deur leeraars wie getrou Sy Woord verkondig.
Laastens moet ons ook verneem dat tyd vir die mense van die Bybel grootliks bepaal was deur mense en gebeure. Dit was nie so abstrak soos ons tyd nie, want ons werk dalk van so laat tot so laat, of ons gaan kerk toe op daardie tyd. Hulle tyd was baie meer konkreet gewees as ons sin. Kyk byvoorbeeld na hoe mense die tyd vir hulle bepaal het, hoe meer belanrik die persoon was hoe groter rol het hy of sy in die geskiedenis gehad. Byvoorbeeld as iemand ‘n belanrike koning was, was hy as te ware in beheer van die tyd gewees, en was hy dus nooit laat gewees vir ‘n afpsraak nie. Met ander woorde as hy ‘n dag laat was vir sy besoek, dan was hy nog steeds betyds gewees in die oë van die mense van die tyd. Die geboorte van Jesus is nog ‘n voorbeeld, want ons sal natuurlik ‘m dag en datum wil hê, maar Matteus praat net daar van dat Hy gebore was tydens die heerskappy van Herodus die Groote. Dan was daar gebeure gewees wat die mense gesien het as belanrike bakens waarheen die tyd oppad was. ‘n Mens kan met ander woorde sê dat die mense van die tyd gebeure gesien het as hulle horlosies. Dinge soos siektes, epidemies, hongersnood en oorloë was belanrike tydaanwysers gewees vir die mense van die tyd. Dus wanneer die mense oor die verlede gepraat het, het hulle nie gedink aan dag en datum nie, maar aan wie, wat en waar (Joubert 2015:14).
Nou dat ons weet hoe die mense gedink het oor tyd 2000 jaar terug, kan ons met die regte lens die gedeelte benader en verstaan soos wat die dissipels dit sou verstaan. Daarom begin Jesus vir die dissipels as te ware ‘n kalander te gee wat alles gaan gebeur voor Sy tweede koms op ‘n manier dat hulle dit kan verstaan. Dit het dus in hulle onmiddelike konteks iets beteken, en het ook vir elke geslag deur die geskiedenis ‘n bepaalde betekenis omdat die gebeure van die eindtyd op ‘n dinamiese manier sal herhaal tot op die dag wanneer Jesus terugkeer (Joubert 2015:24). Dus is een van die eerste dinge waarvan die dissipels moet kennis neem is dat daar mense op die toneel gaan verskyn wat hulle self sal voordoen as die Messias (Matteus 24:5). Hierdie verskynsel is iets wat van die vroeë kerk se tyd al tot vandag toe gesien kan word hoe mense met baie charisma aanspraak daarop maak dat hulle die Messias is (Wilkins 2011:2020). Een so ‘n voorbeeld is ‘n man met die naam Simon bar Kogba wie in die tweede eeu homself as die Messias voorgedoen het, en wel kom ons sê maar net vir mekaar dat hy nie meer is nie (Joubert).
Dan is daar ook allerhande natuurampe, epedemies en oorloë wat regdeur die tyd sal plaasvind (Matteus 24:6). Dis ook interesant om te vermeld dat dit was Jesus hier gesê het, al in die vroeë kerk in vervulling gegaan het. Een voorbeeld hiervan was dat daar in Judea en Jerusalem kort na Jesus se helmelvaart ‘n groot hongersnood uitgebreek het, daar is selfs buit Bybelse bronne wat aandui dat toe Paulus in die stad Korinte gewerk het, dat kos geweldig skaars was (Handelinge 18). Oorloë was ook ‘n normale verskynsel gewees binne die tyd, net soos daar vandag nog oorloë was, en sal wees (Matteus 24:7 – 8). Party eintyd kenners beweer natuurlik dat daar meer aardbewings op die aarde vandag is, as wat daar ooit in die geskiedenis was, maar dis doodeenvoudig nie waar nie. Want die rede hoekom ons van soveel aardbewings weet is omdat ons beter meetinstrumente het as ‘n paar honderd jaar gelede, en dis hoekom ons meer van die verskynsel kan waarneem. Jesus self sê nie dat dit sal vermeerder nie, net dat dit oorals sal plaasvind. Terloops in die eerste eeu was die stad Korinte deur ‘n geweldige groot aardbewing getref. Jesus sê dus vir ons, soos wat Hy vir die dissipels gesê het dat hierdie wêreld nie veraltyd gaan bestaan nie, maar dat daar ‘n nuwe een oppad is, dus kan Hy enige oomlik op enige dag terugkeer (Joubert 2015:24). Dis immers wat die eerste volgelinge van Jesus in hulle eie dag al geglo het.
