top of page
Search

Christus Oortref Alles

Paulus sit in die tronk omdat Hy die evangelie met dur fen daad verkondig het, en soos wat ‘n mens vir ou Paulus ken is dit einklik vir hom ‘n eer om te lei terwille van die Here. Maar wat het vir hierdie man soveel waagmoed gegee om tenspyte van sy omstandighede positief en hoop te kan bly? Wel vir hom het die lewe eerstens nie oor hom gegaan nie, want die dag toe hy in Handelinge 9 die lewende Christus ontmoet het het die lewe nie meer oor Hom gegaan nie. Want God het hom in Sy paln en storie ingenooi en daardie plan was Jesus Christus. Paulus het nie meer vir himself geleef nie maar vir Christus, want hy het geweet dat Hy die lewe self is end at om vir Hom te lewe alles oortref.

Ons moet ook soos Paulus leer wat dit beteken om werklik volheid te lewe in die teenwoordigheid van die Here. Hy self het gesê in Filippense 3:9 – 11: “Ja waarlik, ek ag ook alles skade om die uitnemendheid van die kennis van Christus Jesus, my Here, ter wille van wie ek alles prysgegee het en as drek beskou, om Christus as wins te verkry en in Hom gevind te word, nie met my geregtigheid wat uit die wet is nie, maar met dié wat deur die geloof in Christus is, die geregtigheid wat uit God is deur die geloof; sodat ek Hom kan ken en die krag van sy opstanding en die gemeenskap aan sy lyde terwyl ek aan sy dood gelykvormig word, of ek miskien die opstanding uit die dode kan bereik.” (1953 vertaling) Paulus het geweet dat die ware lewe in Jesus Christus is een van opoffering, van dienskneg wees. Want hy het besef dat die hemel nie ‘n plek is nie maar ‘n person end it is Christus self.

Dus as jy die heerlikheid van God in jou lewe wil beleef dan gaan jy moet bereid wees om jou hele lewe vir Hom te gee. Met ander woorde Hy moet jou bron van krag, voorsiening en vreugde wees. Dit wil sê God wil hê dat jy Hom moet geniet ongeag jou omstandighede of waar jy jouself bevind. Maar hoe doen ons dit? Wel deur om Hom eerstens te erken as God en om Hom, en mekaar met oorgawe te dien want dis waar ware heerskappy lê. En hoe meer ons dit doen hoe meer word ons soos Hy, want dit is waartoe God ons bestem het (Romeine 8:29 - 30).

Werke Aangehaal


 
 
 

Recent Posts

See All
Die Kosbaarheid van die Seun

Wie is Jesus en waarom is Hy so belangrik? Wel hierdie vraag is geweldig belangrik want dit bepaal ons hele lewe. Dit bepaal wat ons dink...

 
 
 
Geroep om soos Jesus te word

Wat dink jy iemand is wat geroep is om ‘n verskil te maak in hierdie wêreld? Baie mense het in die verlede en selfs vandag gedink dat...

 
 
 

Comments


© 2023 by Marketing Inc. Proudly created with Wix.com

bottom of page