Die Bruid van Christus
- The Shepherd's Way Ministries
- Sep 19, 2022
- 5 min read
Kerk wat is jou prentjie of opinie oor die die kerk? Kom wees eerlik daar is baie dinge wat ‘n mens kan sê oor die kerk, en as jy wil fout vind wel dan gaan jy fout vind. Want die kerk deur al die eeue was nog nooit perfek nie, en ek het tot konklusie gekom dat ‘n mens nie ‘n perfekte kerk kry nie, maar wel ‘n eerlike een. ‘n Kerk wat haar foute erken, wat eg is, en wat dit nie wegsteek vir mense of vir God nie. Want ek het ook foute, Jesus stap met my ook ‘n pad, en ek stap die pad saam met my boeties en sussies. Ja ons is famielie en soms maak ons mekaar seer, maar dan praat ons daaroor, en vergewe mekaar net soos Jesus ons vergewe het, en ons doen dit eerstens uit liefde vir Hom wat dan uitvloei na mekaar. Ek het ook natuurlik daardie ideale prentjie van die kerk gehad toe ek teologie geswat het, maar moes dit jare later laat vaar het viur wie Jesus werklik is, en nie wie ek dink Hy vir my moes wees nie. Dit was bevryndend gewees, want ewe skielik draai die wêreld nie meer om my nie, en wat vir my werk of nie werk nie, maar dit draai nou om Hom.
Ek het ook geleer dat wanneer ek kritiek oor die kerk uitspreek praat, dan sluit ek myself in. Dus wanneer ons praat oor die kerk, dan praat ons einklik oor onself, en ons behoort nie aan onself nie, maar aan Christus. Want ons is Sy bruid met wie Hy eendag as Hy terugkeer gaan trou (2 Korintiërs 11:2; Galasiërs 4:26; Efesiërs 5:25 – 28 en Openbaring 21:9 – 10). Dis soos John Grobler in een van sy toesprake gesê het, jy kan nie lief wees vir Jesus en nie lief wees vir Sy verloofde nie, wie jy self van deel is. Ja ek stem saam die kerk is nie perfek nie, en dit lyk soms asof die kerk meer probleme het vandag as wat dit in die verlede gehad het. Die waarheid is egter dat die probleme nog altyd daar was, en die probleem is oor die algemeen mense (gaan lees gerus 1 en 2 Timoteus). Dis ek en jy en tog bly Jesus lief vir ons, hou Hy aan om saam met ons die lang pad te stap selfs deur die rowwe seisoene. Paulus moes vir Timoteus leer hoe om probleme in die kerk te gehanteer het, veral wanneer dit by mense kom wat nie wandel soos wat Jesus van hulle verwag het nie.
Ja seerkry in die kerk is ‘n realiteit, en al die manne van die Bybel het daar onder gely. Manne soos Paulus het dikwels in sy briewe dit uit gelig, en tog het hy nog steeds lief gebly vir die kerk. Dus kan ons vir mekaar sê dat as ons seerkry in die kerk dan is ons nie alleen nie, want daar is boeties en sussies wat ook deur dieselfde is, en glo dit of nie dit breek ook Jesus se hart wanneer een van Sy kinders seerkry. Dit is ook belanrik dat wanneer ‘n mens seerkry dat jy daaruit sal reageer nie, want ek en jy het dalk self ook al mense seergemaak in die kerk wetend of onwetend. Dus moet ons in sulke situasies vir Jesus vra om ons hart skoon te hou, en nie toelaat dat bitterheid in ons lewe in kom nie, want dit lei gewoonlik ‘n plek waar ons dinge begin doen wat nie vir Hom aanvaarbaar is nie. Soms gebeur dit dat ons krities kan raak oor die kerk, en dat herhaal ek ‘n lawwe ou rympie wat ek by Riekert Botha geleer het: “Jy is nie so erg soos wat jy dink jy is nie, jy is veel erger.” Hierdie woorde herinner my dat dit nie net die sondaar is wat Jesus nodig het nie, ek het Hom ook nodig, want sonder Hom is ek niks. Dalk is dit tyd dat ons net weer in die spieël kyk en onself herinner dat God Sy Seun gestuur het om die dood te sterf wat ons verdien het, en dat toe die dag toe ons die Seun ontmoet het, het Hy deur sy Gees ons verander van sondaar na kind (Johannes 1:12; 3:16; 2 Korintiërs 5:17 en Galasiërs 4:5 - 7).
Ons moet onself ook daarin herinner dat die heelal nie om ons draai nie, veral vandag in ‘n wêreld wat narsisties geword het, en waar alles draai om die self, my geld, my drome, my ambiesies, my waarheid ens. Ons dink so baie oor, en van onself dat ons nie eens ons bure meer ken nie. Daar was ‘n tyd gewees wat dit nie so was nie, waar dinge soos God, die kerk, famielie en die gemeenskap belanrik was. Dis nie meer vandag die geval nie, en dus is die eenigste oplossing hiervoor is dat ons, onself weer opnuut die vraag vra. Wie is Jesus? Want dis immers rondtom Hom wat alles draai, want Hy is die een deur wie God alles geskape het, en vir wie God alles gemaak het, en dis slegs in Hom en deur Hom waar ons ware vreugde, heerlikheid en genot kan ervaar (Kolossense 1:15 – 20). Dis eers wanneer Jesus weer in die middelpunt van jou lewe is wat famielie en gemeenskap sin maak, selfs al is dit nie perfek nie.
Laastens dink ek moet ons net vir mekaar sê dat die kerk, die gemeente nie ‘n gebou is nie, maar ‘n groep mense wie onder die gesag van Jesus staan, en wie altyd hulle harte ondersoek of dit werklik so is. Hierdie is belangrik, want enige gemeente wat net aaneem dat hulle onder Sy gesag staan het heelwaarskeinlik hul fokus al klaar van Hom afgehaal, kyk maar net na Openbaring 2 en 3 waar Jesus die sewe gemeentes waarsku om terug te draai na Hom toe. Dus is ‘n gemeente wie werklik Jesus eer altyd bewus daarvan dat hulle nie perfek is nie, en daarom toelaat hulle Hom om hulle harte te deursoek, en hulle herhaaldelik te vernuwe om op nuwe manier onder Sy gesag te buig, en so ook Hom op ‘n vars en nuwe manier kan beleef soos wat Hy daarna verlang.
Laastens vir die wie seergekry het in die kerk wil ek net sê, ek verstaan hoe jy voel. Ek weet jy het pyn en jy het seer, maar vra jouself net weer opnuut wie Jesus Christus werklik is. Begin daar en toelaat Hom om homself weer op ‘n vars en nuwe manier bekend te maak aan jou, deur Sy woord en deur die Heilige Gees. Vra Hom om jou te help om te vergewe en jou vry te maak van die las van bitterheid wat jy al die jare dalk gekoester het, en beleef weer opnuut hoe lig Sy las is, en hoe Hy die swaar las van jou skouers afhaal. Doen dit en beleef die vryspraak en vreugde van God in Hom.
Werke Aangehaal
Botha R: My Identiteit in Christus, verkry van: https://www.youtube.com/watch?v=jJbrb56umFw&ab_channel=Gesinskerk
Grobler J: Worldview, Aanlyn video, verkry van: https://www.youtube.com/watch?v=-APbWttzn_s&ab_channel=LifeworkLeadershipSouthAfrica
Comentarios