Nog ‘n baken wat Jesus vir die dissipels voorhou is dat vervolging van gelowiges aan die orde van die dag sal wees (Matteus 24:9). Teen die einde van die eerste eeu onder andere het Christene bekend gestaan as haters van die mensdom, of soos dit in latyns uitgespreek word odium generis humani. Die rede hoekom die mense hulle dit genoem het, is omdat die gelowiges geweier het om deel te geneem het in heidense praktyke en daarom het hulle geglo dat hulle neergesien het op ander mense. Daar was selfs skinderstories oor Christene verspry wat die haat en vervolging net verder aangeblaas het (van Zyl 2019:1660). Vandag beleef ons hier in die Weste ook maar ‘n mate van vervolging, want mense begin al hoe meer weg te beweeg van Christenlike normes en waardes. Dis ‘n verskynself wat al plaasgevind het, en wat weer sal plaasvind. Ons moet egter nie bang wees nie, want ons weet wie ons Redder en Heer is, en dat Hy die bron van ware lewe is. Ons moet dus geduuring ‘n koninkryk kultuur vestig waar ook al ons gaan deur die evangelie te leef, en te praat sodat die wie nie Jesus ken nie, ook die kans kan kry om Hom te kan ontmoet en te kan beleef.
Jesus waarsku ook die dissipels dat as gevolg van die moeilike tye wat hulle gaan moet deurmaak gaan baie mense hulle geloof afsweer (Matteus 24:10). Dus dink ek moet dit ons nie verbaas as mense hulle geloof verloor nie, wat ons wel moet verbaas is as iemand wel glo. Ons moet ook onthou dat swaarkry deel is van die Christenlike wandel en ons moet dit ook mooi uitklaar in ons eie harte dat wanneer ons kies om Jesus te volg dan leef, ly, sterf en staan ons op saam met Hom. Jesus self het gesê dat as jy Hom gaan volg moet jy die prys baie mooi bereken, want Christenskap gaan nie oor ons sukses nie, maar dit gaan oor Sy eer en heerlikheid, en in dit beleef ons ware vreugde en vrede wat die wêreld nie vir ons kan gee nie. Want as jy klaar gesterf het in Christus dan kan jy mos volheid vir Hom leef wetend dat Hy vir jou sal sorg, en dat jou erfenis veilig is in Hom (Matteus 8:18 – 22, 10:16 – 42 en 1 Petrus 1:4).
Ons moet ook verstaan dat as gevolg van die swaarkry gaan dit die kerk van buite en binne beinvloed. Want gewoonlik wat dan gebeur met mense is hulle word wantrouig teenoor mekaar, en dan word hulle ook afvallig, en dien nie meer die Here soos hulle voorheen gedien het nie. Bonop is daar ook vals profete wat die ware boodskap van die evangelie verdraai en so mense baie maklik verlei (van Zyl 2019:1662). Dink maar net aan die welvaarts leringe wat baie mense se geloof al gekos het. Dus is dit belanrik dat ons die Herder se stem leer ken deur om elke dag tyd in Sy Woord te spandeer, en toe telaat dat die Heilige Gees die waarheid aan ons openbaar (Johannes 10:4 – 5, 11 en 2 Timoteus 3:16 – 17).
Jesus maak dit ook baie duidelik dat die evangelie van die konikryk sal eers aan die hele wêreld verkondig word, en eers dan sal die einde kom (Matteus 24:14). Nou die Griekse woord wat hier gebruik word vir wêreld, verwys nie na die hele aardbol nie, want die woord wat hier gebruik word is die woord oikoumené, wat verwys na die bewoonde aarde van die tyd, in die geval verwys dit na die Romeinse ryk. Die ander dele van die wêreld was nog nie ontdek gewees nie, en dus was dit nie in rekening gebring nie (LXX NASB). Dus dink ek kan ‘n mens met regverdigheid sê dat die eerste lesers verstaan het dat al die dinge wat Jesus hiervan praat in hulle leeftyd al in vervulling gegaan het. In die selfde asem soos ons vir mekaar gesê het is die eindtyd – gebeure dinamies en hernalend van aard, in die sin dat die gebeure te doen het met die aard van die tyd, en nie noodwendig tekens nie. Daarom is die skrifgedeelte ook vir ons betekenis, en sê dit vir ons dat die kerk die hele wêreld eers moet bereik met die evangelie (van Zyl 2019:1662). Hierdie sê ook vir ons dat die dag en datum van die wederkoms nie op ‘n vasgestelde tyd is nie, maar dat dit beweeg. Want hoe meer mense ons bereik met die evangelie hoe vinniger kom die Here terug. Die plek waar ‘n mens dit die duidelikste kan sien is in 2 Petrus 3:12 wat lui: “Sien uit na die Dag van God en maak dat dit nog gouer kom, die dag waarop die Here die hemele aan die brand sal steek en die hemelliggame in vlamme sal wegsmelt.” (NLV 2017)
Die Gruwel van Verwoesting en die Groot Verdrukking
Die volgende baken wat Jesus vir die dissipels uitlig was daar al baie bespiggeling oor gewees. Hy sê vir hulle onder andere: ““Die tyd kom wanneer julle die afskuwelike voorwerp wat verontheiliging veroorsaak en waarvan die profeet Daniël gepraat het” (Matteus 24:15), (NLV 2017) Hierdie staan ook natuurlik bekend as die Gruwel van Verwoesting. Weereens moet ons verstaan dat die dissipels baie goed verstaan het wat Jesus hier gesê het, en dus moet ons terug gaan in die geskiedenis sodat ons dit ook kan verstaan. Die rede hoekom die dissipels presies geweet het waarheen Jesus hierna verwys is omdat daar in die jaar 168 v.C. ‘n Griek met die naam Antiogus Epifanes oor die Jode geheers het. Hy was wreed gewees, en het onder andere die Hellenistiese kultuur op die Jode afgedwing. Nie net het hy sy kultuur op hulle afgedwing nie, maar homself Theo Apifanus wat as dit vertaal word die “Manifistasie van God” beteken het. Dis hoekom die Jode hom Epimanes wat “malman” beteken genoem (Storms). Dit was ook in die tyd dat sy generaal Apelles twee van die Joodse priesters geneem het, en hulle gedwing het om offers te bring aan ‘n ander god as die van die Here. Die een priester was natuurlik gewillig om dit te doen, maar Mattatias het geweier en het sommer net daar besluit om byde Apelles en sy mede priester net daar dood te maak wat toe op die ou einde gelei het na die Makabeese opstand in die selfde jaar (Janse van Resburg 2007:1355).
In dieselfde jaar het Antiogus Epifanus iets ontdenkbaar gedoen, hy het die tempel binnegegaan en het toe sommer net daar besluit om die tempel oor te doen tot eer van Zeus. Hy het onder ander varke en allerhande onrein diere op ‘n altaar geoffer tot eer van Zeus, en dit nogal op die Sabbat. Hy het selfs die Jode verbied om besny te word. Die Jode het toe besluit om die wapen teen hom op te neem, en sedertdien was die term die Gruwel van Verwoesting regdeur die Joodse geskiedenis gebruik en onthou (Joubert 2015:25), (Wilkins 2011:2021). Dan was daar ook Keiser Gaius Galigula wie ‘n gehate man was, en wie beveel het dat ‘n standbeeld van homself binne in die tempel opgerig moet word in die jaar 38 n.C. Toe die Jode gehoor het van die bevel, het hulle gedryg om die wapen op te neem omdat hulle besef het dat ‘n volgende Gruwel aan die kom was, maar Gaius is oorlede voor daar uitvoering aan sy plan kon gegee word (Joubert).
Dus het die dissipels baie goed verstaan waarna Jesus verwys, en het hulle ook verstaan dat daar nog ‘n gruwel aan die kom was. Want Jesus sê vir hulle baie duidelik dat die wie hulle in Judea bevind en wat ag slaan op dit wat Jesus hier sê die berge in moet vlug. Die wat op die dakstoepe sit wat (meeste huise het dakstoepe gehad in die tyd) moenie eens tyd daarvoor maak om sy besittings te neem nie, selfs die wat op die landerye is moenie een hulle bokleed gaan haal nie, hulle moet vlug vir hulle lewe. Natuurluk sou die vroue wat in daardie tyd swanger was, en wie nog besig was om te borsvoed geweldig swaargekry het, en dat hulle moet bid dat hulle nie in die winter moet vlug nie want dit sou hulle vlug bemoeilik (Matteus 24:16 – 20). Die tyd wat hier beskryf word, het natuurlik 40 jaar later in vervulling gegaan toe die Romeinse generaal, Titus in 70 n.C. saam met sy soldate die stad binnegeval het en dit saam met die tempel totaal en al verwoes het. Die tempel was ook in die tyd verontreinig gewees deur Titus, want voor die tempel verwoes was het hulle die aarend wat die Romeines god uitgebeeld het in die tempel gesit, en selfs offers gebring, wat vir die Jode van die tyd walglik was. Lukas self sien hierdie as die begin van die einde wanneer hy sê: ““Wanneer julle sien dat Jerusalem deur leërs omsingel word, moet julle weet dat sy verwoesting naby is.” (21:20), (1983 vertaling), (Storms) Natuurlik moet ons verneem dat daar baie Jode was in die tyd wat op baie wrede maniere doodgemaak was. Daar was byvoorbeeld om en by 500 Jode wat per dag gekruisig was (Joubert 2015:25). Dan praat ons nie eens van die 16000 Jode wat doodgemaak was asgevolg van die binnegevegte wat plaasgevind het in die stad self nie, en dat die strate vol lyke gelê het wat nie kon begrawe word nie (Storms).
Jode het selfs in hierdie tyd honger gely weens die beleëring van die stad, en het begin om hulle huise, en selfs hulle kinders te verkoop net om kos in die hande te kon kry. Mense het begin eet uit die publieke riool, en het slefs koei en voël mis, leer skilde, en selfs klere geeët net om aan die lewe te bly. Baie van hulle was op allerhande wrede maniere gemartel as daar gevind was dat hulle kos weggesteek het. Daar was na beraming tydens die beleg van Titus omtrent 1,100, 000 Jode doodgemaak, wat die eerste volksmoord op die Jode was (Storms). Hierdie tyd was inderdaad verskriklik gewees, dis hoekom Jesus vir Sy dissipels gesê het: ““want dan sal daar groot verdrukking wees, soos daar sedert die begin van die wêreld tot nou toe nog nie was nie, en beslis ook nie weer sal wees nie. As daardie dae nie ingekort word nie, sou geen mens gered word nie. Maar ter wille van die uitverkorenes sal daardie dae ingekort word.”” (Matteus 24:21 – 22), (2020 vertaling) Die Groot Verdrukking wat Jesus hiervan praat het baie duidelik in die 70 n.C. al in vervulling gegaan, veral as ‘n mens in ag neem van alles wat met die Jode en Jerusalem gebeur het (Storms).
Al hierdie gebeure het al begin in die jaar 66 n.C. en daarom het die gelowiges van die tyd saam met Simeon, wie ‘n nefie van Jesus was, na die dorpie met die naam Pella van Parea gevlug. Dit was ‘n bergagtige gebied waar die Joodse Christene gebly het terwyl Jerusalem aangeval was, wat beteken dat nie een gelowige doodgemaak is nie, want hulle het gemaak soos Jesus vir hulle beveel het (Storms). Dus het God hulle op hierdie manier beskerm. Dit sê ook vir ons dat die beleg nie onverwags was nie, want die dissipels sou nie die dinge vir hulle volksgenote somerso wegsteek nie, inteendeel hulle sou hulle ook gewaarsku het, net soos wat die profete van ouds gedoen het. Alles wat in die tyd can 70 n.C. in Jerusalem gebeur het, gebeur natuurlik ook vandag nog, want dit is die aard van die tyd waarin ons leef. Daarom is verdrukking en swaartye ‘n realiteit in hierdie wêreld waar ons, onself bevind, en daarom moet ons as gelowiges leef asof ons reeds gesterf het in Christus, want as ons so leef, dan kan ons saam met Jesus die konikryk uitbrei ongeag die omstandighede waarin ons, onself in bevind. Paulus het dit self so mooi gestel: “Want vir my is die lewe Christus, en die sterwe wins.” (Filippense 1:21), (NLV 2017)
Vals Messiase in die Eindtyd
Jesus waarsku toe weer die dissipels om nie te luister na mense wat beweer dat hulle die Messias gesien het nie. Hierdie is mense wat heelwaarskeinlik geval het vir die false Messiase se misleiding, want ons as mens is van nature aangetrokke tot charismatiese persoonlikhede. Daarom moet ons altyd versigtig daarvoor wees om enige leier binne die samelewing, of in die kerk op te hemel, veral as hulle ‘n aantreklike persoonlikheid het. Baie mense reg deur die eeue heen was al op sleeptou geneem deur persone wie hulself voor gedoen as die Messias, en dit net as gevolg van hulle persoonlikheid (Matteus 24:23 – 26). Dis nie verniet dat Paulus gesê het: “En geen wonder nie! Satan self doen hom voor as 'n engel van die lig.” (1 Korintiërs 11:14), (1983 vertaling) Natuurlik moet ons verneem dat as gevolg van al die chaos wat in Jerusalem in die tyd aan die gang was sou fals profete gebruik gemaak van die omstandighede om mense op sleeptou te neem, daarom het Jesus vir Sy dissipels gesê dat hulle glad nie ag op hulle moet slaan nie. Die Joodse geskiedskrywer Josephus het melding daarvan gemaak dat daar wel heelwat fals profete was, wat mense die woestyn wou inlei met die belofte dat hulle die lang verwagte Messias sou ontmoet het (Storms).
In ons dag self was en is daar baie mense wat hulleself voordoen as die Messias, en as gevolg van hulle magnetiese persoonlikhede loop baie mense wie of nie vir Jesus ken nie, of wie wanopvatting het van wie Jesus werklik is. Voorbeelde van mense wat al beweer het dat hulle die Messias is sluit in: Apollo Quiboloy (1950) wat hoof is van die Restorationist kerk in die Filippeine. Hy noem homself onder andere die “Naam bo alle Name” en dat hy die “Uitverkore Seun van God” is, dan is daar ook Alan Alan John Miller (1962) wie ‘n voormalige Jehovah Getuie Ouderling was wie tans vandag die hoof is van ‘n kultus wat bekend staan as die Godelike Waarheid Beweging in Auatralië. Die manier wat hy natuurlik te werk gaan is deur om seminare aan te bied, en deur videos te maak op sosiale media platforms. Sy vrou Mary Suzanne Luck beweer ook dat sy Maria Magdelena is wat terugekeer het. Dan was daar ook Oscar Ramiro Ortego – Hernadez wie geglo het dat hy Jesus was, en dat hy gestuur was om die Amerikaanse president te vermoor. Hy het onder ander in 2011 in Novemer op die Wit Huis geskiet in ‘n poging om Barack Obama te vermoor wat toe misluk het. Daar is nog talle ander voorbeelde wat ons hier kan noem, maar fals Messias figure gaan daar reg deur die eindtyd wees (Wikipedia).
Jesus het ook vir die dissipels die volgende gesê rakende Sy koms: “Want soos die weerlig in die ooste uitslaan en sy lig tot in die weste laat skyn, so sal dit ook wees wanneer Ek, die Seun van die Mens, kom. Net soos ’n versameling aasvoëls die teenwoordigheid van ’n karkas aandui, so sal hierdie tekens wys dat die einde naby is.”” (Matteus 24:27 – 28), (NLV 2017) Daar is drie moonklike interpritasies om dit wat Jesus hier sê te verstaan. Eerstens is daar geleerdes wat hierdie sien as die koms van die Seun van die Mens om die stad Jerusalem te oordeel. Hierdie is ‘n baie sterk moonklikheid, want die aasvoëls wat hiervan gepraat word kom van die Griekse woord aetos en kan ook vertaal word as aarende, of enige ander tipe roofvoël (LXX NASB). Hierdie is opvallend want die Romeinse simbool soos wat ons reeds waargeneem het, is die van die aarend. Dus kan ‘n mens sê dat die Romeiene op die stad toegesak het soos wat aasvoëls op ‘n karkas toesak. Die interpritasie is baie goed omdat dit die onmiddelike konteks in ag neem (Storms).
Die tweede interpritasie sê dat tot en met Matteus 24:29 dat dit die advent tyd simboliseer (die geboorte van Jesus), en dat van af vers 30 – 31 beskryf dit die tweede koms van Christus. Dan is daar die derde interpritasie wat sê dat die gebeurtenisse geensins betrekking het op die val van Jerusalem nie, net dat dit die kerk – era inhuldig en dat die uitverkorenes gered of verlos gaan word, wat natuurlik die sogenaamde wegraping is (Storms).
As ons al drie interpritasies in ag neem dan dink ek is die eerste twee die meer korrekte twee opsies, omdat byde die konteks van die tyd baie mooi in ag neem. Want soos reeds verneem het alles wat Jesus gedoen het van Sy geboorte tot Sy hemelvaart die eindtyd ingehuldig het. Die derde interpritasie is problimaties, omdat die onmiddelike konteks nie noodwendig met die nodige erns in ag geneem word nie, want al die gebeure wat hier besryf word deur Jesus word na die toekoms toe geskuif. Hierdie is nie baie wys nie, want ons moet onthou dat die Bybel nie eksklusief vir ons geskryf is nie, want daar was gelowiges voor ons met wie God ook gepraat het. Dus moet ons altyd onthou dat wanneer ons enige Bybelboek wil lees, ons eers kyk na waar die boek geskryf was, vir wie dit geskryf was, en wanneer dit geskryf was om uit te kom by die oorspronklike konteks waarin dit geskryf is. As ons dit doen kan ons die Bybel op ‘n vernatwoordelike wyse interpriteer, en op ‘n sinvolle manier saam met God uitleef. Hierdie sal ons ook natuurlik help om nie op sleeptou geneem te word deur allerhande remoere oor die eindtyd nie.
Dus kan ons die eerste twee interpritasies soos volg saam vat, en dit is dat die Groot Verdrukking van die 66 n.C. – 70 n.C. die eindtyd ingehuldig het en dat ons as gelowiges ook soms verdrukking en swaar tye sal beleef, en dat ons nie alleen is nie, nee want Jesus is met ons in die goeie en in die slegte tye. Die tyd waarin onself nou bevind word genoem volgens byde Paulus en Lukas as, Die Tyd van die Heidene (Lukas 21:24 en Romeine 11:25), (Storms).
Daar is ook nog ‘n ding wat ons nie moet mis in die gedeelte nie, en dit is wanneer Jesus weer terugkeer sal almal daarvan weet, byde gelowiges, sowel as ongelowiges. Want Jesus sê self in vers 27 dat Sy koms soos die van ‘n weerligstraal gaan wees wat alles gaan verander. Jesus se koms gaan nie ‘n geheim wees nie, almal sal daarvan weet wanneer Hy terugkeer. Ons moet net ook vir mekaar sê dat Jesus nie ‘n einde gaan bring aan die geskiedenis nie, nee inteendeel Hy gaan alles op aarde radikaal verander en restoreer soos wat dit voorheen was in die Tuin van Eden voor die sondeval (Joubert 2015:26).
Die Dramatiese Koms van die Seun van die Mens
So dramaties sal die koms van Jesus wees dat byde die son en die maan nie meer hul lig sal skyn nie. Sterre sal uit die hemelruim uit val, en die kragte van die hemel gaan geskud word (Matteus 24:29). Daar is geleerdes wat natuurlik dit wat hier beskryf word net op die gebeure van 70 n.C. van toepassing maak. Maar as ‘n mens die ander tekste saam met die opkomende verse wat volg dan is dit net doodgewoon nie die geval nie, kyk byvoorbeeld na tekste soos Handelinge 2:20; 1 Korintiërs 15:52; 1 Tessalonisense 4:16; 2 Petrus 3:10; Openabaring 1:7, 6:12 – 17 en 20:11 (Matteus 24:30 – 31). Dus kan ons vir mekaar sê dat die gebeure wat hier beskyf word byde verwys na dit wat in 70 n.C. gebeur het, en wat nog gaan gebeur by die tweede koms van Christus (Joubert 2015:26).
Die Simbool van die Vyeboom
Jesus gebruik toe die simbool van die vyeboom om vir Sy dissipels te sê dat hulle moet wakker wees, en op die uitkyk wees wanneer al die dinge gaan gebeur, want dan is die einde naby. Met ander woorde Jesus wil nie hê dat die dissipels te ver in die toekoms moet inkyk nie, want Jesus kan enige oomlik, op enige dag terugkeer, en dis wat Jesus hier in Sy mensheid vir hulle gesê het (Joubert 2015:26). Die simbool van die vyeboom is ‘n aanduiding dat die aard van die tyd nou verander het, en die dissipels moet op die uitkyk daarvoor wees. Want dan weet hulle dat die eindtyd aangebreek het, ‘n mens kan ook sê dat dit die Jesus – tyd is waarin Sy kerk nou die koninkryk hier op aarde uitbrei todat Hy uiteindelik terugkeer om dit in te huldig (Matteus 24:32 – 33).
Jesus het ook vir die dissipels die volgende gesê: “Ek verseker julle, die mense wat vandag leef, sal nog nie uitgesterf het wanneer al hierdie dinge gebeur nie.” (Matteus 24:34), (NLV 2017) Dit wat Jesus hier sê is geweldig belanrik, en dit kan nie vermy word nie, want die woord wat hier gebruik word vir geslag is die woord genea. Baie mense gebruik die term en verwys daarna dat dit na ‘n nasie of ras verwys, maar dis glad nie die geval nie. Wat die woord einklik beteken en na verwys, is ‘n bepaalde generasie, in ‘n bepaalde tyd. Dit sê vir ons weereens dat al die gebeure wat Jesus hier beskryf reeds plaasgevind het in die jaar van 70 n.C. en hierdie spesifieke generasie het dit gesien en beleef (Demar 2011). Dit sê weereens vir ons dat die eindtyd reeds begin het in die tyd toe die dissipels nog geleef het, en dat die gebeure reg deur die geskiedenis gaan herhaal tot op die dag wat Jesus terugkeer. Dis hoekom Jesus gesê het: “Selfs al sou die hemel en die aarde ophou bestaan, sal my woorde nog vir altyd vas bly staan.”” (Matteus 24:25), (NLV 2017)
Wanneer Kom Jesus Terug?
Daar is ook nog ‘n ding waarvan ons kennis moet neem rakende die tyd, en dit is dat niemand die datum van Jesus se koms kan bereken nie, selfs al was daar talle mense in die geskiedenis wat dit al probeer het. Jesus maak dit baie duidelik: ““Tog ken niemand die presiese datum en tyd wanneer hierdie dinge sal gebeur nie – ook nie die engele of selfs die Seun nie. Dit weet net die Vader.” (Matteus 24:36), (NLV 2017) Hierdie vers sê vir ons dat niemand gaan weet wanneer Jesus gaan terugkeer nie, en dit lyk op die oog af asof Jesus self nie eens weet wanneer Hy gaan terugkeer nie. Maar ons moet onthou dat Jesus byde voledig mens en voledig God is. Hy was op die stadium nog op aarde gewees toe Hy nog hierdie woorde gesê het, en het op die trant Sy godelikheid beperk sodat Hy sy bediening kon afhaldel soos wat die Vader dit wou hê. Dus het Hy die woorde in Sy menslikheid gesê, maar nou is Hy nie meer op aarde nie, maar sit Hy aan die regterhand van God waar Hy regeer oor alles en oor almal, en ook in almal wie deur wedergeboorte byde gevul en gedoop is met die Heilige Gees. Dus weet Hy presies wanneer Hy gaan terugkeer, Johannes self maak dit ook baie duidelik in Openbaring 5 en 19 (Joubert 2015:26 – 27).
Daar is dan ook die volgende baie bekende woorde wat al baie deur eindtyd kenners aangehaal was en dit is: “Want soos in die dae van Noag, so sal die koms van die Seun van die Mens wees.” (Matteus 24:37), (2020 vertaling) Hierdie sinspeel natuurlik weereens daarop dat niemand gaan weet wanneer Jesus terugkeer nie, die wêreld self verwag dit glad nie (2 Petrus 3:3 – 4, 10). Inteendeel meeste mense gaan nog steeds besig wees om agter hulle drome en ambiesies aan te hardloop (Storms). Die mense in Noag se tyd het ook gedink dat hy gek was om ‘n ark te bou terwyl daar geen water in sig was nie. Noag self het hulle gewaarsku dat dit gaan gebeur, en toe op die ou einde is hulle wegeneem deur die groot vloedwaters (Joubert 2015:27), (Matteus 24:38 – 39). Hierdie openbaar iets van God se hart, en dit is Hy wil soveel as moonklik tyd gee vir mense op tot inkeer te kom voor Hy sy Seun terugstuur aarde toe om die finale oordeel te vel, en alles te kom herskep. Ons lees dit ook so mooi in 2 Petrus 3:9 – “Die Here stel nie die belofte, soos party mense dink nie. Inteendeel, Hy is geduldig met julle, omdat Hy nie wil hê sommige mense moet verlore gaan nie, maar dat almal tot bekeering moet kom.” (2020 vertaling) As mens die vers lees is dit duidelik dat die God wat ons dien een van liefde, getrouheid en regverdigheid is, want Sy hart is om mense te verlos.
Daar is ook nog iets wat Jesus in die gedeelte sê wat baie mense misverstaan, omdat hulle nie die konteks in ag neem waarin Hy hierdie woorde sê nie. Jesus sê onder andere dat daar twee mense op die land besig sal wees om te werk, die een sal weggeneem word, en die ander een sal agtergelaat word. Daar sal twee vroue wees wat besig sal wees om koring te maal, een sal weggeneem word, die ander een sal agtergelaat word (Matteus 24:40 – 41). Baie mense interpriteer natuurlik hierdie twee verse verkeerdelik as die wegraping, want dis glad nie wat Jesus hier bedoel nie. Inteendeel hierdie twee verse verwys na die finale oordeel, want die wie weggeneem word is veroordeel, en die wie agterbly is die wie verewig saam met God gaan wees. Want net soos in Noag se dag is die mense weggeneem deur die vloed, maar Noag en sy gesin het agtergebly in die Ark sodat hulle weer die aarde kon bewerk omdat hulle gehoorsaam aan God en ag geslaan het op Sy waarskuwing. Die Jode van die dag het self baie duidelik dit wat Jesus hier gesê het op die manier verstaan (Storms), (Wilkins 2011:2023).
Hierdie verse moet ons natuurlik nie bang maak nie, inteendeel dit moet ons aanspoor om soveel as moonklik mense raak te leef, en te bedien met die evangelie. Onthou God se hart is nie om mense te verdoem nie maar juis om hulle te verlos, want dis hoekom Hy sy Seun gestuur het (Johannes 3:16). Dit is ook immers in, en deur Sy Seun wat God mense red van die komende oordeel (Johannes 3:36, 14:6; Romeine 5:9; 1 Tessalonisense 1:10 en 5:9). God wil dus soveel as moonklik mense by Hom hê, en Hy is op rys deur hierdie wêreld om mense vir Hom te wen. God nooi ook elkeen van ons vandag in Sy droom in, om saam met Hom die wêreld te wen tot eer en verheerliking van Sy naam. Dus moet ons nie alewig onself te bekommer wanneer Hy gaan terugkeer nie, want alhoewel ons uitsien daarna, kan ons vandag Hom al beleef en besig wees met Sy missie waarop Hy ons genooi het, want dis hoe ons waaksaam bly (Matteus 24:42 – 44).
Ons moet Besig bly met dit wat die Here aan ons Toevertrou het
Jesus wil ook hê dat Sy volgelinge besig moet wees met dit waartoe Hy hulle geroep het, daarom sê Hy vir hulle: ““Wie van julle sal dan soos die betroubare en verstandige slaaf wees aan wie die huisheer die verantwoordelikheid toevertrou om sy huishouding te bestuur en aan sy mense hulle kos op die regte tyd te gee?” (Matteus 24:45), (NLV 2017) Om te wag op die Here se koms beteken nie jy gaan sit net en kyk dag en nag na die lug nie en wens die tyd om nie, nee dit beteken dat jy gehoorsaam is aan die Here deur ander mense lief te hê, en hulle te dien soos wat Hy van jou verwag (Storms). Hierdie herinner nogal sterk na Johannes 13:34 – 25 en 14:15 wat baie duidelik sê dat as ons werklik Jesus lief het, dan streef ons altyd daarna om te doen wat Hy van ons verwag, en om lief te wees vir mekaar soos wat Hy ons lief gehad het. As ons dus ons oë gevestig hou op Hom, en besig bly met dit wat Hy aan ons toevertrou het, dan wag daar ‘n ewige beloning (Matteus 24:46 – 47). Ons moenie soos die slegteslaaf wees nie, wat in pleks van om te doen wat God van Hom verwag het hy besluit om ‘n sondige lewe te lei, en oor ander mense te loop asof hulle geen waarde gehad het nie. Hiedie tipe slaaf omdat hy nie doen wat die Here van hom verlang nie, gaan die koms van die Here vir hom ‘n groot skok wees (Joubert 2015:27), (Matteus 24:48 – 50).
Inteendeel vir die slegte slaaf het Jesus geen goeie woorde nie, inteendel Hy waarsku die dissipels met die volgende woorde: “Hy sal hom middeldeur laat kap en hom laat deel in die lot van die skynheiliges. Daar sal ‘n geween wees en ‘n gekners van tande.”” (2020 vertaling), (Matteus 24:51) Hierdie woorde is skokkende, maar die dissipels sou later verstaan waarom Jesus dit gesê het. Want die liefde wat Hy aan ons gewys het was geweldig, Hy het die oordeel en die straf wat ons moes verdien op Homself geneem, en so die weggebaan sodat elkeen wat in Hom glo verlos kan word. Hy het ‘n duur prys vir ons betaal en dus as jy weet hoe lief God vir jou is, en jy weet wat Hy van jou verwag, maar kies doelbewus om ‘n lewe te leef waar jy jouself wil bevredig en verheerlik, dan het Hy die volste reg om jou te oordeel. Want hoe meer kennis jy van Hom het, hoe erger die oordeel. Dis wat die Fariseërs natuurlik gedoen het, en wel Jesus het nie sagte woorde vir hulle gehad in Matteus 23 nie.
Slot
Die eindtyd is duidelik hier en dit gaan alles oor Jesus. Daarom kan ons dit die Jesus – tyd noem selfs al gaan dinge hoe moeilike kan ons met sekerheid sê dat Hy hier in ons midde is deur die Heilige Gees. Ons weet egter nie honderd persent wat alles vir ons voor lê, of hoe alles gaan ontvou nie, en glo dit of nie Jesus verwag dit ook nie van ons nie. Wat Hy wel verwag is dat jy jou oë gevestig sal hou op Hom, en nie jouslef oor remoere sal bekommer nie. Hou dus jouself besig met die evangelie todat Hy weer kom, want dis immers wat die eindtyd oor gaan. Want Jesus is die goeie nuus. Kom Here Jesus, kom.
Werke Aangehaal
1983 vertaling: Die 1983 vertaling van die Bybel, Die Bybelgenootskap van Suid Afrika
2020 vertaling: Die 2020 vertaling van die Bybel, Die Bybelgenootskap van Suid Afrika
Demar G Matthew 24: A Summary, Aanlyn Youtube Video, Verkry by https://www.youtube.com/watch?v=7BFlnZkdHQY&t=314s&ab_channel=TheAmericanVision
Du Plessis 2007: Matteus, In Die Bybel in Praktyk, Christenlike Uitgewersmaatskappy, Vereeniging 1930
Grudem W en Shreiner T 2011: Luke In LT Dennis, W Grudem and JI Packer (eds), The ESV Study Bible (Large Print), Wheaton, IL: Crossway Bibles 2011.
Janse van Rensburg 2007: Bylaes, In Die Bybel in Praktyk, Christenlike Uitgewersmaatskappy, Vereeniging 1930
Joubert S 2015: Die Eindtyd, ‘n Bybelse Kyk na die Laaste Dae en die Wederkoms
NLV 2017: Nuwe Lewende Vertaling Bybel, Christelike Uitgewersmaatskappy, Vereeniging,1930.
Storms S: Matthew 24 and the Olivet Dicourse Part I, Aanlyn Artikel, Verkry van https://www.samstorms.org/all-articles/post/matthew-24-and-the-olivet-discourse---part-i
Storms S: Matthew 24 and the Olivet Dicourse Part II, Aanlyn Artikel, Verkry van https://www.samstorms.org/all-articles/post/matthew-24-and-the-olivet-discourse---part-ii
Storms S: Matthew 24 and the Olivet Dicourse Part III, Aanlyn Artikel, Verkry van https://www.samstorms.org/all-articles/post/matthew-24-and-the-olivet-discourse---part-iii
Van Zyl H 2019: Matteus, In die Tematiese Studiebybel, Christelike Uitgewersmaatskappy, Vereeniging,1930.
Wilkins M 2011: Matthew, In LT Dennis, W Grudem and JI Packer (eds), The ESV Study Bible (Large Print), Wheaton, IL: Crossway Bibles 2011.
Komentar